In het nieuws

Suid-Afrika moet gewoond raak aan ’n nuwe normaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-12

"President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet hulleself voorberei vir ’n nuwe realiteit waar die stryd teen COVID-19 deel word van hulle daaglikse bestaan vir die volgende jaar of meer."

Politieke ontleders stamp kop oor Ramaphosa se posisie in ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-08

"Volgens André Duvenhage se voorspelling is die druk teen Ramaphosa in die ANC besig om so sterk toe te neem dat hy dalk binnekort van sy troontjie gestoot kan word. Van Duvenhage se kollegas verskil met hom en sê hy is besig met samesweringsteorieë."

Tabakreus tree met die regering in gesprek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-07

"In ’n onverwagse wending het Batsa Woensdag aangekondig dat hulle besluit het om eerder met die regering in gesprek te tree oor die formulering en toepassing van die regulasies. Die groep sê hulle is bekommerd oor die sluikhandel in onwettige sigarette wat te midde van vlak 4 meer as ooit floreer."

Polisie slaan toe op branderplankryers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-06

"Die bekende Surfer’s Corner in Muizenberg was Dinsdag van vroegdag af die bymekaarkomplek van branderplankryers wat hulle misnoeë uitgespreek het omdat hulle nie soos drawwers, stappers en fietsryers mag oefen nie." 

Ramaphosa trap water oor rook

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-05

"In sy weeklikse brief aan die nasie probeer president Cyril Ramaphosa verduidelik waarom daar ’n 180°-draai gemaak is nadat hy rokers belowe het hulle mag weer tabak koop tydens vlak 4 wat op 1 Mei in werking getree het."

Derde verskoning vir ongegronde bewerings in Bird Island-boek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-04

"In die jongste en derde verskoning waarin Media24 erken dat die bewerings in die boek ongegrond is, word ’n skikkingsbedrag van R3 miljoen aan Du Plessis aangebied."

Suid-Afrikaners is keelvol vir drakoniese inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-05-04

"Die Verenigde Nasies (VN) se kommissie van menseregte het Suid-Afrika ook verlede week uitgesonder as een van die lande wat besig is om '’n giftige inperkingskultuur' te skep."

Eloff lig sluier oor FW se omstrede verklaring

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-29

"Eloff sê in die tydperk tussen 14 Februarie en 13 Maart 2020 het daar ’n reeks gebeure plaasgevind wat hom gedwing het om sy voortgesette betrokkenheid by die stigting te heroorweeg."

Maak gereed vir nog ’n lang skof inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-29

"Behalwe klein toegewings soos oefening onder streng voorwaardes en ’n dampie vir die rokers wie se sigarette op is, sal daar voorlopig nie veel toegewings vir Jan Publiek wees nie. Rakende skole: ’n Virtuele mediakonferensie deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, vind Donderdag 30 April om 10h00 plaas."

Fopnuus in grendeltyd oor Kaapse luiperds

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-24

"Van die beeldmateriaal wat deesdae op sosiale media versprei word, is nie noodwendig geneem sedert die grendeltyd nie. Dit beteken dus nie luiperds loop skielik die wêreld vol sedert die staat van inperking nie. Van die diere se bewegings is al telkemale vantevore op kamera vasgelê."

Publiek se bloed kook oor verbod op warm kos

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-23

"'Regtigwaar? ’n Moeë gesondheidswerker wat terugkeer van ’n deurnagskof van ’n hospitaal moet verhoed word om ’n ete te kan koop?' het een Facebookgebruiker sy frustrasie verwoord."

COVID-19 gaan talle Suid-Afrikaanse besighede kelder

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-23

"Bykans die helfte van alle besighede wat aan die opname deelgeneem het, moes hulle deure tydelik sluit."

Omstrede Bird-eiland-boek maak steeds opslae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-21

"Die uitgewers van die omstrede boek Die seuns van Bird Island het ’n tweede keer verskoning gevra vir die emosionele skade wat die boek aangerig het aan die reputasie van drie oud-NP-ministers en hulle families."

COVID-19 knip moontlik SAL se vlerke finaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-17

"Duisende mense kan sonder werk sit wanneer die SAL finaal sy laaste asem uitblaas. Sowat 5 000 werkers van die SAL en 800 werknemers by SA Express sal werkloos wees indien die lugrederye sluit."

Trump skok Suid-Afrika en res van wêreld tydens koronakrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-17

"President Donald Trump van die VSA het hom die gramskap van feitlik die hele wêreld, onder andere ook Suid-Afrika, op die hals gehaal met sy besluit om Amerika se befondsing vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Dit te midde van ’n wêreldwye gesondheidspandemie."

Korona se ergste lê nog voor vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-16

"Diegene wat gedink het Suid-Afrika gaan die eksponensiële groei van die koronavirus wat wêreldwyd voorkom, vryspring, kan hulle gereedmaak vir ’n onaangename verrassing. Dit kan vermoedelik minstens nog vyf maande duur voordat die ergste verby is."

Ramaphosa waarsku misdadigers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-14

"In Ramaphosa se weeklikse brief veroordeel hy vandalisme en diefstal by skole, ’n toename in kabeldiefstal en ’n styging in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. Hy sê die regering sal geslagsgeweld as ’n prioriteit hanteer in sy reaksie op die koronaviruspandemie."

Koronavirus laat Moeder Natuur weer asemhaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-10

"Oral hoor mens van verskynsels in die natuur wat stadig maar seker weer besig om na normaal terug te keer terwyl miljoene agter slot en grendel is."

Strenger optrede gevra teen minister wat regulasies oortree het

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-09

"Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word."

Grendel maar vas – inperking kan nog lank duur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-08

"Wetenskaplikes en ekonome is in ’n debat gewikkel oor die vraag wat die meeste lewens gaan kos as gevolg van die koronavirus: ’n ekonomiese ramp as die landwye inperking ná 21 dae verleng word, of ’n gesondheidsramp indien die inperking te gou opgehef word."

Verified by MonsterInsights
Top