In het nieuws

Nuus uit die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2021-06-02

"Die treinverkeer in Nederland het Maandagmiddag tot stilstand geknars na ’n tegniese fout. Minister-president Mark Rutte is uiteindelik ook ingeënt. ’n 36-jarige ma van ’n baba op straat doodgesteek. Milieudefensie het verlede Woensdag ’n regsaak teen die oliereus Shell gewen. Die wolf is met mag en mening terug in die Lae Lande."

Duitsland erken uiteindelik volksmoord in Namibië

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-01

"Meer as 100 jaar later het Duitsland verskoning gevra vir sy rol in die massamoord, nou erken as volksmoord, op tienduisende Herero’s en Namas tussen 1904 en 1908 in Namibië (destydse Duits-Suidwes-Afrika) deur Duitse troepe."

Druk op Zweli Mkhize om te bedank na COVID-19-skandaal

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-27

"Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is deur opposisiepartye en belangegroepe gevra om opsy te staan na bewerings van onreëlmatige kontrakte van miljoene rand deur sy departement."

Voortreflike Suid-Afrikaanse wyne vir 2021

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-26

"Wynliefhebbers van regoor die wêreld kan vanjaar uitsien na voortreflike Suid-Afrikaanse wyne van ’n heelwat koeler en later 2021-wyndruifseisoen in Suid-Afrika."

Woede omdat regering burgers wil ontwapen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-25

"Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te verskans nie."

Geweld in Amsterdam

Milton Webber In het nieuws 2021-05-24

"Nederland het die afgelope week te make gehad met twee gewelddadige voorvalle in Amsterdam. In België in die voortvlugtige soldaat Jürgen Conings ná ’n week steeds op vrye voet."

Tussenverkiesings: DA verloor meeste wyke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-21

"Woensdag se uitslag, wat as ’n barometer beskou word van wat later vanjaar verwag kan word wanneer die hele land na die stembus gaan om nuwe stadsraadslede te kies, word verskillend deur die land se twee grootste politieke partye vertolk."

Solidariteit hof toe oor Kubaanse ingenieurs

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-20

"Die vakbond Solidariteit glo egter die regering speel nie oop kaarte met die publiek oor waarom Suid-Afrikaners kwansuis nie die werk kan doen nie."

Die lang messe in die ANC is uit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-19

"Die lang messe in die ANC is nou behoorlik uit vir mekaar. ’n Bloedige regstryd waarin die verskillende faksies mekaar in die hof gaan beveg is op hande na die tydelike skorsing van Ace Magashule. Intussen het Jacob Zuma die afgelope week gedreig om sekere 'diep geheime' van die ANC te verklap as daar nie opgehou word hom te 'teiken' nie."

Chaos en wanorde by polisie se Sentrale Vuurwapenregister

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-18

"Die polisie se Sentrale Vuurwapenregister is in ʼn totale chaotiese en wanordelike toestand. Duisende aansoeke vir vuurwapens lê opgestapel in kantore en gange waar die aansoeke geberg word."

Plaasmoorde neem toe en word al hoe wreder

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-14

"In 22% van die aanvalle is slagoffers wreed gemartel deur hulle met strykysters te brand, dood te slaan of dood te skop, of herhaaldelik met ’n skerp voorwerp te steek."

Minibustaxi’s ontduik op groot skaal belasting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-13

"Terwyl die minibustaxibedryf aandring op regeringsubsidies, betaal die hele bedryf volgens die Minister altesaam jaarliks slegs R5 miljoen belasting."

Geen taboe op Afrikaans by US, sê rektor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-12

Wim de Villiers: "Die US is nie ’n Afrikaanse universiteit nie. Dit is nie ’n Engelse universiteit nie. En dit is nie ’n Xhosa-universiteit nie. Ons is ’n inklusiewe, meertalige universiteit, een van baie min hoëronderwysinstellings in ons meertalige land wat hierdie benadering volg."

Derde golf van COVID-19 tref provinsies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-11

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het mense aangeraai om te registreer vir inenting wanneer hulle gevra word om dit te doen. Jean Oosthuizen berig.

Gebeure in ANC is "malligheid" sê politieke ontleders

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-07

"Die handskoene in die ANC se opponerende faksies is behoorlik af."

Drama in ANC na Magashule se skorsing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-06

"Die tweespalt in die ANC het gister ’n dramatiese wending geneem toe die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, begin terugveg het teen sy skorsing. Magashule het sy skorsing in ’n laataand-verklaring betwis en vermoedelik aangekondig dat hy Cyril Ramaphosa uit die party skors."

Spanning neem toe in ANC oor Ace Magashule

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-05

"Die magstryd binne die ANC is op ’n mespunt met nog steeds geen aanduiding wat die beleërde sekretaris-generaal van die organisasie, Ace Magashule, se volgende stap gaan wees nie."

Ramaphosa sê media moet korrupsie aanhou oopvlek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-05-04

"President Cyril Ramaphosa het vir die tweede keer binne ’n week ’n lansie gebreek vir die media. Hy het joernaliste aangemoedig om sonder vrees verslag te doen en voort te gaan om korrupsie en ander vergrype aan die kaak te stel."

Regering verdedig Kubaanse hulp om waterkrisis te help red

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-30

"Intussen is daar al hoe meer berigte van ’n water- of rioolkrisis by etlike munisipaliteite in die land. Volgens inligting van die Emalahleni-raad verloor die munisipaliteit sowat 3,66 miljoen kiloliter (3,66 miljard liter) water per kwartaal weens gebarste en lekkende pype, gesteelde watermeters en onwettige waterkoppelings."

Ramaphosa in die spervuur by Zondo

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-04-29

"Ramaphosa se getuienis voor die kommissie word allerweë as uiters belangrik beskou. Hy het sy getuienis Woensdag afgeskop met ’n lang verklaring waarin hy onder meer gesê het staatskaping is iets wat 'nooit, nooit, nooit weer' mag gebeur nie."

Verified by MonsterInsights
Top