Meest recent
Voortdurende protesaksie, moordverdagtes, en die dood van ’n reus
2022-07-07"Nederlandse boere is steeds woedend oor die besluit dat stikstofproduksie in sommige dele verminder moet word en versper weer hoofroetes; nóg verdagtes aangekeer vir die moord op Peter R de Vries; Noord-Holland en die Nederlandse Bank bied verskoning aan vir slawerny; ’n Belgiese welsynswerker is al vyf maande agter tralies in Iran; en die skrywer Remco Campert is op 92 oorlede."
Cele onder skoot na woede-uitbarsting
2022-07-07"Cameron het Cele verder die harnas ingejaag toe hy hom nooi om sonder sy lyfwagte en deftige motor self op grondvlak te gaan kyk wat in die townships aangaan ten opsigte van misdaad en om die gebrek aan polisiëring eerstehands te aanskou. Nadat Cameron sy kommer oor die hoë misdaad in Gugulethu uitgespreek het, het Cele hom aangesê om stil te bly en te gaan sit."
Cradock, ’n klein oase om te ervaar
2022-07-06"’n Hele aantal ontwikkelaars begin die waarde sien van beleggings op die platteland. Jy kan soms in so ’n dorpie ’n hele straat koop vir die prys van ’n huis in die stad."
Geen perde in die Perdeberg, maar hope ander dinge om te geniet
2022-07-06’n Paar dae in die vlaktes van die Swartland sowat ’n uur of wat uit die Kaap, is net die regte ding vir koel wintersdae. Kaggels, kuiers en kos saam met bekroonde wyne, is mos nou ontspan, skryf Maryke Roberts.
DA ruk op na Lesufi se kantoor om oor onderwyswet te betoog
2022-07-06"Die regering se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het Dinsdag weer onder skoot gekom toe die DA daarteen betoog het by die kantore van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi."
Suid-Afrika wemel van fopnuus en vals inligting
2022-07-05"Suid-Afrikaners word oorval met fopnuus en vals inligting wat op aanlyn platforms versprei word."
Persbericht: Ingrid Jonker – Boeken uit het Huis (13)
2022-07-04Op donderdag 25 augustus wordt tijdens Boeken uit het Huis Ingrid Jonker. Het kind is niet dood gepresenteerd, de Nederlandse vertaling van de biografie over Ingrid Jonker door Petrovna Metelerkamp. De boekpresentatie valt samen met een tentoonstelling over Ingrid Jonker in het Literatuurmuseum in Den Haag. Het materiaal voor de tentoonstelling is afkomstig uit de nalatenschap van Gerrit Komrij.
Opposisiepartye eis spoedige optrede na Zondo-verslag
2022-07-01"ActionSA en die DA het die afgelope week albei laat blyk dat hulle nie daarvoor te vinde is dat daar langer gesloer word om die moontlike skuldiges aan die pen te laat ry nie."
Kunsroof, ’n stinkstorie oor stikstof en die koning ry trein
2022-06-30"Vier rowers het Maandag helder oordag ’n kunsbeurs in Maastricht beroof; Nederlandse boere is woedend oor die kabinet se stikstofbeleid; minstens een persoon is dood toe ’n tornado deur Zeeland getrek het; die pandemie hou steeds hospitale besig; en Nederlandse koningspaar besoek Oostenryk."
Een regenjasje voor de haiku
2022-06-30"Elke liefhebber van haiku lezen of schrijven, kent Matsho Bashõ (1644-1694). De Japanse haikuschrijver uit de 17e eeuw geldt als de uitvinder en de grote inspiratiebron voor haiku. Hij heeft de moderne haiku ontwikkeld uit de aloude hokku, het begin van een renga, een kettinggedicht dat wel honderden regels kon bevatten. In deze bespreking spel ik het enkelvoud en meervoud van haiku, renga, senryu en haibun hetzelfde, zoals in het Japans."
Optrede geëis na tieners se dood in taverne
2022-06-30"Koolstofmonoksied is ’n kleurlose, reuklose giftige gas wat ook geen smaak het nie. As jy dit inasem, kan dit jou doodmaak, veral as jy aan hoë vlakke blootgestel word."
Onwettige stakers dwing Eskom op sy knieë
2022-06-29"By fase 8, skat Eskom, sal die gemiddelde Suid-Afrikaner vir 50% van die tyd van krag voorsien word, met verbindings wat vir 12 uur uit elke 24 afgeskakel is."
Ramaphosa wil ’n nuwe blaadjie omslaan
2022-06-28"Dit is moeilik om te dink dat enige president in enige demokrasie so ’n skerp beoordeling deur die land se hoofregter van sy integriteit en vermoë kan oorleef. Die vraag is egter wie neem oor as Ramaphosa dit nie oorleef nie."
Aus Tebza speel harte warm op die Nasionale Kunstefees
2022-06-27"Aus Tebza is die verhoognaam van Tebogo Sedumedi, wat in Krugersdorp grootgeword het. Sy het op 15-jarige ouderdom reeds geweet dat sy eendag haar eie groep wou lei, maar het eers haar skoolgeld betaal deur vir 12 jaar vir Hip Hop Pantsula (ook bekend as HHP) die baskitaar te laat brom."
Eeue oue joernaal onthul geheime van Nederlandse retoervlote
2022-06-24"Deur middel van hierdie geskiedkundige joernaal wat eeue lank onder die stof begrawe gelê het, kon Sleigh onder andere vasstel watter skip die draer was van die verwoestende epidemie van kinderpokke wat in die Kaap uitgebreek het."
Stakings, steenkool en die waarde van ’n enkele tand
2022-06-24"Nederland se belangrikste internasionale lughawe, Schiphol, het verlede week aangekondig dat hy in Julie en Augustus daagliks duisende vlugte gaan skrap; intussen het ’n staking deur veiligheidspersoneel Maandag die Brusselse lughawe lamgelê; twee Pole is naby Zeebrugge deur ’n sterk seestroom meegesleur; weens Rusland se oorlog het die Nederlandse kabinet aangekondig dat drie steenkoolkragstasies vir eers weer op volle sterkte mag werk; en België gee Patrice Lumumba se tand terug aan sy familie."
Zondo sê kiesers moet self die land se president kies
2022-06-24"As Zondo sy sin kan kry, moet Suid-Afrikaners, net soos in Amerika, liewer self besluit wie hulle president word en nie die party met die grootste steun in die parlement nie."
Nelson Mandelabaai spook om water in die krane te hou
2022-06-23"Die nieregeringsorganisasie The Gift of the Givers is een van vele rolspelers wat probeer om ’n humanitêre krisis in die metro te voorkom. Hulle het vroeër die week gewaarsku dat die droogtesituasie in die Nelson Mandalabaai-streek so ernstig is dat die krane in Gqeberha binne dae heeltemal kan opdroog."
Press release: Global first as young Eswatini writer Ntsika Kota wins 2022 Commonwealth Short Story prize
2022-06-22Twenty-nine-year-old Ntsika Kota has been announced as the overall winner of the world’s most global literature prize.