Reizen

Ongewone ontwerpsentrum ook tuiste van ongewone installasies

Maryke Roberts Kunst 2025-01-02

"Sy sien die vraagtekens op ons voorkoppe en verduidelik dat amorfies beteken die gebou het geen definieerbare vorm nie en met atipies bedoel die ontwerper dat die gebou anders is as wat normaalweg met gebou-ontwerp bedoel word."

Middelburgstasie: Nostalgie op ’n treinperron

Maryke Roberts Reizen 2024-12-20

"Dis werk aan ’n televisiereeks wat my die eerste maal in my lewe van die N4 laat afdraai en in Middelburg, Mpumalanga tot stilstand bring. Maar nie sommer enige plek in die dorp nie, o nee, by die stasie. ’n Sierlike sandsteengebou van 130 jaar oud, wat sy bestaan te danke het aan ’n Nederlandse maatskappy van ’n vorige lewe," skryf Maryke Roberts.

Ikone van straatkuns onder een dak

Maryke Roberts Kunst 2024-12-04

"Soos ons deur die uitstalling stap, besef ek ook hoeveel van die ander straatkunstenaars se werk is al só deel van die kunslandskap dat mens meer bekend is daarmee as wat jy besef."

Notre-Dame herrys wéér

Maryke Roberts Reizen 2024-12-02

"... Ek weet hoe spesiaal dit is om ’n reuse katedraaldeur oop te stoot – die handvatsel blink gevat; die drumpel holrug getrap; die hout donkerder bo waar geen volson kom nie. Om binne op die houtbankies te sit wat al houding het, ongelyke vloerteëls koel onder jou voete en die gedagte van bykans 1 000 jaar se gebruik alomteenwoordig."

Wonderlike kulinêre geheime wag in Brive en omstreke in Dordogne

Maryke Roberts Culinair 2024-11-20

"Périgord is bekend vir sy kookkuns, veral sy eend- en gansprodukte, soos confit de canard en foie gras. Périgord-wyne sluit Bergerac en Monbazillac in."

Reddingsbaadjies as sosiale kommentaar

Maryke Roberts Reizen 2024-11-12

"Jy vertrek van Ísafjörður per ferrie en die rit na Kvíar oor die ysige potblou see duur ongeveer ’n uur. As jy terugkyk na die land wat bo die skuimstreep agter die klein bootjie kleiner word, voel jy waarlik nietig."

Kersies aansteek bring innerlike vrede

Maryke Roberts Reizen 2024-11-05

"Aan die voete van die wêreld se grootste brons Boeddha, Vairocana, in die wêreld se oudste houtstruktuur, die Tōdai-ji-tempel, stoot ’n beampte die spierwit kersies in ’n houtboksie reg. So vinnig as wat hy regstoot, so vinnig neem hande die kersies en steek hulle aan. Ek wonder hoeveel kersies hy daagliks uitpak en regpak."

Amsterdam, een fijne stad!

Stephen Fourie Reizen 2024-11-04

"Nederland, Suid-Afrika, Amsterdam en Afrikaans se wortels is so inmekaargevleg, dit sal moeilik wees om daardie vlegsel los te maak. Vir my is die gemene deler natuurlik die taal."

Jeju-eiland: Suid-Korea se geheime juweel

Maryke Roberts Reizen 2024-10-30

"Die eiland is ongeveer twee miljoen jaar gelede deur die uitbarsting van ’n onderwatervulkaan gevorm en is ’n natuurlike wêrelderfenisgebied. Die Jeju- vulkaniese eiland en lawabuise, wat in die botaniese park te sien is, was die rede hoekom ons juis hierdie uitstappie gekies het."

Persverklaring: Reis na Nederland en België in 2025

Voertaal Academisch 2024-10-29

Doen vandag nog aansoek om deel te neem aan die Jongerenprojek in 2025. Aansoeke sluit 10 Maart 2025.

