In het nieuws

Lotto-baas maak spore na bewerings van korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-18

"Gedurende die tien jaar waartydens sy aan die stuur van die organisasie was, was daar verskeie bewerings van korrupsie en wanadministrasie ten koste van gemarginaliseerdes."

DA en ActionSA baklei soos kat en hond in Tshwane

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-17

"In die jongste twis tussen die twee partye word die toekoms van die Tshwane-koalisie nou bedreig. Hulle baklei soos twee honde oor ’n been, wat kan beteken dat die ANC op die ou einde daarmee wegstap."

Hooggeregshof van appèl beslis oor Zuma se parool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-16

"Oudpresident Jacob Zuma se appèlverhoor in die Hooggeregshof teen die tersydestelling van sy mediese parool in die Hooggeregshof in Desember verlede jaar sal ’n toets wees of daar in ’n post-Zondo Suid-Afrika ’n wil is om gelykheid voor die reg te demonstreer."

Cele spandeer glo miljoene op eet en drink terwyl misdaad floreer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-12

"In ’n gesprek met eNCA het die minister besonderhede oor die skokkende aanval gegee, onder andere dat een vrou deur 10 mans verkrag is. Hy het gesê een van die ander vroue was 'gelukkig' om deur net een man verkrag te word."

Ondersoek gevra na die haglike toestande in staatshospitale

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-11

"Die Menseregtekommissie is gevra om ondersoek in te stel na die swak behandeling van pasiënte in staats- en provinsiale hospitale en die haglike toestande wat by sommige van die hospitale heers."

Regering kry uit alle oorde slae op Vrouedag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-10

"Politieke partye en burgerregte-organisasies aan weerskante van die politieke spektrum het Dinsdag tydens Vrouedag uitgevaar teen die regering se skynbare onvermoë om Suid-Afrika se vroue teen geweld te beskerm."

Vrouedag in die skadu van geslagsgeweld verkragtings, aanrandings en moorde gevier

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-09

"Wat betref geslagsgeweld het Ramaphosa gesê verkragters het geen plek in die samelewing nie. Hy het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die polisie te verseker dat hierdie misdadigers aangekeer en vervolg word. Hy sê gemeenskappe moenie toelaat dat misdadigers in hul midde skuil nie."

Seldsame konsolidasie van opposisiepartye teen Ramaphosa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-05

"In ’n seldsame gebaar van solidariteit in die Suid-Afrikaanse politiek het opposisiepartye met uiteenlopende beginsels en oortuigings kragte saamgesnoer om antwoorde uit president Cyril Ramaphosa te kry oor die beweerde gebeure op sy wildplaas."

Eskom se liggies brand alweer flouer die week

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-04

"Volgens die DA word die parlement se oorsigfunksie ondermyn omdat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie wil toegee aan ’n versoek van die DA vir ’n ad hoc-komitee om toesig te hou oor Ramaphosa se nasionale energiekrisiskomitee (Necom) en die implementering van sy energieplan nie."

Bheki Cele het polisie se reserwemag “uitgewis”

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-03

"In 2011/12 was daar 52 054 SAPD-reserviste regoor die land. Tien jaar later sit die SAPD nou met net 4 393 reserviste."

Petrolprysdaling kon byna ses keer meer gewees het, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-02

"Terwyl die laer brandstofpryse wat Woensdag in werking tree, allerweë verwelkom word, meen opposisiepartye die regering kan baie meer doen om vuisvoos Suid-Afrikaanse motoriste tegemoet te kom."

ANC se rasvoorstel vir skole is "ondeurdag, onsinnig en onprakties"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-29

"Nodada sê hierdie voorgestelde rassemanipulering deur die ANC is sterk in ooreenstemming met hul steun vir die drakoniese wysigingswetsontwerp op basiese-onderwys-wette (BELA) en veral die 'Lesufi-klousule' wat poog om skoolbeheerliggame te ontmagtig."

Verdeelde ANC wil red wat daar te red is

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-28

"Die konferensie, wat vandag (Donderdag 28 Julie) begin, duur tot Sondag. Dit volg kort op die hakke van die party se provinsiale verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal (KZN) waar die Zuma-faksie die oorhand gekry het."

Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-27

"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."

Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-26

"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."

ANC hou asem op vir KZN se verkiesingskonferensie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-22

"KZN is ’n sleutelprovinsie vir die ANC. Die uitkoms van die verkiesing kan ’n deurslaggewende rol speel in die rigting wat die party besig is om in te slaan onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa."

Weerstand bou op teen Eskom se "absurde" tariefverhogings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-21

"Dit volg nadat Eskom in sy jongste aansoek benewens ’n stewige verhoging ook gevra het dat ’n tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek."

Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-20

"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."

Eskom wil tariewe verhoog ten spyte van beurtkrag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-19

"Terwyl Suid-Afrikaners die afgelope weke meer as ooit vantevore onder beurtkrag gebuk moes gaan, dring Eskom aan op ’n prysverhoging van meer as 32 persent vir hulle krag."

Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-15

"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."

Verified by MonsterInsights
Top