In het nieuws

Minister geskors, betogings teen koronapas

Milton Webber In het nieuws 2021-09-28

"Honderde betogers het in verskeie stede in Nederland hul protes aangeteken teen die nuwe maatreël van ’n korona-toegangsbewys. Op dieselfde dag het staatsekretaris Mona Keijzer die trekpas gekry – juis oor die pas. Mark Rutte se beveiliging is sterk verskerp en al minder Franssprekende leerders in België neem Nederlands."

Europese parlemente gevra om druk uit te oefen op Suid-Afrika se rassebeleid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-28

"’n Afvaardiging van die vakbond Solidariteit het verlede Vrydag uit Suid-Afrika na Europa vertrek om die lande te probeer oorreed om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas."

Konstitusionele Hof sê Afrikaans is nie die taal van rassiste en onderdrukkers nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-24

"Die vereenvoudigde aanname dat Afrikaans die taal van wit mense en onderdrukkers is, berus geheel en al op waninligting wat indruis teen die ware geskiedenis van die taal se oorsprong en ontwikkeling."

Skok na moord op onderwyser by skool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-23

"Die twee verdagtes het die onderwyser se motor genader kort voordat die skool begin het. Hulle het hom ten aanskoue van kinders doodgeskiet voordat hulle op die vlug geslaan het. Hy was in sy voertuig besig om sy Bybel te lees."

Suid-Afrikaners weer in baie lande welkom, maar Brittanje skop vas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-22

"Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, sal binnekort toegelaat word om weer vrylik na die VSA te reis en is ook welkom in onder meer Duitsland, Switserland, Frankryk, Spanje en Switserland."

Somber Prinsjesdag en ’n nuwe werk deur Vincent van Gogh

Milton Webber In het nieuws 2021-09-22

"Die derde Dinsdag in September, was soos gewoonlik Prinsjesdag. Intussen is die kabinet verlede week geruk deur die bedanking van die minister van buitelandse sake, Sigrid Kaag. Dit volg ná ’n mosie van afkeuring teen haar weens haar hantering van die ontruiming in Afganistan van mense wat die regering gehelp het. Ook, ’n nuwe werk van die bekende Nederlandse skilder Vincent van Gogh is pas ontdek."

DA-parlementslid boos vir Vryheidsfront Plus na bloutjie in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-21

"Die DA het in die jongste verlede landwyd steun onder blanke kiesers aan die Vryheidsfront Plus afgestaan."

Suid-Afrikaners glo korrupsie is nou erger as ooit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-17

"Die meeste Suid-Afrikaners glo dat korrupsie toegeneem het onder Ramaphosa se bewind – selfs in die President se eie kantoor."

Zuma se vrylating “om veiligheidsredes” geheim gehou

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-16

"Die Jacob Zuma-stigting het Woensdag op Twitter gesê weens ’n stortvloed navrae van die media stel hulle die media in kennis dat sy ontslagdatum ter wille van sy veiligheid nie nou bekendgemaak sal word nie."

Zuma se vroeë vrylating dringend na hof verwys

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-15

"Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle is in die proses om ’n dringende hofaansoek teen sowel die Departement van Korrektiewe Dienste as die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, te beteken oor die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool."

Uber steier, Nederland betoog, ’n wolf en ’n slang

Milton Webber In het nieuws 2021-09-14

"Die regter het beslis dat Uber sy bestuurders permanent in diens moet neem, betogers het die strate ingevaar om hul frustrasie te kenne te gee, ’n reuseluislang is in die Gent-Terneuze-kanaal gewaar en ’n wolf het twee Shetlandponies doodgebyt."

Irrasionele inperkings moet end kry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-14

"Die instel van entstofpaspoorte word tans ondersoek, wat onder andere beteken dat diegene wat teen die virus ingeënt is, voordeel sal trek uit aansporings soos die bywoning van musiekkonserte, sportwedstryde en meer."

Zuma se geheime siekte spaar hom nóg ’n dag in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-10

"Die een stukkie positiewe nuus is dat ’n persoon wat mediese parool kry, sy reg op vertroulikheid rakende sy mediese toestand verbeur vir die doel van die paroolprosedure."

DA gryp weer die Universiteit Stellenbosch aan die keel oor Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-09

"Die DA hou egter vol dat die US sekere getuienis en aanbevelings ignoreer wat volgens hulle daartoe bydra dat die US se beoogde nuwe taalbeleid onwettig en irrasioneel is omdat dit na bewering vergrype wat teen Afrikaanse studente gepleeg is, voortsit."

Jeug en Wes-Kapenaars is die grootste struikelblokke teen inenting 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-08

"Die studie, waarvan die resultate vroeër die week tydens ’n webinaar  bekend gemaak is, toon dat jongmense die grootste struikelblok is in die regering se strewe om soveel as moontlik Suid-Afrikaners teen COVID-19 te laat inent."

Nederlandse boere bedreig deur onteiening

Milton Webber In het nieuws 2021-09-07

"Die landbousektor is die grootste sondaar in die produksie van stikstof, wat groot nadele vir die natuur inhou. Die Rijksinstituut voor Gezondheid en Milieu het die afgelope week bekend gemaak dat die besoedeling wat Tata Steel in IJmuiden veroorsaak, ’n ernstige bedreiging vir die gesondheid van kinders inhou. Die eerste elektries aangedrewe vragskip het Maandag goedere van Alphen aan den Rijn na Moerdijk begin verskeep."

Zuma se mediese parool laat die wenkbroue lig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-07

"Mediese parool kan hoofsaaklik toegeken word aan persone wat aan ’n terminale siekte ly en om aan hulle die geleentheid te bied om tuis in die laaste fases van hul die siekte by hul naasbestaandes deur te bring."

Ramaphosa moet nou oop kaarte speel oor Digital Vibes-skandaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-03

"Ramaphosa het reeds vroeg in Julie ’n verdoemende verslag oor die skandaal van die SOE ontvang."

Verpligte COVID-19-inentings onder bespreking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-02

"Die debat oor verpligte inentings teen COVID-19 het opnuut opgevlam in Suid-Afrika. Dit volg nadat die ministeriële advieskomitee oor COVID-19 die moontlikheid van verpligte inentings vir werkers in spesifieke sektore die afgelope week bespreek het."

Regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering jaag dokters uit die land

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-09-01

"Die verslag toon ook dat gesondheidswerkers meen dat die regering hom eerder daarop moet toespits om die huidige openbaregesondheidstelsel te verbeter en dat samewerking met die privaat sektor aangemoedig moet word eerder as wat die regering poog om die gesondheidsektor te sentraliseer en te beheer."

Verified by MonsterInsights
Top