In het nieuws

Miljoene blikkies blikkieskos moet vernietig word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-27

"Miljoene eenhede blikkieskos wat die afgelope twee jaar deur een van Suid-Afrika se grootste kosvervaardigers en bemarkers van blikkieskos vervaardig is, word van die mark onttrek en gaan vernietig word."

Aanlyn hoërskool is ’n onderwysmylpaal vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-23

"Die eerste volledige aanlyn hoërskool in Suid-Afrika en een van slegs ’n handvol in die wêreld is die afgelope week in Kaapstad deur die Universiteit Kaapstad (UK) van stapel gestuur. Die universiteit is die eerste in Afrika wat sy kundigheid na die sekondêre-onderrig-sektor uitbrei. Die universiteit het in ’n verklaring gesê die aanlyn hoërskool is ontwerp om Suid-Afrikaanse leerlinge van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese agtergronde te bedien."

Plaaslike verkiesingsdatum in gedrang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-22

"Politieke partye in Suid-Afrika is verdeeld oor ’n aanbeveling van ’n afgetrede regter dat vanjaar se munisipale verkiesing wat in Oktober moet plaasgevind, weens die pandemie uitgestel moet word tot later."

Ekonomiese ramp tref KwaZulu-Natal na plundering

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-21

"Meer as die helfte van alle plattelandse dorpe in KwaZulu-Natal (KZN) stuur op ’n ekonomiese ramp af nadat hulle ekonomie feitlik totaal vernietig is tydens verlede week se onluste toe winkels en besighede voor die voet geplunder en vernietig is."

Moorde en dodelike water

Milton Webber In het nieuws 2021-07-20

"Terwyl Suid-Afrikaners moes toekyk hoe onmeetbare skade deur plunderaars aangerig word, moes Europeërs in Duitsland, België en Nederland toekyk hoe ’n natuurramp verwoesting saai en al hul besittings deur vloedwater meegesleur word."

Plunderaars word vasgevat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-20

"Die polisie het Maandag voortgegaan met ’n uitgebreide veldtog om die gesteelde goedere op te spoor en te konfiskeer. Verskeie hiervan is reeds gevind."

Duisende soldate moet orde herstel na plundertogte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-16

"Duisende soldate sal oor die naweek in die onlusgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi word om die orde te herstel na die afgelope week se plundertogte in die provinsies. Die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Woensdagaand aan lede van die parlement gesê sy het gevra dat 25 000 lede van die weermag in die provinsies ontplooi word."

Gemeenskappe staan saam terwyl plundering voortduur

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-15

"In Khayelitsha, Gugulethu en ander gebiede in Kaapstad het van die inwoners ’n menslike skild by sommige winkelsentrums gevorm teen moontlike plundering met plakkate wat lui: Geen plundering nie. eNCA het ook berig van buurtwagte en ander gemeenskapsforums in die Wes-Kaap wat saamstaan om te verhoed dat die plundering wat in ander dele van die land plaasvind, na hierdie provinsie oorspoel."

Zuma was slegs die vonk in die kruitvat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-14

"Oudpresident Jacob Zuma mag die vonk gewees het, maar die huidige plundery in Suid-Afrika het niks meer met Zuma te doen nie. Dit is eerder ’n ongedissiplineerde bevolking met geen respek vir reëls of eiendom nie teenoor ’n swak-opgeleide en onbekwame polisiemag."

Nederland steeds in skok, Belgiese prinses toon staal

Milton Webber In het nieuws 2021-07-13

"Nederland is steeds geskok ná die gewelddadige aanval op die ondersoekende misdaadjoernalis Pieter R de Vries, die Belgiese pers is Vrydag toegelaat om te sien hoe die 19-jarige kroonprinses Elisabeth met ’n hindernisbaan klaarspeel en TopGear gesels oor polisiekarre."

Suid-Afrika se wynbedryf op die rand van afgrond

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-13

"Die voortgesette verbod sny die bedryf se lewenslyn af sonder enige inagneming van diegene wat hulle werk as gevolg daarvan verloor en armoede in die gesig staar."

Geen gunsies vir Zuma in tronk nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-09

"Van die vrae op mense se lippe is of hy aansoek kan doen vir mediese parool, mag hy besoekers ontvang en sal hy enige voorkeurbehandeling geniet terwyl hy in die tronk is."

Kaapstad spog met grootse inentingsentrum in Afrika teen COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-08

"Die stryd teen COVID-19 in die Wes-Kaap het Woensdag ’n reusehupstoot gekry met die opening van een van die grootste massa-inentingsentrums in Afrika. Duisende mense sal elke dag by die sentrum ingeënt word."

ANC diep bekommerd oor wetteloosheid by Nkandla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-07

"Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het hom sterk uitgespreek teen die afgelope naweek se wetteloosheid by oudpresident Jacob Zuma se woning, Nkandla, in KwaZulu-Natal."

Oor konings, slawe, komponiste, vliegtuie en die klimaat

Milton Webber In het nieuws 2021-07-06

’n Belgiese F-16-vegvliegtuig bots teen ’n gebou, die Nederlandse koning gekritiseer oor hy Duitsland toe vlieg, die komponis Louis Andriessen sterf, klimaatbetogers beset  ’n pensioenfonds en Amsterdam vra om verskoning vir slawerny.

Wetteloosheid vier hoogty by Nkandla te midde van COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-06

"Suid-Afrikaners is ontstoke oor die polisie se versuim om die afgelope naweek op te tree toe duisende mense die Covid-regulasies ten aanskoue van die hele wêreld oortree het."

Zuma se uurglas as vry man loop leeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-02

"Dit is die eerste keer in die land se geskiedenis dat ’n voormalige staatshoof tronk toe gestuur word."

Wynbedryf weer hof toe oor drankverbod

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-01

"Die twee week lange verbod op die verkoop van alkohol wat tans geld, volg op ’n 19-weke-verlies aan inkomste oor die afgelope 16 maande, wat ’n verwoestende uitwerking op die wyn- en toerismesektor gehad het. Meer as 269 000 mense werk in die sektor."

Hoogste hof lewer striemende en verdoemende uitspraak teen Zuma

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-30

"Een van Zuma se getroue ondersteuners, Carl Niehaus, het op Twitter uitgevaar teen die vonnis en gesê dit is totaal onaanvaarbaar. Hy sê dit is Zuma-ondersteuners se revolusionêr-demokratiese reg om hulle verontwaardiging en weerstand teen die vonnis uit te spreek en dat hulle dit onverbloemd sal doen."

Opposisie blameer regering vir nuwe inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-29

"Opposisiepartye hou die regering verantwoordelik vir die strenger inperkingsmaatreëls wat Sondagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is."

Verified by MonsterInsights
Top