Jean Oosthuizen

Joernalis

Kersvader die rob bring Kaapse verkeer tot stilstand

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-22

"Toe die Kaap die Goeie Hoop DBV Natuurlewe-afdeling Woensdag ’n oproep ontvang van ’n Kaapse pelsrob wat die besige Jakes Gerwel-rylaan oorkant die Vangate Mall in Athlone oorsteek, het selfs hulle gewonder of dit waar kan wees."

Goedkoper brandstof in sig na Kersfees

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-21

"Die brandstofpryse word gewoonlik op die eerste Woensdag van ’n maand aangepas en word bepaal deur die prys van olie en die rand-dollar-wisselkoers."

Ramaphosa en sy nuwe besems sal hard moet vee om skoon te vee

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-20

"Suid-Afrikaners se oë is nou gerig op president Cyril Ramaphosa se volgende politieke skuiwe nadat hy Maandag daarin geslaag het om die aanslag teen sy leierskap in eie geledere te oorleef."

Die naweek is maak of breek vir Ramaphosa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-16

"Die komende naweek sal lotsbepalend wees vir president Cyril Ramaphosa se politieke toekoms."

Ramaphosa geprys en gekap nadat hy regter skors

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-15

"Na ’n uitgerekte sage van meer as ’n dekade se bewerings van wangedrag teen die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe is die omstrede regter uiteindelik Woensdag deur president Cyril Ramaphosa uit sy amp geskors."

Ramaphosa oorleef Phala Phala-stemmery in die parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-14

"Ramaphosa sal dus nie nou deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word nie en kan sy volle aandag skenk aan die komende naweek se ANC-beleidskonferensie waar hy opnuut om sy politieke oorlewing sal moet veg."

DA en ActionSA wil nouer saamwerk om ANC in 2024 te verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-13

"Twee van die land se opposisiepartye wat mekaar gedurig aan die keel beet het, wil in die aanloop tot die 2024- algemene verkiesing hulle binnegevegte probeer tem en nouer saamwerk om die ANC tydens die volgende verkiesing uit die kussings te lig."

Woede en beskuldigings oor donker feestyd terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-09

"Die versuim om ’n nasionale veiligheidsbenadering tot die elektrisiteitskrisis te volg het volgens die DA reeds ’n aansienlike ekonomiese koste op die land uitgeoefen en die vooruitsigte om die hoë werkloosheidsyfer aan te spreek belemmer."

Adjunkpresident Mabuza beskuldig van georganiseerde misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-08

"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra dat aanklagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza ingestel word. Mabuza word in ’n verklaring deur Outa daarvan beskuldig dat hy na bewering betrokke is by ’n grondeisebedrogspul van R35 miljard en misdade soos diefstal, bedrog, meineed en intimidasie."

Opposisie vies omdat speaker nee sê vir geheime stem oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-07

"Opposisiepartye is vies vir die speaker van die parlement omdat sy nie ’n geheime stemming wil toelaat wanneer die parlement volgende week oor die Phala Phala-verslag moet stem nie."

Ramaphosa veg voort om politieke oorlewing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-06

"Die Nasionale Vergadering (NV) sou vandag (Dinsdag) stem oor die Phala Phala-verslag wat die President in ’n staat van beskuldiging sal plaas indien dit aanvaar word, maar dit is uitgestel tot aanstaande Dinsdag."

Ramaphosa se politieke toekoms in die weegskaal na Phala Phala-verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-02

"Ramaphosa bevind hom nou tussen twee vure. Hy is op die randjie om die eerste Suid-Afrikaanse president te word wat in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word indien die parlement die verslag aanvaar waarin die ernstige bevindings teen hom gemaak word."

Pogings om Waluś se parool te keer duur voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-01

"Die ANC en sy drieparty-alliansievennote, die SAKP en Cosatu, het Woensdag hulle betogings teen Waluś se parool voortgesit en onder andere ’n optog na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gehou."

Sluier gaan gelig word oor redes vir omstrede Covid-maatreëls

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-30

"Suid-Afrikaners sal binnekort vir die eerste keer weet wat die regering daartoe gedryf om soms vreemde Covid-inperkings in te stel wat tot groot frustrasie en selfs woede onder die publiek aanleiding gegee het."

"Terminaal siek" Zuma en Shaik dans en hou saam jolyt in Durban

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-29

"Daar is gesien hoe Zuma lekker saam met sy dogter Duduzile Zuma-Sambudla kuier. Hy was duidelik onaangeraak deur die Hooggeregshof se besluit om sy mediese parool tersyde te stel."

Verified by MonsterInsights
Top