’n Terugreik na toeka se Wildtuin

Hennie van Deventer Reizen 2024-10-23

"Ek was nooit ’n tentmens nie, maar begrippe soos rudimentêr, stoer en outentiek vind by my sterk aanklank. Dit herinner aan die 'ou Wildtuin' wat ek as kind leer ken en as jong volwassene leer lief kry het: ’n aardse plek – hoe nader aan die aarde hoe beter – en waarlik ’n natuurtuin – hoe nader aan die natuur hoe beter."

Laat die Hanrivier en eggo’s van lag ’n Seoel-simfonie speel

Maryke Roberts Reizen 2024-10-21

"Die tydjie hier was een groot verrassing met net genoeg tegnologie en bereikbaarheid; net genoeg tradisie en ouwêreldse sjarme; net genoeg stad en net genoeg tuine, woude en berge waarheen jy kan ontsnap om asem te skep."

"Erfenis" kry hier nuwe betekenis

Maryke Roberts Reizen 2024-10-17

"Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water."

Waarlik die mooiste dorpie nog!

Maryke Roberts Reizen 2024-09-25

"Collonges-la-Rouge is beter bekend as die 'Stad van 25 torings' hoor ons sommer met die intrapslag by ’n Le Cantou-restaurant-kelner wat tafels skoonmaak. Maar van 'stad' en al daardie torings weet ek nie … Dit voel soos ’n filmstel van ’n plattelandse dorpie, met ’n paar mense wat vir die paar uur terwyl jy daar kuier, in winkels en restaurante werk omdat hulle nét vir jou gewag het."

Of history and Cape wine, on a road less travelled

Clifford Roberts Reizen 2024-09-18

"Durbanville celebrates its 200th anniversary next year. Its importance now is that it was in September the year before that farmers began lobbying for municipal independence. The result was a community that thrived, giving rise to, among other things, one of the country’s leading regions in premium wine production."

Betowerende botaniese tuine bied skuiling in die stad

Maryke Roberts Reizen 2024-09-18

"Ek hoor toevallig hoe iemand oor koffie vir ’n ander vertel van navorsing wat hulle raakgelees het oor die verband tussen die rol van botaniese tuine as bewaarders van plantspesies én as bydraers tot ons geestesgesondheid. En dit laat my gedagtes ver loop oor die rol van botaniese tuine in my eie lewe die afgelope paar jaar."

Die Jongerenprojek-reis 2024

DJ Cloete Cultuur 2024-09-18

"Die Jongerenprojek se deelnemers vanuit Nederland en België het vanjaar na Suider-Afrika (Suid-Afrika en Namibië) gereis as deel van dié akademiese en kulturele uitwisselingsprogram. Die besoek het plaasgevind tussen 23 Julie en 13 Augustus 2024, en die 14 deelnemers saam met twee begeleiers het die geleentheid gehad om verskeie streke in Suid-Afrika (Gauteng, Noordwes, Kaap, Boland) en Namibië (Windhoek en Swakopmund) te besoek."

Die Krugerhek is die poort tot ’n natuurparadys

Hennie van Deventer Reizen 2024-09-17

"Allerlei verrassings is moontlik. ’n Klompie olifante plas in die water. ’n Trop van by die duisend buffels steek lui-lui die rivier oor. ’n Streep drawwende wildehonde keer jou voor."

There’s an escape room near you

Alex J Coyne Reizen 2024-09-13

"If you’re looking for a unique and brain-bending adventure puzzle which puts you in the middle of a story, escape rooms could be the next thrill you’re looking for."

The West Coast’s most fantastic window on time

Clifford Roberts Reizen 2024-08-22

"Standing at a viewpoint overlooking the overgrown remains of a phosphate mine and domes covering the dig sites, I was focusing my lens into deep time – a time after the first organisms appeared on the planet, but before our own arrival."

Verified by MonsterInsights
Top