Reizen
Argitektuur en natuurskoon lok jou terug na historiese Swellendam
2020-10-02Laatwinter in ’n historiese dorp, waar die sagte skaduwees die kurwes van Kaap-Hollandse argitektuur troetel, rook by ou vuurherde uitwarrel en jy varsgebakte brood uit ’n ou buite-oond kan koop, is ’n spesiale tyd. Die Bolandse dorp Swellendam is Suid-Afrika se derde oudste en dateer uit 1745. Die pragtige argitektuur, onbelemmerde natuurskoon en bekroonde wyne maak dit beslis ’n gewilde kuierplek, skryf Maryke Roberts.
Besoek Suid-Afrika: Darling se blomme
2020-10-01"Darling, slegs sowat 80 km van Kaapstad af, is ’n uitstekende begin van ’n blommevakansie weens die groot aantal veldtipes om die dorp. Meer as 1 200 plantspesies is reeds om Darling opgeteken."
"Brussel sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê"
2020-08-26"As ek môre na België toe kan trek, sal ek! Ek hoef glad nie eers twee keer daaroor te dink nie. Hopelik kan ek eendag permanent daar bly!"
Pinot noir van Hemel-en-Aarde
2020-08-18Op 18 Augustus vier die wêreld Pinot Noir-dag, en drie salige dae in Hemel-en-Aarde buite Hermanus, waar van Suid-Afrika se bekendste en bekroonde pinot noirs gemaak word, is die ideale manier om die mense agter dié wenkultivar te ontmoet en ook sommer ons kennis oor die wynstyl te verbreed, skryf Maryke Roberts.
Bestemming: die Arktika
2020-08-06"Arktika is een van dáárdie woorde wat my onmiddellik op ’n verbeeldingsreis stuur. Dit laat my hunker na afgesonderde stiltes, ysige koue en die belofte van die noorderligte."
Suid Amerika – Deel 3: Die Iguazu-waterval, Brasilië en gesprekke met vreemdelinge
2020-08-03"Wanneer vertrou ons en wanneer nie, en meer belangrik, waarom nie? Gesigsuitdrukkings en gevoel speel tog ’n belangrike rol. Ons kan nie een sin met Johannes gesels nie. Tog sit ons nou en eet aandete saam met hom."
’n Tweede heen-en-weer-reis na Suid-Korea en wat ek geleer het
2020-07-30"Wat ek nie besef het nie, is dat ek Korea en die Koreaanse kultuur opnuut anders sou beleef as toe ek 22 was. Is dit die ding van reis as jy ’n bietjie ouer is? Dat jy sekere aspekte van ’n land en kultuur selfs meer kan absorbeer en waardeer?"
Salige Stanford
2020-07-24Die wynroetes in en om Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl, is gesogte trekpleisters en heerlike dag-uitstappies as jy in die Boland vertoef. Maar soms is daar geheimenisse van ander wingerde net oor die volgende heuwel wat wag om ontdek te word – soos die lede van die Stanford Wynroete – skryf Maryke Roberts, wat vir drie dae (vóór die inperking) daar gaan asemskep het.
Neem die Kaapse wynlande saam wildtuin toe!
2020-07-16"’n Jaar gelede, toe die winter in die Kaap reën en koue bring, het ek die laaste besprekings vir ’n Bosveld-vakansie so al om die Krugerwildtuin in die noorde van die land bevestig. Met inperking is daardie reis nou een van die kosbare herinneringe wat soveel mense staande hou in hierdie onsekere tye. Met ’n glas Kleine Zalze Vineyard Selection voor my kaggel in die Kaap herleef ek weer elke oomblik."
Die naakte waarheid van een aand in ’n Marokkaanse bad
2020-06-10"As jy werklik ’n land se binnekamer kan sien, sonder die betoeisels en vertalings, dan is dit ’n voorreg wat vir min gegun word."
’n Suid-Indiese troue se kleurryke, kultuurryke tradisies
2020-05-07"Die bruid en haar aanstaande het ons maande voor die troue al begin voorberei. Maar niks kan mens werklik voorberei vir reis na ’n land soos Indië nie, en veral nie vir die ryk kulturele ervaring van ’n Indiese troue nie. Dit duur veel langer as ’n middag en ’n aand soos in Suid-Afrika. Dit is feestelik, groots, seremonieel en kleurvol – soos Indië self."
De heerlijke Bedevaart van Jan Brokken
2020-04-20"Nu we in deze Coronatijd niet mogen en niet meer kunnen reizen is het misschien goed om een goed reisboek te lezen. Jan Brokken schrijft sneller dan wij kunnen lezen en reisde al de hele wereld rond."
Suid-Amerika ‒ deel 2: Buenos Aires, haar mense en die geskenk van ontmoetings
2020-03-27"Argentinië se hoofstad is ’n gesofistikeerde kontras met Peru se wye vlaktes en hoë berge."
So ry ons wynproe so ...
2020-03-20Die pragtige grasgroen heuwels van KwaZulu-Natal so ’n uur of twee uit Durban is ’n ongewone plek om rye en rye wingerde te sien, maar hier is uitsonderlike wyne wat al meer die oog van wyntoeriste vang, skryf Maryke Roberts nadat sy in en om die Midlands Meander gekuier het.
"Dit vat nie veel om voor DC se sjarme te swig nie"
2020-03-16"Washington, DC is een van die mooiste en geskiedkundigste plekke in Amerika – dit sal ’n sonde wees om hier verveeld te wees."
"’n Stukkie van my het nooit saam teruggekom nie"
2020-03-03"Die hoogtepunt lê in die feit dat ek braaf genoeg was om my eie pad te volg."
Oorlewingsapps (en -wenke) vir jou nuwe lewe in België
2020-02-28Om na België te emigreer sal jy ’n helpende app of twee nodig hê. Hier is my wenke om jou voete te vind.
Van die hoofpad afgedwaal: Staproetes en swemplekkies in en om Kaapstad
2020-02-21"Somer is byna agter die rug, maar Februarie is bekend daarvoor om jou vir oulaas te laat hyg van die hitte. Stof dus jou stapskoene af en geniet die laaste paar sonstrale met dié lekker staproetes in en om die Kaap-omgewing."
Suid-Amerika ‒ deel 1: Peru en die onvermydelike ongemak van reis
2020-02-20"Ons probeer maak soos die mense dáár maak. Ongemaklik, seg baie. Groot avontuur, seg ons."
Een-maal-in-’n-leeftyd-geleentheid: Taalunie Zomercursus Nederlands
2020-02-19"In Augustus 2019 het ’n groep van 120 internasionale studente van 30 lande bymekaargekom om vir twee weke lank die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) by die Universiteit Gent in België by te woon. Die oogmerk van hierdie kursus is om aan studente wat Nederlands aan ’n universiteit in die buiteland studeer die geleentheid te bied om hulself te verdiep in die Nederlandse en Vlaamse taal, kultuur en beroep. Dit bied dit ook ’n besondere geleentheid om medestudente van oral oor die wêreld te leer ken, asook netwerke en vriendskappe te bou wat nooit andersins moontlik sou gewees het nie."