In het nieuws

Middelklas verarm as gevolg van COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-26

"Terwyl die regering se maatskaplike toelaes die armstes probeer help, meen die navorsingstudie daar behoort ook hulp verleen te word aan die gevalle wat aan armoede grens, soos die kwesbare middelklas, om te keer dat hulle nie ook in totale armoede verval nie. Suid-Afrika se algemene BBP sal na verwagting met tot byna agt persent afneem in 2020 en stadig herstel tot 2024, waarsku die verslag."

Manuel en Mboweni kry raas van ANC-base

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-25

"Mboweni is deur die ANC-leier, Cyril Ramaphosa self in die bek geruk oor ’n twiet van hom. Manuel is in ’n verklaring deur sy party geroskam oor uitlatings wat hy Maandag tydens ’n webinaar gemaak het."

AfriForum in diplomatieke geskille betrokke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-21

"Die burgerregteorganisasie AfriForum bevind hom midde-in ’n diplomatieke geskil tussen Suid-Afrika en Botswana. Dit gaan oor beweerde bedrog en geldwassery in Botswana waarin die sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, skoonsuster van president Cyril Ramaphosa en vrou van oudminister Jeff Radebe, geïmpliseer word."

ANC gekap omdat lede wegkom met korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-20

"Zandile Gumede is Woensdag ingehuldig ten spyte van die voortslepende bedrog- en korrupsiesaak teen haar wat verband hou met ’n multimiljoenrand-vullisverwyderingstender."

Zuma moet weer hof toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-19

"Dié slag is dit een van vele vroue wat hom hof toe sleep en nie die staat nie."

Inperking het ekonomie onberekenbare skade berokken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-18

"Die landbou-organisasie Saai het sy stem gevoeg by diegene wat meen die verslapping van die inperkingsregulasies wat die naweek deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is, is te laat en te min."

Vlak 2 en fase 2 – die land juig én grom boos

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-14

"Suid-Afrikaners het die afgelope week skaars bly geword oor die moontlike vooruitsig dat die noodregulasies van vlak 3 na vlak 2 verlig gaan word, toe hulle wreed deur Eskom ontnugter word met fase 2- en selfs fase 3-beurtkrag wat in werking kan tree."

Suid-Afrika se stille diplomasie met Zimbabwe onder skoot

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-14

"Die Suid-Afrikaanse regering loop uit verskeie oorde onder skerp kritiek deur omdat daar geswyg word oor die menseregtevergrype in Zimbabwe."

Einde van Vlak 3 dalk om die draai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-13

"Die verwagting is dat president Ramaphosa die land nie later nie as Saterdagaand sal toespreek oor die pad vorentoe."

Twis oor gaytroues vlam weer op in NG Kerk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-11

"Die twis in die NG Kerk oor troues tussen mense van dieselfde geslag het opnuut opgevlam, volgens Netwerk24. Dit volg nadat die Minister van Binnelandse Sake op versoek van die kerk toestemming gegee het dat NG Kerk-predikante aansoek mag doen om selfdegeslagverbintenisse te voltrek."

Verbod op verkoop van alkohol veroorsaak "korporatiewe bloedbad"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-07

"Agri SA het ’n beroep op die regering gedoen om die verbod op alkoholverkope te heroorweeg om die landbousektor toe te laat om tot ekonomiese groei by te dra."

Keelvol Suid-Afrikaners sê ANC moet voertsek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-06

"Die ANC-moet-voertsek-veldtog het op Twitter die tonge los gehad. Dit is veral die onlangse nuus oor korrupsie ten opsigte van COVID-19-verwante tenders wat die land se inwoners warm onder die kraag het."

Bij KuierKos vind je boerewors, biltong, beskuit … en echt Zuid-Afrikaanse gastvrijheid

Ingrid Glorie Interviews 2020-08-05

"Voor veel Zuid-Afrikanen gaan gezelligheid en lekker eten hand in hand. Het zijn twee zaken waar Zuid-Afrikanen die in het buitenland wonen, dikwijls naar terugverlangen. Dat weten Marnella Erasmus en haar man Andreas Döckel maar al te goed. Daarom zijn ze zes jaar geleden KuierKos begonnen."

Mediese kenners sê drankverbod moet waai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-05

"Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê die verbod op alkoholverkope kan reeds binne twee weke opgehef word sonder dat dit enige nadelige invloed sal hê op die bestryding van die COVID-19-pandemie."

Woede oor plundering van COVID-19-fondse

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-08-04

"Die kriminele wat daarvoor verantwoordelik is, het volgens die SARK bewys dat hulle nie eers afgeskrik word deur ’n vernietigende globale pandemie of mense wat besig is om van die honger om te kom nie."

Zuma of Ramaphosa, wie kies jy?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-31

"Ramaphosa het ’n nuwe era in die Suid-Afrikaanse politiek beloof en ’n nuwe daeraad vir Suid-Afrikaners in die vooruitsig gestel, vry van korrupsie en staatskaping. Die nuwe besem het egter nie lank skoon gevee nie."

Wes-Kaap wen veld teen COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-30

"Die Wes-Kaap, wat tot onlangs die episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika was, is besig om goeie vordering te toon in die stryd teen COVID-19. Die provinsie wil nou die tweede pandemie takel, naamlik werkloosheid."

Agri SA se R1-miljard-plan teen hongersnood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-29

"In Suid-Afrika as geheel is daar steeds 13 738 824 mense (24,9% van die bevolking) wat nie toegang tot voldoende voedsel het nie."

Gatvol Kapenaars neem stad op horings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-28

"Optogte het op verskeie plekke in die stad opgevlam. Wetstoepassers moes die afgelope week op 48 betogings reageer."

Moedverlore restaurante vaar strate in

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-24

"Restaurante regoor die land het Woensdag deelgeneem aan ’n vreedsame betoging om die aandag te vestig op die verknorsing waarin die bedryf hom bevind as gevolg van die regering se inperkingsregulasies."

Verified by MonsterInsights
Top