In het nieuws
Hof gee openbare beskermer nóg ’n hou op die ken
2019-07-30"Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moes Maandag nog ’n hou op die ken vat toe die Hooggeregshof in Pretoria in een van talle hofsake ook teen haar beslis het."
AA sê Gauteng se e-tol sal nooit werk nie en moet waai
2019-07-26"Om motoriste sover te kry om tolgeld te betaal, vir die omstrede e-tolstelsel op die N1-snelweg in Gauteng, is so goed soos om ’n dooie perd op te saal. Skrap dit liewer. Dit is die boodskap van die Outomobiel-Assosisasie (AA) aan die ministeriële taakspan wat voor die einde van volgende maand ’n oplossing moet kry vir die e-tol-probleem wat nou al jare lank sloer."
Zondo hoor van moord en doodsdreigemente
2019-07-25"Skrikwekkende getuienis van doodsdreigemente en selfs moord is Woensdag voor die Zondo-kommissie gelewer toe ’n boer van Vrede sy getuienis voor die kommissie voortgesit het."
NG-dominee wat saam met Moslems bid vrygespreek van dwaalleer
2019-07-24"’n NG-dominee wat deur ’n medekollega in sy kerk van dwaalleer aangekla is omdat hy ’n gebedsbyeenkoms saam met Moslems bygewoon het, is deur sy kerk se ring vrygespreek van dwaalleer."
Openbare beskermer se loopbaan in weegskaal na onbeholpe uitsprake
2019-07-23"Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se loopbaan hang al hoe meer aan ’n draadjie nadat sy Maandag die soveelste bloutjie in die hof geloop het oor die wyse waarop sy haar pligte uitvoer."
ANC-veteraan sê Zuma lieg en verraai die ANC
2019-07-18"Selfs nou wanneer Zuma ten aanskoue van die hele land voor die Zondo-kommissie getuig, het mense nie die moed om op te staan en Madiba, Tambo, Nhlanhla, Slovo, Nyanda, Chris Hani..... en vele ander te verdedig...en te sê ‘hou op met die leuens en verraad ... NIE IN ONS NAAM nie’." – Patric Tariq Mellet. Jean Oosthuizen vertel meer.
Vandale saai verwoesting in Wes-Kaap se skole
2019-07-17"Selfs skole met veiligheidswagte word geplunder. Die wagte is self die teiken van die vandale en 24 van die 42 skole wat die afgelope vakansie deurgeloop het, het spesiale sekuriteit vir die vakansie gehad."
Zuma speel slagoffer maar stotter oor vrae
2019-07-16"Die eerste dag van oud-president Jacob Zuma se getuienis voor die Zondo-kommissie het afgeskop met ’n slagoffermentaliteit deur die voormalige president."
Los uit die grondwet, sê Motlanthe
2019-07-12"Motlanthe sê dit is belangrik om eienaarskap van eiendom te verseker om ekonomiese groei te bewerkstellig. Dit is nie nodig om die grondwet te wysig om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak nie."
Minister sluk winde oor tolgeld
2019-07-11"Die minister van finansies, Tito Mboweni, wat daarop aandring dat alle padgebruikers tolgeld moet betaal en uitgevaar het teen die wanbetalers, betaal na bewering self nie ’n sent tolgeld nie vanweë sy ministeriële voordele."
Vonke spat oor TV-aanbieder se homofobiese uitlatings
2019-07-10"Die TV-aanbieder Zodwa Wabantu wat bekend is vir haar vrye sê op haar TV-program in die realiteitsprogram Zodwa Wabantu: Uncensored op DStv se kanaal 157, is in die pekel oor haar homofobiese uitlatings tydens een van haar programme."
Zindzi Mandela aangekla van haatspraak
2019-07-09"Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela, is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommmissie (SAMRK) van haatspraak aangekla oor haar omstrede twiets oor wit mense."
Nederlandse vrouwen verliezen met 2-0 van voetbalmachine Amerika
2019-07-08"Amerika en voetbal hebben niet zo veel met elkaar, want Amerika is het land van baseball en American Football, zeg maar een soort rugby. Maar wanneer het om vrouwenvoetbal gaat is Amerika oppermachtig. Gisteren, zondag 7 juli wonnen de Amerikaanse voetbalvrouwen met 2-0 van de Nederlandse leeuwinnen tijdens de finale van het wereldkampioenschap voetbal in Lyon, Frankrijk."
Motie over Zuid-Afrika verdeelt Nederland weer ouderwets in links en rechts
2019-07-05"Een motie over de afwijzing van onteigening van landbouwgrond zonder compensatie in Zuid-Afrika is gisteravond, donderdag 4 juli, door een ruime meerderheid in het Nederlandse parlement aangenomen."
EFF en DA se gedwonge huwelik op die rotse
2019-07-04"Die wittebrood tussen die EFF en die DA is verby nadat hulle gedwonge huwelik op die rotse beland het in die munisipaliteite wat hulle as koalisievennote regeer het."
Dwelms, drank en boelies volop in SA skole
2019-07-03"Suid-Afrika se skole is van die gevaarlikste ter wêreld, met meer boelies, dwelms, drank en vandalisme as die meeste ander skole ter wêreld. ’n Internasionale ondersoek toon dat boeliegedrag, vandalisme en dwelmmisbruik aansienlik hoër is in Suid-Afrika as in ander lidlande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling."
Kaggelvuur en pannekoekweer is hier
2019-07-02"Die winter het sy tande reeds die naweek behoorlik gewys en die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê daar is nog koue fronte op pad en sneeu word oor die hoogliggende dele van die land verwag."
Kaartdiewe steel Suid-Afrikaners bankrot
2019-06-28"Suid-Afrikaners word rot en kaal besteel deur slinkse diewe wat elke jaar miljoene rand van mense se swaarverdiende geld steel deur middel van kaartbedrog. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het misdadigers verlede jaar hulle sakke met meer as R870 miljoen se gesteelde geld volgeprop wat deur middel van kaartbedrog gesteel is."
Munisipaliteite stuur af op ’n ramp
2019-06-27"Die meeste van die land se munisipaliteite verkeer in ’n haglike finansiële toestand en die situasie is besig om verder te versleg, wat die land duur te staan gaan kom."
Zuma het sy mes in vir regter Zondo
2019-06-26"Die ironie van Zuma se verskyning voor die kommissie is dat hy self die kommissie aangestel het. Noudat hy self voor die kommissie moet verskyn, beskuldig hy die kommissie van partydigheid en dat hulle hom in ’n hinderlaag wil lei."