Meest recent

Voertaal: Afrikaans, vanuit Polen

Voertaal Nieuwsbrief 2022-10-07

Voertaal: Afrikaans, vanuit Polen

Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-07

"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."

Poolse akademikus gee internasionale blootstelling aan Afrikaans

Jean Oosthuizen Meningen 2022-10-06

"Terwyl daar ’n oorlog in sy buurland Oekraïne woed, veg Jerzy Koch sy eie oorlog in belang van die tale waarvoor hy lief is, hetsy dit in sy moedertaal Pools is, en of dit in Engels, Afrikaans of Nederlands is waarin hy ewe tuis is. Dinsdagaand se gesprek by SASNEV is gelei deur Andries Visagie, professor in die letterkunde verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit Stellenbosch. Die gesprek het gefokus op die tweede deel van Koch se literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde."

Regering word blameer vir Duitse toeris se dood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-06

"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."

Uitnodiging: SASNEV-"borrel": Vrydag 7 Oktober 2022 (16:30-17:30)

Voertaal SASNEV 2022-10-06

Jy word hartlik uitgenooi na die SASNEV-"borrel" ter viering van die "Week van het Nederlands" en "De schoonheid van het Nederlands" by vanjaar se Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum in Wellington.

Digkuns en Karibiese postkoloniale romans op Neerlandistiekdag 2022 (Week van het Nederlands in Suid-Afrika)

Voertaal Cultuur 2022-10-05

Die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) het met die jaarlikse Neerlandistiekdag 2022 afgeskop. Die Neerlandistiekdag-program, aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN), het vir ’n wye verskeidenheid pitkos en vermaak gesorg.

Lesing (Neerlandistiekdag 2022): "Dingen als dragers van trauma in de Caribische post-koloniale roman" (Yra van Dijk)

Yra van Dijk Academisch 2022-10-05

Luister na ’n lesing deur Yra van Dijk, gelewer op 1 Oktober 2022 as deel van Neerlandistiekdag 2022 (aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN)). Neerlandistiekdag 2022 het die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) by Studio SASNEV, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, afgeskop.

Gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips (Neerlandistiekdag 2022)

Louise Viljoen, Chànde Frania van der Westhuizen Academisch 2022-10-05

Luister na ’n gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips, opgeneem op 1 Oktober 2022 as deel van Neerlandistiekdag 2022 (aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN)). Neerlandistiekdag 2022 het die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) by Studio SASNEV, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, afgeskop.

Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-05

"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."

’n Onderhoud met Kenan Davids, kortfilmwenner

Izak de Vries, Kenan Davids Interviews 2022-10-04

Hy kon nie Nederlands studeer as deel van sy kursus aan sy eie universiteit nie, toe skryf hy nauurs by ’n ander universiteit in. Kenan Davids het pas R50 000 gewen om België en Nederland te besoek sodat hy meer kan leer van sy 'tantetaal' – ’n mooi konsep wat hy uitgedink het, want Nederlands is mos ’n sustertaal van Afrikaans, wat sy moedertaal is?

Breytenbach notitie #4: Boekomslagen, herdrukken en vertalingen

Yves T’Sjoen Literatuur 2022-10-04

"Niet voor niets typeerde J.M. Coetzee hem als 'most untranslatable of Afrikaans poets'."

Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-04

"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."

Persverklaring: Student aan die Nelson Mandela Universiteit wen neerlandistiekreis met kortfilm

Voertaal SASNEV 2022-10-03

Binnekort sal Kenan Davids sy tantetaal beter kan leer ken, want hy het R50 000 gewen tot ’n neerlandistiekreis na België en Nederland.

Hugo Claus en Zuid-Afrika. Literaire posture in Afrikaans

Yves T’Sjoen Meningen 2022-10-03

"Eerst help ik een hardnekkig misverstand uit de wereld over Claus en Zuid-Afrika. Het betreft een misvatting waaraan ik zelf schuldig ben."

Uitnodiging – Group Theory: Black Music (met Koleka Putuma en Tumi Mogorosi) (7 oktober 2022 in Brugge)

Voertaal Cultuur 2022-10-03

Graag nodigen we (KAAP en Poëziecentrum) jullie uit voor deze voorstelling in de Stadsschouwburg in Brugge.

ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-01

"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."

Honfleur in Frankryk is so mooi soos ’n blommeveld

Maryke Roberts Reizen 2022-09-30

"Toe die vrede en stilte my omgewe, gaan soek ons iets te drinke. Die tradisie hier is ’n sterk espresso met ’n dubbelskeut Calvados in ’n klein konjakglasie. Maar eers moet ons Calvados proe. Dié appelbrandewyn is eie aan hierdie streek en word op dieselfde manier as brandewyn gestook en verouder, maar word van appels, nie druiwe nie, gemaak."

Schrijver in verzet: Breytenbach en het Parlement International des Écrivains (Breytenbach notities #3)

Yves T’Sjoen Meningen 2022-09-29

"Belangrijk in de kortstondige geschiedenis van het PIE (1994-2004), onder het voorzitterschap van respectievelijk Salman Rushdie (1994-1997), Wole Soyinka (1997-2000) en de Amerikaanse schrijver Russell Banks (2000-2004), was de uitgave van het magazine Autodafe (Serpent’s Tail, Londen). Het periodiek publiceerde literaire bijdragen van schrijvers, in hun land slachtoffer van censuur of fysieke dreigementen."

Persverklaring: "De schoonheid van het Nederlands" tydens hierdie jaar se "Week van het Nederlands"

Voertaal SASNEV 2022-09-29

Dié week bied jaarliks ’n blik op die Nederlandse taalaanbod en taalverbintenisse in Suid-Afrika met interessante gesprekke, ’n filmvertoning van ’n Nederlandstalige dramafilm by ’n inry-teater in Pretoria en in Kaapstad by die Labia teater, lesings en gesprekke, musiekproduksies in Nederlands en/of Afrikaans en Engels. Die bydrae waarvoor talle angstig wag, is die tweede edisie van die SAVN se kortfilmkompetisie vir voorgraadse en nagraadse studente neerlandistiek.

ANC-jeug glo onwettig in Oekraïne as waarnemers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-29

"Die deelname van lede van die ANC-jeugliga as sogenaamde onafhanklike internasionale waarnemers is uit verskeie oorde gekritiseer omdat dit volgens die meeste politieke kommentators ’n skyn van amptelike geloofwaardigheid verleen aan peilings wat elders algemeen as ’n skyn beskou word om Moskou se gedwonge beslaglegging op vier Oekraïense provinsies te regverdig."

Verified by MonsterInsights
Top