Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense oor hulle diere te gesels. Stuur jou vrae na veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is a veterinarian who enjoys talking to people about their animals. Send your questions to veearts@voertaal.nu.
Marianne Lomberg (BVSc Hons) is een dierenarts die graag met mensen over hun dieren praat. Stuur je vragen naar veearts@voertaal.nu.
***
Sindiwe Leeuwner skryf:
Middag
My hond se voetkussinkie se vel is af. Ek neem aan hy moes hom iewers seergemaak het toe hy gespeel het. Hy loop kruppel en ek het salf opgesmeer met ’n verband, maar ek is bang dis nie genoeg nie. Dis die eerste keer wat hy regtig nie op sy poot wil loop nie, so ek is baie bekommerd en weet nie watter “menslike” pynmedikasie ek vir hom kan gee nie.
Ek sal u raad baie waardeer.
Dankie
Sindy
Beste Sindy
Ek is baie bly jy vra oor die menslike pynmedikasie. Selfs al is honde oor die algemeen sterk, is hulle baie sensitief vir menslike pynmedikasie. Panado kan selfs teen lae dosisse lewerskade veroorsaak, terwyl Nurofen en aspirien makliker maagulkusse veroorsaak as in mense. En die kafeïne wat in sommige menslike hoofpynpille is, is nog iets waarvoor honde baie sensitief is.
Dit klink wel of jou verband ’n goeie idee is. Ek sou die verband elke dag afhaal, skoonmaak met seperige water, dit dan mooi droogmaak en weer die verband omsit. Die daaglikse skoonmaak help jou om seker te maak niks raak ontsteek nie. Maar as gevolg van die risiko’s sal ek tog met jou veearts praat oor pynpille.
Sterkte met die kleinding se poot!
Marianne
Vandag se antwoord word geborg deur My Pet Club (www.mypetclub.co.za). My Pet Club wil jou help om tyd en geld te bespaar, ook kennis op te bou wat jou sal help om die beste moontlike sorg aan jou troeteldiere te gee.
Lees ook:
Vra die veearts: My hond wil niks anders as tafelkos eet nie
Vra die veearts: Raad vir ’n rou kol wat nie wil genees nie?
Vra die veearts: Is daar ’n verskil tussen ’n dierenarts en ’n veearts?
Vra die veearts: Sodra dit aand word, toon hond my vreemde gedrag
Vra die veearts: Die werkers het vir my ’n babasteenbokkie gebring
Vra die veearts: Dit lyk soos ’n bosluis, maar is dit velkanker?
Vra die veearts: Dit lyk of iets in ons troetelhen se keel vassit
Vra die veearts: My nege weke oue rottweiler-tefie het katgriep
Vra die veearts: Kan iemand help om ons honde in vrede saam te laat wees?
Vra die veearts: My hond raak histeries, so erg dat sy my byt
Vra die veearts: My Jack Russell is doof, grondpaaie laat hom kerm