Mens en dier

Vra die veearts: Sonskerm en was in die ore

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-18

Daphne Becker skryf: "My man wil weet of honde ook wasopbou in hul ore kan kry wat hul gehoor strem en kan dit verwyder word?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: ’n Loopmagie in ’n klein hondjie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-14

Elmarie skryf: "Ek het ’n sewe-week-oue baba, ’n Jack Russell-kruising. Sy wil al van vanoggend af nie eet nie. Haar magie werk water." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Ingroeitoonnaels

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-13

Rina skryf: "Ons bully het ingroeitoonnaels gehad wat haar voet se kussinkie beskadig het. Wat kan ek daarop sit? Ek is so hartseer. Dis my kind." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Duur hondekos kou die begroting

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-10

Leonie skryf: "Ons twee honde is al vandat hulle babas was, op Eukenuba. Ongelukkig is my man op vroeë pensioen geplaas en kan ons nie meer die kos bekostig nie. Ons is radeloos." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My worshondjie het gedink hy is Superman

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-06

Adriana skryf: "Hallo, my worshondjie is sewe jaar oud, nou in Desember. Hy was lief vir spring; hy het gedink hy is Superman. Sy ruggie het nou begin seer raak. Miskien een keer te veel gespring?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Hond se voetkussinkie

Marianne Lomberg Mens en dier 2022-01-05

Sindy skryf: "Dis die eerste keer wat hy regtig nie op sy poot wil loop nie, so ek is baie bekommerd en weet nie watter 'menslike' pynmedikasie ek vir hom kan gee nie." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-26

’n Leser skryf: "Ek het ’n 8 maand oue Jack Russelltjie. Sy wil niks anders as tafelkos, vleiserig, eet nie." Lees Marianne se raad.

Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-23

’n Leser skryf: “My pitbull se vel het ’n rou stukkende plek. Dit bloei nie en lyk net soos ’n oop seerplek. Veearts het pille gegee vir hotspots.” Lees Marianne se raad.

Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-19

Rob van Halem skryf: “In Nederland is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts. Wat van Afrikaans?” Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My hond het harde knoppe op sy lyf

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-18

Magdel van Vuuren skryf: "My hond het twee harde knoppe op sy lyf. Een is aan die sagte vleis van sy boud, die tweede een is op sy rugstring." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Moet my hond wortels en appels eet?

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-16

Sulet Linde skryf: "Ek lees nou die dag raak dat mens vir jou hond appelskywe en wortels moet gee. Is honde nie karnivore nie?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-09

Brenda Otto skryf: “My 15-jarige Jack Russell is blind en dowerig, maar in die dag is hy aktief en eet hy goed. Sodra dit aand word, toon hy dié vreemde gedrag.” Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-06

Elizna skryf: “Ek bly op ’n plaas en die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring. Hoeveel keer moet ek vir haar melk gee en hoeveel?” Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-11-05

Daphne Becker skryf: "Dit lyk soos ’n bosluis, maar is nie ’n bosluis nie. Aan die anderkant is ’n swart vlek. Ons wonder wat dit kan wees." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts | My yorkies is vreeslik vol fiemies

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-26

Joan skryf: "My yorkies is vreeslik vol fiemies. Sal graag wil weet of dit nie beter is om na ’n rou dieet oor te skakel nie? Sal rou vleis nie wurms veroorsaak nie?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts | Hoe speen ek honde van ons bed af?

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-20

Elizna skryf: "My honde is bederf en slaap op ons bed. My man wil dit nie meer hê nie … Hoe speen ek hul van ons bed af?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts | Honde in Suid-Afrika vs honde in Europa

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-19

Etienne skryf: "Ek sien so dikwels in daardie groot stede groot, depressiewe diere aan kort leibande op pad terug na hul huis, na ’n klein vloerspasie sonder son en grasperk waaroor hulle lang hale kan gee. Presenteer sulke honde met ánder siektes?" Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-18

Madelaine van Heerden skryf: "Ons veearts het erken dat sy nie veel van hoenders af weet nie. Dit is bitter moeilik om te kyk of daar dalk iets in haar keel vassit. Daar is niks in haar keel wat ons kan sien nie. Sy eet en drink normaal, maar sluk die heeltyd." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-11

Frans skryf: "Sy is baie pap en wil glad nie eet nie. Sy drink gelukkig baie water en ons sit ook glukose in die water. Het haar vanoggend ProNutro met glukosewater gegee en sy het dit gedrink." Lees Marianne se antwoord.

Vra die veearts: Ons honde trek vreeslik

Marianne Lomberg Mens en dier 2021-10-06

Mariana skryf: "Wil graag uitvind wat ons kan doen om ons twee worshonde saam met ons te laat stap. Hulle is baie angstig en beur so vorentoe ons moet omtrent draf om by te bly." Lees Marianne se antwoord.

Verified by MonsterInsights
Top