In het nieuws

Dit gons oor verbod op tabak- en drankverkope tydens inperking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-07

"Daar was verlede week groot verwarring oor die opheffing van die verkoop van sigarette in die Wes-Kaap."

Bruidspaar tronk toe pleks van wittebrood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-06

"Die pastoor wat hulle in die huwelik sou bevestig het, is saam met die paartjie en omtrent 50 gaste in hegtenis geneem. Videomateriaal van die bruid in haar spierwit bruidsuitrusting en haar voornemende bruidegom wat onseremonieel in ’n vangwa geprop word, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei."

Suid-Afrika op die rand van grootskaalse armoede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-04-02

"Volgens navorsing deur Bloomberg Economics sal Suid-Afrika een van 10 lande wees wat die ergste deur die koronavirus geraak sal word."

Maskers wil ons dra, maar is dit wat korona vra?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-31

"Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte waarsku dat die wyse waarop gesigsmaskers en handskoene gedra word, geen doel dien nie. SARGP sê die beste manier om die verspreiding van die virus te voorkom, is om gereeld jou hande te was."

Onmoontlik om sosiale-afstand-reël oral te handhaaf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-30

"Pensioenarisse in Suid-Afrika het Maandag op verskeie plekke in die land in lang toue saamgedrom om hulle Sassa-toelae te ontvang ondanks die vereiste sosiale afstand van ’n meter tussen persone."

Koronavirus slaan die wynbedryf hard

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-27

"Die bedryf is veral onkant gevang deur die streng regulasies rakende die staat van inperking wat Donderdag om middernag in werking getree het. Mense in die bedryf sê hulle is uiters teleurgesteld met die regulasies wat die huidige ramptoestand reguleer."

Inperking is nie drie weke vakansie nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-26

"Jy en Wagter mag nie om die blok gaan stap terwyl die land vir minstens die volgende drie weke in ’n staat van inperking verkeer nie. Jy mag ook nie gaan draf nie."

"Vals nuus" lei tot rasseherrie voor inperking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-25

"Ondanks ontkennings van regeringskant dat daar teen witmense gediskrimineer word met hulpverlening aan klein besighede, het Solidariteit Woensdag ʼn klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien en berei voor vir dringende litigasie teen die regering se planne om krisisbefondsing aan klein, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) onderhewig aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te maak."

Kapenaars mag weer vloek op strande

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-24

"Kaapstad se stadsvaders het hulle planne laat vaar om sonaanbidders wat op die Moederstad se strande vloek te beboet of tronk toe te stuur."

Jan Tuisbly se karretjie is alle Suid-Afrikaners se voorland

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-18

"Kunstefeeste, sportbyeenkomste, godsdienssaamtrekke asook alle ander sosiale geleenthede waar meer as 100 mense teenwoordig is, is taboe. Die jongste toevoeging tot die lang lys openbare plekke wat hulle deure moes sluit, is minstens 23 wynplase in die Boland, en die lys word net langer."

Kerke bid en skarrel oor koronavirus

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-17

"Daar heers ’n Babelse verwarring of die grootste kerk in die land, die Zion Christian Church (ZCC), die voorbeeld van die meeste ander kerke gaan volg en gehoor gaan gee aan die noodmaatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die virus te help verminder."

Covid-19 ruk Suid-Afrika ook tot stilstand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-16

"Die president het ’n nasionale ramptoestand afgekondig, die grense tot ’n groot mate vir aankomelinge gesluit, skole sluit Dinsdag (en sal gesluit bly tot na die Paasnaweek) en samekomste van meer as 100 mense word verbied."

Is die NG Kerk ’n dinosourus wat uitsterf?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-13

Waar gaan die NG Kerk hom oor tien jaar bevind?

Nuwe inisiatief om verengelsing op tersiêre vlak te stuit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-10

"Die afskaling van Afrikaans op tersiêre vlak moet op ’n konstruktiewe manier teengewerk word deur gebruik te maak van alle beskikbare kanale om meertaligheid te bevorder en verengelsing van tersiêre inrigtings hok te slaan. Dit is die doelwit van ’n nuwe inisiatief wat deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) aangekondig is om help keer dat Afrikaans as onderrigtaal verder kwyn."

Koronavirus het Suid-Afrikaners op hol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-09

"Fopnuus en paniek oor die koronavirus versprei skynbaar vinniger in Suid-Afrika as die virus self. Slegs drie gevalle is tot dusver in Suid-Afrika geïdentifiseer, maar op sosiale media word reeds spoke opgejaag oor die land se vermoë om die virus in toom te hou indien dit verder sou toeneem onder Suid-Afrikaners."

Wes-Kaap wil wegdoen met beurtkrag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-06

"Die Wes-Kaap kan die eerste provinsie in die land word wat nie deur beurtkrag geraak word nie. Altesaam 23 van die Wes-Kaap se 30 munisipaliteite is gereed om krag van onafhanklike kragvoorsieners te bekom."

Boek oor Bird Island was "karaktermoord" en "web van leuens"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-05

"So lui die verklaring nadat die boek die afgelope week aan die mark onttrek is."

Buitelandse plakkers wil Kaapstad nie los

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-04

"Die onwettige immigrante in Kaapstad wat die Groentemarkplein onwettig beset en deur die hof gelas is om die gebied te verlaat, het na ander oop ruimtes in die stad uitgewyk."

Afrika systap nog gevreesde Covid-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-03-03

"Mediese kenners is tegelyk verbaas en verlig dat daar tot dusver nog slegs drie bevestigde koronavirusgevalle in Afrika is. Een van die grootste vrese is dat Afrika met sy swak mediese stelsels nie in staat sal wees om dit te hanteer as die virus in veral die armer lande sou begin versprei nie."

Beswaardes in NG Kerk wil treur maar nie skeur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-02-28

"Beswaarde predikante en lidmate van die NG Kerk wat gekant is teen ’n besluit dat mense van dieselfde geslag mag trou, wil die kerk nou 'toegooi' onder besware."

Verified by MonsterInsights
Top