Reizen

Ontdek die Moederstad se uitsonderlike vroue

Maryke Roberts Reizen 2024-08-16

"Tussen vertellinge van hul ma’s en oumas en kosherinneringe deur, verklap Berene dat haar ma, Ree, en ouma, Rebecca, dikwels die voetpad van Tesselaarsdal na Stanford gestap het om te gaan handeldryf oor die berg. Vandag is dié roete bekend as die Haarkapperroete, vertel sy. Hul twee figuurtjies is op haar wynetiket."

Vind jouself weer in die Klein Karoo

Maryke Roberts Reizen 2024-08-07

"Ons uiteindelike bestemming is Vanwyksdorp, maar die reis waarop ons nou is, is waaroor dit eintlik gaan: die bestemming nie nou tersaaklik nie." Mens vind jouself weer in die valleie van die Klein Karoo, het Maryke Roberts weer besef ná agterpaaie en heilige dae buite Vanwyksdorp.

Slawerny is steeds deel van ons

Maryke Roberts Cultuur 2024-08-06

"Hoe ironies dat jy daar in die Slawelosie staan, ’n plek van soveel hartseer, maar wat nou die verlede ontbloot om heling te bring."

Weelderige Oudtshoorn-volstruisvere weer op die wêreld se lippe

Maryke Roberts Reizen 2024-08-02

"Oudtshoorn is een van ons gunsteling-kuierplekke met soveel historiese plekke wat behoue gebly het – veral uit die florerende volstruisgolf van ’n eeu gelede. Vandeesmaand is die dorp weer op die voorgrond: Die gewilde Klein Karoo Klassique word hier gehou én die wêreld neem weer notisie van die volstruisdorp, danksy die Netflix-reeks Bridgerton."

Sprokieskuier in die hartjie van Parys

Maryke Roberts Reizen 2024-07-08

"Ons gaan soek al die ou restaurantjies wat in nou deurgange tussen straatblokke ingedruk is. Hele klein ekonomieë gedy hier in meters van marmer en ou koper en eeue-oue glas. Dit voel asof die aandag aan dekordetail by ons hotel net weer ons liefde vir Art Deco en Art Nouveau verdiep het."

A walk on the wild side

Clifford Roberts Reizen 2024-07-05

"The refurbishment of the lodge at Melozhori has put this private game reserve between Cape Town and the Garden Route back in the spotlight. I’d taken a chance, and wow, what a pay-off."

Die Chobe: Hoeveel keer kan jy ’n visarend hoor roep voor dit jou nie meer diep raak nie?

Maryke Roberts Reizen 2024-06-26

"Daar is seekoeie, olifante, reiers, ooievaars, koedoebulle, krokodille, kormorante, visvangers, visse, kameelperde in soveel oorvloed dat jy jou oë moet knip om seker te maak jy droom nie."

From KZN to TX: The rise of virtual tourism

Alex J Coyne Reizen 2024-06-26

"Virtual tours provide an engaging and informative experience, but without the physicality, cost or danger of visiting the actual location. Tourism can benefit from virtual tours through the careful preservation of rare, important and hard-to-access sites."

Bekyk Parys van ’n lekker rustige bootrit op die Seine

Maryke Roberts Reizen 2024-06-11

"Die Olimpiese Spele is om die draai en Parys is die perfekte gasheerstad vir hierdie skouspel. As jy voorheen in Parys was, oorweeg dalk ’n ander uitkyk op die Stad van die Liefde en gaan verken die Seine op ’n bootrit."

Trek jou longe vol Karoolug op Prins Albert

Maryke Roberts Reizen 2024-05-21

"Nou, 12 jaar later, is die dorp vir my op haar mooiste. Met leivore, grondpaadjies hier en daar, maar met ouwêreldse sjarme en ’n dorpshotel wat vanjaar 150 jaar oud is, is dit regtig die vervlegting van oud en nuut."

Pafuri: twee geleenthede vir onvoorwaardelik oorgee aan die natuur

Maryke Roberts Reizen 2024-05-10

"Al wat jy moet doen, is om tot stilstand te kom. Om oor te gee aan die natuur; die stilte in jou ore te hoor."

The Indian Ocean: For the sights, but for the food, too

Clifford Roberts Culinair 2024-05-04

"I’d been in food heaven, jumping the past few days from Asian to Italian and from American Japanese to Brazilian. This was the Indian Ocean, so there were plenty of dishes with a Creole spin, too."

Londen se koffiefees sit dié stad se kafeïen terug waar dit hoort

Stephen Fourie Reizen 2024-04-30

"Vandag spog Londen met meer as 3 700 koffiehuise! Koffie is groot en toon steeds ’n opwaartse kurwe. Dit is dus geen wonder dat die Londen Koffiefees in 2011 begin is nie – slegs met ’n paar uitstallers in die Truman Brouery. Vandag is dit die grootste jaarlikse koffiefees in Brittanje met byna 30 000 besoekers en 250 uitstallers oor drie dae van April of Mei."

Lieflike lang dae in die Waterberge

Maryke Roberts Reizen 2024-04-25

"Dis een van slegs twee UNESCO-verklaarde savanne-biosfere in Afrika en word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut as ’n kritieke biodiversiteitsgebied erken."

Blaauwklippen: huldeblyk aan ’n statige dame

Maryke Roberts Reizen 2024-04-11

"Dis ongelooflik hoeveel van ons historiese Kaaps-Hollandse herehuise die afgelope twee eeue deur vloed, vuur en die vagevuur van ’n aardbewing tot in hul fondamente geskud is, maar weer opgebou is om trots in hul volle glorie te skitter."

Die sus van ’n trem laaf die siel

Maryke Roberts Reizen 2024-04-03

"Die nuutgeboude dubbelvlaktrems, wat in 2017 in gebruik geneem is, is geskoei op die Blackpool Corporation Double Deck Balcony Tramcar wat uit 1923 dateer. Die byna vyf meter hoë dubbelvlak-trems gee aan passasiers ’n unieke uitkykpunt van waar hulle die platteland en wynlande kan ervaar."

Vind vrede in mooie Pearly Beach

Maryke Roberts Reizen 2024-03-25

"Pearly, soos ek hoor die locals dit noem, is ’n ware vakansiegangerparadys. Die strande strek amper nimmereindigend na weerskante, die visvanggeleenthede is soos op min ander plekke en die dorpie het selfs sy eie bierbrouery met ’n reuse-pizzaoond."

Maak voëls deel van jou én die kinders se volgende reis

Izak de Vries Reizen 2024-03-19

"Om voëls langs die pad raak te sien en te identifiseer is ’n enorme lekkerte én ’n manier om minder gereeld te hoor: 'Is ons al daar?'"

Réunion: ’n Klein stukkie Frankryk in die Indiese Oseaan

Maryke Roberts Reizen 2024-03-15

"Op nul mag ons ons oë oopmaak, toe hy verklaar: 'Welkom op die maan.'"

Die magtige Zambezi is vreesaanjaend én gerusstellend

Maryke Roberts Reizen 2024-03-05

"Ons is alleen in die Tsowa-kamp – wat slegs uit ’n paar luukse tente, ’n restaurant, swembad en kuiergedeelte bestaan. Daar is geen ander akkommodasie of mense op die eiland nie."

Verified by MonsterInsights
Top