In het nieuws
Zuma of Ramaphosa, wie kies jy?
2020-07-31"Ramaphosa het ’n nuwe era in die Suid-Afrikaanse politiek beloof en ’n nuwe daeraad vir Suid-Afrikaners in die vooruitsig gestel, vry van korrupsie en staatskaping. Die nuwe besem het egter nie lank skoon gevee nie."
Wes-Kaap wen veld teen COVID-19
2020-07-30"Die Wes-Kaap, wat tot onlangs die episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika was, is besig om goeie vordering te toon in die stryd teen COVID-19. Die provinsie wil nou die tweede pandemie takel, naamlik werkloosheid."
Agri SA se R1-miljard-plan teen hongersnood
2020-07-29"In Suid-Afrika as geheel is daar steeds 13 738 824 mense (24,9% van die bevolking) wat nie toegang tot voldoende voedsel het nie."
Gatvol Kapenaars neem stad op horings
2020-07-28"Optogte het op verskeie plekke in die stad opgevlam. Wetstoepassers moes die afgelope week op 48 betogings reageer."
Moedverlore restaurante vaar strate in
2020-07-24"Restaurante regoor die land het Woensdag deelgeneem aan ’n vreedsame betoging om die aandag te vestig op die verknorsing waarin die bedryf hom bevind as gevolg van die regering se inperkingsregulasies."
Krisis in drankbedryf weens COVID-19 op spits gedryf
2020-07-23"Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat president Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het."
Ramaphosa wil ekonomie aan die gang kry
2020-07-23"Die President het in sy weeklikse nuusbrief voorbeelde genoem van klein en mikro-ondernemings wat noodsaaklike goedere verskaf het toe mense nie kon rondbeweeg nie."
Agri SA kap regering oor alkholverbod
2020-07-17"Agri SA het skerp kritiek uitgespreek teen die feit dat Suid-Afrikaners geen alkohol mag koop nie maar dat taxi-eienaars toegelaat word om taxi’s vol passasiers te laai."
COVID-19 se skokkende gevolge laat navorsers stom
2020-07-17"Die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM) het die ekonomiese impak van die COVID-19-pandemie in die land ondersoek."
SAL kry nuwe vlerke en wil weer vlieg
2020-07-17"Volgens Netwerk24 moet minstens ’n verdere R10 miljard gevind word om die reeds bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van finale ondergang te probeer red."
Frustrasie bou op namate COVID-19 vererger
2020-07-14"Frustrasie en verwarring oor die ramptoestand se steeds veranderende regulasies het Suid-Afrikaners die harnas in. Intussen maak die land hom gereed vir die ergste sedert die koronavirus dag na dag sy kloue al hoe dieper inslaan."
COVID-19 omskep Oos-Kaap in ’n slagveld
2020-07-13"Verskeie koerante rapporteer al weke lank dat die provinsie nie naastenby gereed is om die pandemie te hanteer nie."
Rokers betoog teen slakkepas op tabakverbod
2020-07-13"Duisende handtekeninge wat vra vir die opheffing van die verbod is glo landwyd elektronies ingesamel."
Slagting in Suid-Afrikaanse media laat joernaliste verpletterd en verslae
2020-07-08"Meer as 500 werknemers van Media24 kan hul werk verloor weens die maatskappy se besluit om die mes in te lê."
Gaan Cyril sy kaarte skommel?
2020-07-07"Daar word al hoe harder in die wandelgange gefluister oor die moontlikheid van ’n kabinetskommeling ondanks die feit dat die land steeds vasgevang is in die koronaviruspandemie."
Miljoene leerlinge moet wag voordat hulle kan terugkeer skool toe
2020-07-03"Van sowat ses miljoen kinders wat Maandag sou terugkeer, mag slegs enkele grade dit nou doen. Weens wysigings deur die raad van onderwysministers mag slegs leerlinge in grade R, 6 en 11 nou op 6 Julie terugkeer."
COVID-19 laat baie onbeantwoorde vrae
2020-07-03"Die versekeringseiskenners Insurance Claims Africa sê hulle gaan hulle tot die hof wend om die dooiepunt op te los nadat sommige versekeringsmaatskappye geweier het om eise uit te betaal wat met COVID-19 verband hou."
Al hoe meer standbeelde kry die trekpas
2020-07-02"Dit lyk of Paul Kruger se dae op Kerkplein getel is. Dit is glo net ’n kwessie van tyd voordat dit, soos baie ander standbeelde uit die land se verlede, verskuif gaan word."
Zille se twiet het DA weer die harnas in
2020-07-01"Dié slag het sy getwiet daar is vandag meer rassistiese wette as gedurende apartheid."
Solidariteit neem die wapen op teen Denel
2020-06-26"Die vakbond Solidariteit het weer die spreekwoordelike wapen opgeneem teen die wapenvervaardiger Denel en ’n aansoek in die Arbeidshof ingedien omdat Denel nie werknemers se volle salarisse betaal het nie."