In het nieuws
Polisiestasies word van wapens beroof, bendelede infiltreer die polisie
2022-11-01"Intussen het regter Daniel Thulare verlede week in ’n uitspraak onthul dat daar bande tussen bendelede en die polisie in die Wes-Kaap bestaan."
Waarskuwing oor moontlike terroriste-aanval het Suid-Afrikaners aan die raai
2022-10-28"Die waarskuwing het Suid-Afrikaners hot en haar laat gis op sosiale media oor die potensiële teiken van die beweerde aanval en of dit ernstig opgeneem moet word."
Johannesburg se magsbalans steeds in die weegskaal
2022-10-27"Regskenners waarsku egter dat haar oorwinning van korte duur kan wees as haar politieke teenstanders besluit om teen die uitspraak te appelleer."
Kaapstad se burgemeester wil keer dat Russiese oligarg voet aan wal sit
2022-10-26"Hill-Lewis se ongewone versoek, komende van ’n burgemeester, geskied teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne wat deur die meeste lande ter wêreld veroordeel word. Suid-Afrika se regering weier egter om Rusland se optrede te veroordeel en staan op die kantlyn."
Dis-Chem se verbod op wit aanstellings gaan in die hof draai
2022-10-25"Nadat Dis-Chem verlede week die omstrede memorandum teruggetrek het weens die ‘swak bewoording’, het hulle egter gesê hulle staan by die moratorium."
AfriForum en Malema al weer haaks oor beweerde haatspraak
2022-10-21"Die burgerregteorganisasie AfriForum en die EFF-leier, Julius Malema, is al weer haaks nadat Malema na bewering opruiende taal gebruik het tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap."
Druk op Dis-Chem en regering na bohaai oor rassebeleid
2022-10-20"Dit help nie om Dis-Chem te breek of bankrot maak te nie, maar dit is tyd dat Dis-Chem en ander maatskappye standpunt inneem teen geïnstitusionaliseerde rassisme."
Parlement is steeds ’n mislukte instelling, bevind Outa-verslag
2022-10-19"Outa het die werk van 10 van hierdie komitees beoordeel. Die organisasie sê in hulle verslag daar was plek-plek tekens van goeie werk, maar in die geheel was daar te veel teleurstellings."
Kommer oor toename in gewelddadige plaasaanvalle
2022-10-12"Die voorlegging van hierdie ingrypings vir aanvaarding deur die kabinet is volgens Agri SA se uitvoerende hoofbeampte, Christo van der Rheede, lankal uitstaande. Hy het ’n beroep gedoen op die minister van polisie, Bheki Cele, om hierdie proses te versnel en om landelike veiligheid nou aan te spreek."
Dodelik giftige medisyne dalk ook in Suid-Afrika
2022-10-11"Die vier produkte is Promethazine Oral Solution, Kofexmalin-babahoesstroop, Makoff-babahoesstroop en Magrip N-kouestroop. Die vervaardiger van hierdie produkte is Maiden Pharmaceuticals Limited (Haryana, Indië). Tot op hede het die vervaardiger geen waarborge aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verskaf oor die veiligheid en kwaliteit van hierdie produkte nie. Mense wat in besit van enige van hierdie produkte is of enige van hulle teëkom, word gewaarsku om seker te maak dat hulle dit nie gebruik nie en dit ook nie aan kinders toedien nie. Persone wat van sulke gevalle weet, word versoek om die Sahpra te kontak."
Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot
2022-10-07"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."
Regering word blameer vir Duitse toeris se dood
2022-10-06"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."
Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld
2022-10-05"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."
Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika
2022-10-04"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."
ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala
2022-10-01"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."
ANC-jeug glo onwettig in Oekraïne as waarnemers
2022-09-29"Die deelname van lede van die ANC-jeugliga as sogenaamde onafhanklike internasionale waarnemers is uit verskeie oorde gekritiseer omdat dit volgens die meeste politieke kommentators ’n skyn van amptelike geloofwaardigheid verleen aan peilings wat elders algemeen as ’n skyn beskou word om Moskou se gedwonge beslaglegging op vier Oekraïense provinsies te regverdig."
Nuwe wet wil rokers verder inperk
2022-09-28"Suid-Afrikaners wat daarvan hou om ’n dampie te slaan, gaan waarskynlik gedwing word om die gewoonte in die afsienbare toekoms nog verder in te kort wanneer die regering se nuwe rookwet goedgekeur word."
Ramaphosa erken beurtkrag is lank nie verby
2022-09-27"President Cyril Ramaphosa het erken dat Suid-Afrikaners maar vir lief sal moet neem met die feit dat beurtkrag vir die afsienbare toekoms deel van hulle daaglikse bestaan sal wees."
Parlement besluit volgende week oor Cyril en Phala Phala
2022-09-22"Opposisiepartye in die parlement hoop om volgende week die parlement se wiele aan die rol te kry om president Cyril Ramaphosa tot verantwoording te roep om in die openbaar te verduidelik presies wat gebeur het tydens die omstrede diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas."
Woede oor Eskom se voorgestelde verhoging van meer as 32 persent
2022-09-22"Terwyl die land meer as vier uur se kragonderbrekings op ’n slag in die gesig staar omdat die staatsbeheerde nutsmaatskappy nie genoeg elektrisiteit uit sy ou en swak onderhoude aanlegte kan produseer om in die vraag te voorsien nie, sê Eskom die huidige tariewe is nie hoog genoeg om die broodnodige instandhouding te doen nie."