In het nieuws
Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet
2021-11-12"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."
FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid
2021-11-11"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."
Eskom is in totale verval, sê opposisie
2021-11-11"’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."
Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit
2021-11-10"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."
COVID-19 skep ’n “kode swart” in hospitale
2021-11-10"Die getal mense wat positief toets vir die koronavirus in die Lae Lande bly styg en neem kommerwekkende vlakke aan – hospitale trek veral swaar. In ander nuus steun die Biskop van Antwerpen ’n poging om aan Jacques Brel meer erkenning te gee; en die Nederlandse kroonprinses sal die Raad van State in die Paleis Kneuterdijk bywoon."
Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte
2021-11-09"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."
"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika
2021-11-05"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."
Talle koalisies kom na reusewegblystem
2021-11-04"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."
Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop, stilstaande treine en elektriese motors
2021-11-03"Beeldmateriaal waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man skop, word ondersoek, die Nederlandse treinstelsel kom tot stilstand, België soek elektriese motors, koronapasse nodig vir ’n koppie koffie, asielsoekers word meer, en 3M moet produksie staak."
Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter
2021-11-03"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."
Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings
2021-11-02"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."
Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken
2021-10-29"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."
Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in
2021-10-28Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).
Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande
2021-10-27"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."
Lesufi hou vol AfriForum is rassiste
2021-10-27"Die rassetwis tussen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en die burgerlike organisasie AfriForum het opnuut opgevlam."
Stem verantwoordelik, vra Ramaphosa
2021-10-26"Suid-Afrikaners gaan volgende Maandag, op 1 November, na die stembus om hul plaaslike verteenwoordigers te kies. Ramaphosa sê uiteindelik gaan elke verkiesing oor vertroue."
Bierbedryf pleit by regering om van ondergang gered te word
2021-10-22"Die bierbedryf het as gevolg van die vorige kere se verbod sedert Maart verlede jaar 161 handelsdae verloor, wat net meer as 240 000 werksgeleenthede in gevaar stel, met ’n verlies aan belastinginkomste van R34,2 miljard en R10,2 miljard in aksynsinkomste. Daar was geen staatsfinansiering of enige ander verligting om die sektor tydens hierdie krisis by te staan nie."
Politieke partye vry na Afrikaanse stemme in munisipale verkiesing
2021-10-21"Hoewel die taalkwessie weinig te make het met die plaaslike verkiesing, meen albei partye skynbaar dat hulle sodoende die guns van Afrikaanse kiesers sal wen."
Suid-Afrika sê steeds nee vir Russiese entstof
2021-10-20"Tot op hede het hierdie entstof ook nie die lys van noodgebruik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gehaal nie."
Restauranteienaar gesteek oor koronapas, ’n nuwe Bybelvertaling, probleme met graffiti en ’n dwelmfonds
2021-10-20"Die eienaar van ’n Belgiese restaurant is met ’n mes gesteek, ’n man is na bewering deur drie jongmense voor ’n trem ingestoot, ’n Afgaanse tolk vir Nederland is vermoor, die Nederlands-Vlaamse Bybelgenootskap spog met ’n nuwe Bybelvertaling, en heelwat meer."