Jean Oosthuizen

Joernalis

Misdaadgolf word voor die polisie en politieke leiers se deur gelê

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-25

"Altesaam 118 mense word elke dag verkrag, teenoor 106 per dag gedurende die eerste kwartaal. Dit is vyf verkragtings per uur."

Zuma moet terug tronk toe, sê Grondwetkenner

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-24

"Volgens De Vos bevestig die Appèlhof se uitspraak dat mediese parool toegestaan ​​kan word slegs indien die paroolraad bevestig dat die gevangene óf terminaal siek óf fisiek ongeskik is."

Polisie op gereedheidsgrondslag na Waluś se parool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-23

"Die leier van die EFF, Julius Malema, was een van verskeie politieke leiers wat met optrede gedreig het."

Zuma was onwettig op parool, bevind Appèlhof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-22

"Die hof het bevind dat die voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, se besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan, ​​onwettig was."

Nuwe tabakwet beloof tronkstraf van tot 15 jaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-18

"Dit is alles deel van die regering se doel om openbare gesondheid te bevorder en in ooreenstemming te kom met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raamwerkkonvensie oor die tabakbeheerverdrag."

Paneel kry 13 dae uitstel om Phala Phala-verslag in te dien

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-17

"Dit volg nadat daar uitstel verleen is vir die indiening van die onafhanklike komitee se verslag oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-debakel waartydens miljoene rand na bewering op sy wildsplaas geroof is."

Universiteit Stellenbosch se taalbeleid laat die vonke weer spat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-16

"Oudregter Sisi Khampepe se verslag oor rassisme op die kampus van die Universiteit Stellenbosch het die taaldebat aan die universiteit van nuuts af laat opvlam. Voor- en teenstanders van die verslag vlieg mekaar oor en weer in die media en in persverklarings in die hare."

ActionSA verlaat DA-koalisie weens dienslewering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-15

"Die brose koalisieregering in Ekurhuleni het ’n nuwe terugslag gekry nadat ActionSA uit die minderheidskoalisie onttrek het enkele dae nadat die DA se Tania Campbell as burgemeester van die metro herverkies is."

Julius Malema en Steve Hofmeyr albei in Menseregtekommissie se visier

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-11

"Beide Malema en Hofmeyr ontken dat hulle skuldig is aan haatspraak."

Regter kap na Afrikaans by US, maar DA meen dis verregaande

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-10

"Khampepe sê in haar verslag van 184 bladsye op grond van al die bewyse oor die spanning en probleme wat deur die universiteit se meertalige taalbeleid geskep word, moet die universiteit dit oorweeg om hierdie beleid te hersien om die moontlikheid van taaluitsluiting deur die voorkeur van Afrikaans uit te skakel."

Diversiteitsdebakel by skool laat gemoedere steeds hoog loop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-09

"Gemoedere loop steeds hoog oor ’n voorval by die Fish Hoek High School in Kaapstad waar leerlinge na bewering getraumatiseerd is as gevolg van sogenaamde diversiteitsopleiding waar hulle glo onder andere wysgemaak is dat slegs wit mense rassisties kan wees."

Donkiekarre vir vervoer kos glo byna R1 miljoen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-08

"Twee soorte karretjies is aangekoop. Sommige is tweesitplekkarretjies vir R32 500 en ander het vier sitplekke en kos R45 500."

Konstitusionele Hof sal oor omstrede padverkeerswet beslis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-04

"Die grondwetlikheid van die omstrede voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal op 15 November deur die Konstitusionele Hof aangehoor word. Die regering wil met die wet ʼn enkele nasionale stelsel skep om padverkeer te reguleer, wat die eksklusiewe wetgewende bevoegdheid van provinsies om dit te doen wegneem."

DA wil ’n stokkie voor ministers se buitensporige byvoordele steek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-03

"Dit volg nadat die media onlangs berig het kabinetsministers in Suid-Afrika betaal nie munisipale tariewe, insluitend water en elektrisiteit nie, ondanks hul maandelikse R200 000-salaristjeks."

Minister privaat vervolg vir dieremishandeling

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-02

"Die NDBV sê in ’n verklaring dit maak ’n bespotting van die regstelsel dat geregtigheid vir die lyding van honderde diere sedert 2014 voortdurend vertraag is."

Verified by MonsterInsights
Top