In het nieuws
Jou selfoon weet jy is ingeënt, ’n tiener ry weg met ’n trein, en Oranje stel teleur
2021-06-29"Die treindiens Arriva het onder skoot gekom toe ’n video op sosiale media opgeduik het van ’n tiener wat deur die masjinis gevra is om die trein te bestuur. Saam met die nuwe versoepelinge wat die afgelope week in Nederland in werking getree het, is die CoronaCheck-selfoontoepassing ook bekendgestel. Die marechaussee, of militêre polisie, het Sondag drie kinders uit ’n motor gered, die temperatuur buite was ongeveer 29 grade Celsius. Die dagblad Trouw berig dat klimaataktiviste nou een van Nederland se grootste pensioenfondse in hul visier het om hulle te dwing om geen beleggings in fossielenergie meer te doen nie."
Welkom in Amsterdam, maar kyk waar jy piepie!
2021-06-28"Terwyl Suid-Afrika tans weer erger inperking in die gesig staar, het die Nederlandse entstofprogram só suksesvol gewerk dat hulle met totaal ander probleme as ons te kampe het."
Duisende onderwysers gereed om teen COVID-19 geënt te word
2021-06-25"Die meer as 48 000 onderwysers en personeel wat Woensdag ingeënt is, sluit nie die Wes-Kaap en Limpopo in wat eers Donderdag met hulle volskaalse inentings vir onderwysers begin het nie. Leiers van onderwysersunies het hulle ook Donderdag in Atteridgeville laat ent."
Miljoene rand se onwettige sigarette vernietig
2021-06-24"Die sigarette wat vernietig is, is onwettig ingevoer of vervaardig in stryd met Suid-Afrika se Doeane- en Aksynswetgewing."
COVID-19 in Gauteng “buite beheer” sê premier
2021-06-23"Die omvang en erns van die derde vlaag hang grootliks van die doeltreffendheid van die inentingsveldtog af."
Derde COVID-golf slaan Gauteng hard
2021-06-22"Wynand Boshoff sê sedert die aanvang van Covid-verwante inperkings het die VF Plus hom daarvoor beywer dat die onderwyssektor so gou moontlik heropen moet word. Daarom verwelkom die party die geleentheid wat geskep word om alle skoolverwante personeel wat dit verlang, te laat inent."
’n Bouramp, ’n natuurramp en ... maskerlose inkopies!
2021-06-22"Konstruksiewerkers sterf nadat ’n gebou inmekaar tuimel, hewige weer saai verwoesting, die lyk van die vermiste Belgiese soldaat word opgespoor en grootskaalse Covid-verligting vir België en Nederland."
Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie
2021-06-18"Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek."
Suid-Afrikaanse tienling is glo fopnuus
2021-06-17"Rampedi het Donderdag op Twitter volgehou dat hy ’n betroubare joernalis is wat nooit vir sy lesers sal jok nie."
Menseregtekommissie wik en weeg oor Afrikaans by US
2021-06-16"Die Menseregtekommissie (MRK) het die afgelope week weer uiteenlopende standpunte aangehoor oor die status van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch se kampus."
Drama in Nederlandse politiek en besoedelde grond
2021-06-15"’n Gewilde lid van die Tweede Kamer in Nederland, Pieter Omtzigt, verlaat sy party. Kroonprinses Amalia het haar gimnasium-eindeksamen geslaag, cum laude, en het aangekondig dat sy voorlopig sal afsien van die toelaag van €1,6 miljoen per jaar wat sy vanaf haar 18de verjaardag in Desember sou ontvang. In Zwijndrecht, naby Antwerpen in België, is inwoners verbied om groente uit hul eie tuin te eet. In België en Nederland lyk dit of die ekonomie aan die herstel is."
Besmette J&J-entstowwe nie in Suid-Afrika vrygestel nie
2021-06-15"Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag in ’n verklaring aangedui dat hy nie die Johnson & Johnson-entstowwe wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) in die VSA as ongeskik beskou word, sal vrystel nie."
Eskom dompel Suid-Afrika al hoe dieper in die duister
2021-06-11"Ramaphosa sê die pas van ekonomiese herstel sal kan koers kry slegs indien die regering die krisis spoedig oplos. Hy sê dit is tans die regering se belangrikste prioriteit. Daarom word die 1 megawatt beperking op munisipaliteite en ondernemings om self krag op te wek opgehef om tot 100 megawatt sonder ’n lisensie toe te laat."
Wêreld wonder en gons oor tienling van Suid-Afrika
2021-06-10"’n Vrou van Gauteng wat glo geboorte geskenk het aan 10 babas het Suid-Afrikaners en die res van die wêreld die afgelope week aan die gons gehad toe selfs die regering nie daarin kon slaag om die vrou en haar kroos op te spoor nie."
Suid-Afrikaanse landbou vra buitelandse hulp oor grondonteiening
2021-06-09"Verskeie waarnemers meen die ANC wil die Grondwet-wysiging oor eiendomsreg gebruik om kiesers mee te lok om tydens vanjaar se munisipale verkiesing vir die ANC te stem."
Nuus uit die lae lande: Koronakorrupsie, repatriasie, vliegtuie en klaprose
2021-06-08"In Nederland het die 30-jarige politieke kommentator Sywert van Lienden na wat verneem word nie minder nie as €9 miljoen, sowat R148 miljoen, uit die sogenaamde mondkapjesdeal verdien. Vroue-aktiviste wil graag terugkeer na België. Die hof by Schiphol het Maandag uiteindelik met die hofsaak van vlug MH17 begin. ’n Vrou het aan boord van ’n vlug vanaf Nairobi na Amsterdam geboorte geskenk. Die papawers, of klaprose soos hulle hier bekend staan, is vanjaar ’n lus vir die oog."
Rassisme is nie Suid-Afrika se grootste probleem nie, volgens meningspeiling
2021-06-08In dié Instituut vir Rasseverhoudinge-peiling is mense ook gevra of 'al hierdie praatjies van rassisme en kolonialisme' net politici is wat verskonings probeer soek vir hul mislukkings. Die meeste mense het ja gesê.
Wêreld frons oor "bisarre ontwapening" van boere
2021-06-04"Agri SA sê in hulle verklaring in ʼn land met een van die hoogste moordsyfers in die wêreld is dit ondenkbaar dat gemeenskappe nie toegelaat sal word om hulle reg op selfbeskerming uit te oefen indien die voorgestelde wysiging in die wet goedgekeur word nie."
Solidariteit sê regering mislei publiek oor Kubane
2021-06-03"Die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs Suid-Afrika toe te laat kom om die land se waterinfrastruktuur te help herstel, het tot ’n volskaalse bekgeveg tussen die regering en die vakbond Solidariteit gelei wat waarskynlik in die hof beslis sal word. Volgens minister Lindiwe Sisulu is Solidariteit se kritiek onnodig, uit bitterheid gebore en dui dit op haat teenoor die Kubane."
Duisende Suid-Afrikaners maak beswaar teen sogenaamde ontwapening
2021-06-02"Die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, Werner Weber, sê die jongste plaasaanval in Mpumalanga beklemtoon die noodsaak om ’n vuurwapen te besit vir selfbeskerming asook vir meer effektiewe landelike beveiliging."