Leuven-studie-uitruil: ’n onderhoud met Sandri Smit

  • 0

’n Uitstappie na die platteland in België

Sandri Smit, ’n student aan die Universiteit Stellenbosch, is tans in Leuven, België waar sy vir vyf maande deel is van ’n uitruilprogram aan Katholieke Universiteit (KU) Leuven. Dié uitruilprogram is ’n komponent van haar kursus wat verlang dat sy vir ’n semester aan ’n oorsese universiteit moet studeer.

Sandri is besig met haar ’n BCom-graad in Internasionale Besigheid en sê sy het nog altyd geweet sy wil in ’n besigheidsrigting ingaan. Dit is juis die verpligte uitruilsemester wat dié kursus vir haar aanloklik gemaak het.

Talle Suid-Afrikaanse studente besoek jaarliks Duitsland of ander Europese lande soos Nederland en België as deel van studie-uitruilprogramme om meer oor die kultuur en leefwyse van die land te leer en hul horisonne te verbreed.

Sandri vertel meer oor haar studie-ervaring en avonture in België.

My aankoms in België

Sandri, jy is ’n student aan die US. Wat studeer jy tans?

Ek studeer BCom (Internasionale Besigheid).

Waarom studeer jy juis dit en waar kom jou liefde vir jou studieveld vandaan?

Na skool het ek geweet ek wil in die besigheidsrigting ingaan, maar ek was onseker oor wat presies ek wou doen. Hierdie graad bevat ’n wye verskeidenheid van besigheidstudierigtings, so dit het my ’n bietjie meer tyd gegee om te besluit in watter besigheidsrigting ek wil spesialiseer. Die verpligte uitruilsemester was ook vir my baie aanloklik.

In Leuven, die dorp waar ek tans studeer

Leuven

Jy is tans in België as deel van ’n uitruilprogram. Is dit die eerste keer wat jy België besoek en hoe lank is jy daar?

Ja, dit is my eerste keer in België. Ek is vir vyf maande hier.

My aankoms in Leuven

Wat was jou eerste indrukke van die land toe jy van die vliegtuig afgeklim het?

Alles is baie effektief hier – die openbare vervoer, dienste, ens. Ek was ook beïndruk met die indrukwekkende argitektuur in die land. Ek is nog nooit van tevore aan so iets blootgestel nie. Verbasend genoeg is die mense nie so vriendelik soos wat ek verwag het nie – hoe langer ek hier is, hoe meer besef ek hulle is maar teruggetrokke as dit kom by interaksie met mense buite hulle vriendekringe.

’n Naweek in Strasbourg, Frankryk

Hoe verskil ’n universiteit daar van ’n Suid-Afrikaanse universiteit hier?

Die klasse hier is baie langer (2 of 3 uur aaneen), waar Stellenbosch se klasse net 50 minute lank is. Hier het mens elke vak net een keer ’n week, waar mens in Stellenbosch ’n groter aantal klasse per vak per week het.

Hier skryf hulle ook nie toetse tydens die semester nie. Jou semesterpunt bestaan uit ’n taak en jou eksamenvraestel. Die hoeveelheid groepwerk hier is ook baie meer as in Stellenbosch.

In die Belgiese dorpie Dinant, waar die saksofoon ontwikkel is

Het jy enigiets nuuts oor die Belgiese taal en kultuur geleer?

Ja. Ek het geleer dat ek as ’n Afrikaanssprekende Vlaams maklik kan verstaan as ek dit lees, maar om te luister is glad nie so maklik nie. Ek het ook geleer dat hulle in die groot stede baie bereid en in staat is om Engels te praat. In klein dorpe, veral in die Franse dele van die land, kan hulle glad nie Engels praat of verstaan nie.

Uitstappie na Gent

Wat is jou gunsteling besienswaardighede?

Die argitektuur, asook die natuur. Ek hou baie van die kleiner dorpe wat dié twee aspekte kombineer.

Het jy enige interessante geregte geëet?

Bekende Belgiese spys en drank sluit wafels, sjokolade, frietjes (Belgiese slaptjips) en bier in. Dit is alles baie lekker. Bekende maaltye sluit mossels en beef stew in. Die stew is baie lekker, en word in ’n biersous gaargemaak. Ek het nog nie die mossels probeer nie, want dit is baie duur.

’n Uitstappie na Antwerp saam met nog uit ’n uitruilstudent van Stellenbosch

’n Uitstappie na Brugge

Wat is jou gunsteling gesegde of interessante woorde in hul taal?

“Daar heeft hij geen kaas van gegeten.”

Vertaling: Hy het nog geen van die kaas geëet nie.

Betekenis: Hy verstaan dit nie.

My eerste egte Belgiese bier

Wat is van die hoogtepunte van jou ervaring tot dusver?

Ek probeer elke naweek na ’n ander stad/land reis, aangesien baie lande bereikbaar is danksy België se grootte en die openbarevervoerstrukture. Ek geniet dit baie om soveel moontlik nuwe plekke te sien en kulture te beleef.

  • Foto’s: verskaf

Lees ook

Meestergraadstudies in Londen: ’n onderhoud met Marina Pienaar

België-studie-uitruil en die Jongerenprojek: ’n onderhoud met Aletta Simpson

Jongerenprojek Netwerk 2019

Verslag Jongerenproject 2018

LitNet-argief: Vyf Suid-Afrikaners en die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) 2017

Duitsland-studie-uitruil: ’n onderhoud met Giselle Botha     

Den Haag-studie-uitruil: ’n onderhoud met Tenita Kidelo

Leiden-studie-uitruil: ’n onderhoud met Carmi Britz

Groningen-studie-uitruil: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring

Meestersgraadstudies in Frankryk: ’n onderhoud met Janet Vermaak

Leiden-studie-uitruil: onderhoud met Marlies Haupt

Kuils River law student heading to the Netherlands on prestigious Mandela Scholarship

African ties to the "hermit kingdom": an interview with Leiden University PhD student, Tycho van der Hoog

"The gift of the Nile is shared by 11 countries with various ethnicities, cultures and needs" – an interview with Leiden University PhD student, Abeer Abazeed

"Especially poor women with diabetes suffer in South-Africa": An interview with Chipo Mutyambizi, PhD student

’n Skool van ’n voorstad van Kaapstad verken Nederland

Bezoek uit Bellville

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top