In het nieuws
Uniseks toilette sit die pot mis
2020-01-23"Die meerderheid Suid-Afrikaners is sterk gekant teen uniseks toilette wat in openbare plekke soos lughawens deur mans en vrouens gedeel word."
SAL skarrel rond oor vlugte
2020-01-22"Die lugdiens sê tydens die huidige proses van sakeredding is die jongste kansellasies ’n verantwoordelike strategie om geld te bespaar en die lugdiens se kapitaalposisie te verbeter."
Kaapse Dokter saai amok onder Kapenaars
2020-01-21"Die stormsterk Suidooster wat die Kaap sedert verlede week teister, het wingerde omgewaai, verhoed dat skepe Kaapstad se hawe verlaat en selfs daartoe bygedra dat die hele land met ’n stadige internet sukkel."
Afrikaanse skole is eilande van uitnemendheid
2020-01-17"Ten spyte van talle uitdagings vaar Afrikaanse skole in Suid-Afrika steeds uitstekend op alle terreine."
Minister vra wapenvrye Suid-Afrika
2020-01-16"Cele se pleidooi vir ’n wapenlose land geskied teen die agtergrond van die groot aantal misdade in die land wat met gesteelde of onwettige wapens gepleeg word."
Zuma al weer te siek vir Zondo
2020-01-15"Jacob Zuma se regsverteenwoordigers het aan regter Raymond Zondo gesê hul kliënt sal eers in Maart beskikbaar wees om te getuig voor die kommissie wat staatskaping ondersoek."
Is die skrif aan die muur vir Cyril?
2020-01-14"Sy politieke vyande in die ANC, wat hoofsaaklik Zuma-gesindes is, slyp behoorlik hulle tande om van Ramaphosa ontslae te raak en hom na sy politieke graf te stuur."
"2019 se matriekuitslae is ’n klug"
2020-01-10"As die syfer van leerders wat nie matriek voltooi nie in ag geneem word, lyk die prentjie heeltemal anders en glad nie so rooskleuring nie."
Leerling blink uit na herrie oor "duiwelskuns"
2020-01-09"Die matriekleerling wie se kuns die hele land verlede jaar aan die gons gehad het nadat ’n pastoor dit as demonies uitgekryt het, het onderskeidings in al agt sy vakke behaal."
DA se beleidshoof is keelvol vir ras-etikette
2020-01-08"Ek moes ’n vorm by die bank invul en het 'Indiër' afgemerk," het Gwen Ngwenya getwiet.
Eskom begin die jaar voel-voel in die donker
2020-01-07"Suid-Afrikaners gaan die nuwe jaar voel-voel die donker binne met geen idee wanneer en vir hoe lank die ligte gaan brand nie."
Gelofte verdeel steeds Suid-Afrikaners
2019-12-20"Cyril Ramaphosa se toespraak tydens Versoeningdag die afgelope Maandag by Bergville in KwaZulu-Natal het die uiteenlopende standpunte oor Geloftedag opnuut onderstreep."
Ramaphosa se kwytskelding is "bisar" sê DA
2019-12-19"Duisende gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke gaan danksy begenadiging deur president Cyril Ramaphosa vroeër vrygelaat word, maar nie almal dink dít is ’n goeie idee nie."
Eskom hou publiek aan die raai oor ’n donker Kersfees
2019-12-18"Eskom probeer sy bes om die kersfeesligte tot ten minste vroeg volgende jaar sonder beurtkrag te laat brand, maar kan niks belowe nie."
Onderwysers verplig om kinders oor seks te leer
2019-12-13"Onderwysers wat weier om die departement van basiese onderwys en opvoeding se nuwe kurrikulum oor omvattende seksvoorligting te volg, kan tugstappe in die gesig staar."
Suid-Afrikaners google oor graanvlokkies, rugby en beurtkrag
2019-12-13Wat is die vrae wat die afgelope jaar die meeste in Suid-Afrika op Google gegons het?
Eskom hou SA in die duister met verskonings
2019-12-12"Keelvol Suid-Afrikaners glo Eskom hou die land letterlik en figuurlik in die duister."
Oranje, wit en blou laat minister rooi sien
2019-12-11"Verskeie mense het getwiet dat Mbalula as minister van vervoer nie sinnelose twitterboodskappe die wêreld instuur nie, en liewer moet fokus op die werk waarvoor belastingbetalers opdok, naamlik die land se vervoer, veral noudat die vakansieseisoen in volle swang is."
Jansen braak wéér gal oor Afrikaans in Stellenbosch
2019-12-06"Afrikaans [het] sy eie grootste vyand geword." – Jonathan Jansen
Eskom vrot van die skuld
2019-12-05"Eskom se totale skuld beloop R44 miljard. Die meeste daarvan is munisipale skuld."
