In het nieuws
SAP ondersoek nuwe inligting oor die seuns van Bird Island
2018-11-01"Een van die boek se skrywers, Chris Steyn, het toestemming van sommige van haar bronne gekry om hulle identiteit aan die polisie bekend te maak. Sy het ook mense oorreed om verklarings by die polisie af te lê."
De Lille is die DA se bitter pil
2018-10-31"Die diep verdeeldheid in die Wes-Kaapse DA het tydens verlede week se raadsvergadering soos ’n septiese sweer oopgebars ten aanskoue van die hele wêreld."
Minister se seksglips maak opslae
2018-10-30"Dit gons behoorlik op sosiale media oor wie verantwoordelik was vir die verspreiding van ’n seksvideo wat die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, rooi van skaamte het."
Brande en hitte rig groot skade aan in Wes-Kaap
2018-10-26"Die hittegolf sal na verwagting tot Sondag duur aan die kus van die Noord-Kaap, die Weskus-streek, Kaapse Wynland en Tuinroete in die Wes-Kaap. In Stellenbosch het inwoners foto’s op Twitter geplaas van hul motors se termometers wat die hitte op 45° C aangedui het."
Mboweni sweet om ekonomie te red
2018-10-25"Suid-Afrika se nuwe minister van finansies, Tito Mboweni, het Suid-Afrikaners gister met ’n dolleë beursie en ’n gekaapte staat wat tot op die hoogste vlak deur korrupsie gekenmerk word, probeer oortuig die land is op ’n nuwe koers."
Kosbare Pierneef kry voete uit premier se kantoor
2018-10-24"Kunsliefhebbers is woedend nadat ’n Pierneefskildery ter waarde van miljoene rande voete gekry het uit die kantoor van Ace Magashule terwyl hy premier van die Vrystaat was."
Gupta pleit die ene onskuld
2018-10-23"Volgens Gupta is sy gesin die slagoffer van ’n heksejag wat aangevuur word deur polities gedrewe wetstoepassingsagentskappe."
SA kunstenaars in Australië verneder oor Afrikaans
2018-10-18"Beryl sê die marginalisering van sekere voorheen benadeelde Suid-Afrikaners moet end kry. 'Ons het ook ’n geskiedenis. Erken dit.'"
ANC en EFF slaan vure dood oor bankplundery
2018-10-17"Sowat 50 individue en maatskappye word betrek by die bykans R2 miljard-verlies wat die bank gely het wat tot die instelling se ondergang gelei het."
Misdaad jaag bekende kunsteliefhebber moontlik landuit
2018-10-16"Suid-Afrika kan dalk een van sy staatmaker-kunsteliefhebbers kwyt wees as gevolg van die misdaad wat die land teister. Die organiseerder van verskeie literêre feeste oor die land heen, en dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Darryl David, oorweeg dit om na die buiteland te verhuis nadat hy die afgelope week deur drie mans by sy huis in Howick aangeval is."
Pik Botha was nie bang om dood te gaan nie
2018-10-12"Een van Suid-Afrika se kleurrykste politici tydens die apartheidsjare, Pik Botha, is op 86-jarige ouderdom by sy huis in Pretoria oorlede nadat hy die afgelope tyd vir hart- en longprobleme behandel is."
EFF se rooi gesig oor beweerde bankdiefstal
2018-10-12"Die EFF, wat alles in hulle vermoë gedoen het om van oudpresident Jacob Zuma ontslae te raak vanweë sy beweerde korrupte bedrywighede, bevind hulle nou midde-in ’n korrupsieskandaal en sit met ’n rooi gesig onder hul rooi barette."
Sub-Sahara-Afrika voel positief oor die internet
2018-10-11"Volgens die jongste navorsing deur die Pew Research Center sê 50% Suid-Afrikaners wat die internet gebruik dat die groter gebruik daarvan ’n goeie invloed op die land se politiek het. Almal is egter nie so oortuig daarvan dat die internet ’n positiewe invloed op morele waardes het nie."
Alexander Pechtold vertrekt uit de politiek; Rob Jetten nieuwe fractievoorzitter D66
2018-10-10"Dinsdag heeft Alexander Pechtold afscheid genomen als voorzitter van de D66-fractie in de Tweede Kamer. Hij wordt opgevolgd door de pas 31-jarige Rob Jetten."
Tito laat die rand kop optel
2018-10-10"Die sukkelende rand het weer effens asemgehaal nadat Cyril Ramaphosa die beleërde minister van finansies, Nhlanhla Nene, se bedanking aanvaar het en die ervare Tito Mboweni in sy plek aangestel het om die land se geldsake te bestuur."
Keelvol vir moord en doodslag
2018-10-09"Suid-Afrikaners is keelvol vir misdaad en die ongekende aantal moorde wat die land teister, en dring al hoe meer daarop aan dat die internasionale gemeenskap moet ingryp. Die jongste oproep in dié verband kom van ’n voormalige spioen van die ANC se ondergrondse militêre vleuel, Umkhonto weSizwe, Brad Steyn. Steyn se swaer, die 61-jarige John Bosman, is vroeër die maand op sy aarbeiplaas buite Nelspruit in Mpumalanga vermoor."
Minister verklaar oorlog teen dwelmsmouse na protes
2018-10-05"Die minister van polisie, Bheki Cele, het oorlog verklaar teen die dwelmsmouse in die bendegeteisterde Westbury in Johannesburg. Dit volg nadat inwoners die afgelope week keelvol geword het vir die bendegeweld waarmee hulle daagliks gekonfronteer word. Dit is veral die polisie se trae optrede teen bendegeweld en dwelmhandel wat hulle frustreer."
Groot liefde vir Afrikaans in Nederland
2018-10-04"In weerwil van die doemprofete se voorspelling dat Afrikaans se dae getel is, glo verskeie mense, onder wie vooraanstaande akademici en letterkundiges, nog dat die taal wel ’n toekoms het."
Nederland gaf steun aan foute Syrische rebellengroepen
2018-10-03"De manier waarop Nederland de steun aan Syrische rebellengroepen heeft aangepakt, 'had beter gekund', erkende Stef Blok dinsdagavond in een debat in de Tweede Kamer. Echt lastig werd het hem echter niet gemaakt. En daarmee heeft Blok zijn tweede grote debat als minister van Buitenlandse Zaken overleeft."
Storm woed in NG Kerk na pedofieluitlatings
2018-10-03"Meer as 100 predikante en akademici in die NG Kerk het hulle stem dik gemaak uit protes teen diegene in die kerk, onder wie een van die kerk se leiersfigure, wat verhoudings tussen mense van dieselfde geslag by pedofilie en bestialiteit betrek."
