In het nieuws

Binnegevegte en verwarring oor NG Kerk se besluit rondom gay’s neem toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-25

"Die NG Kerk se besluit oor selfdegeslagverhoudings tydens die kerk se afgelope sinode is een van verwarring en onenigheid."

Die duiwel is los oor "sataniese" kuns

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-24

"Die duiwel is behoorlik los soos wat Suid-Afrikaners mekaar in die hare vlieg oor ’n omstrede kunsuitstalling van ’n matriekleerling by die Curro-skool Grantleigh in Richardsbaai. Die skool het ná ’n hewige mediaherrie besluit om die omstrede uitstalling te onttrek nadat een van die ouers gekla het dit is satanies en laat die deur oop vir demoniese magte. In die video wat wyd op die internet gedeel is, vaar ’n ontstoke pa emosioneel uit teen die uitstalling."

Kaapstad jou sexy ding!

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-23

"Kaapstad staan kop en skouers bo die meeste ander stede uit wanneer dit kom by intieme avontuurtjies en romantiese bederfies."

DA se krake word groter na Zille se verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-22

"Die bedanking van Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, uit die DA pas nadat Helen Zille die naweek verkies is tot voorsitter van die party se federale raad, het die verdeeldheid in die DA verder op die spits gedryf."

Woede en frustrasie na beurtkrag matriekeksamen ontwrig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-18

"Suid-Afrikaners is woedend omdat die kragvoorsiener Eskom die land sonder waarskuwing in die duister gelaat het te midde van duisende matrikulante wat dié week met hulle eindeksamens begin het."

Akademie kap minister oor stereotipering van Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-17

"Die SA Akademie sê in ’n verklaring hulle betreur die minister se uitlatings oor die Afrikaanse taalgemeenskap."

Rebellie broei in NG Kerk oor besluit rondom gay’s

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-16

"Sestien dominees van die NG Kerk in Namibië sê die NG Kerk se jongste besluit oor homoseksualiteit was nie geneem onder leiding van die Heilige Gees nie maar deur die 'heersende sekulêre humanistiese tydgees'."

Etzebeth veg terug teen rassisme-klag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-15

"Die rassisme-saak teen die Springbokslot Eben Etzebeth is besig om ’n al hoe groter morsigheid te word met oor en weer beskuldigings wat heen en weer vlieg en daagliks toeneem. Terwyl die SA Menseregtekommissie (SAMRK) reeds uit verskeie oorde onder skoot gekom het oor hulle hantering van die saak, het Etzebeth nou self tot die geveg toegetree en besluit om die SAMRK voor die hof te daag."

Geen gelyke kans vir Afrikaans

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-11

"Afrikaans as onderrigtaal het ’n verdere knou gekry toe die hoogste hof in die land die drukgroep Gelyke Kanse se aansoek van die hand gewys het dat die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 ter syde gestel word."

Solidariteit sê k-woord word valslik misbruik

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-10

"Die vakbond Solidariteit het ’n veldtog geloods teen beweerde vals klagtes van rassisme in die Suid-Afrikaanse Polisiediens."

Menseregtekommissie se onpartydigheid onder verdenking

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-09

"Die SA Menseregtekommissie (SAMRK) gooi nou ernstig wal teen beskuldigings dat hulle besig is met ’n heksejag teen witmense."

NG Kerk twis alweer oor gays

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-08

"Die twis in die NG Kerk oor gays word dié week vir die soveelste maal voortgesit tydens die algemene sinode wat in Benoni plaasvind. Vanjaar se agenda loop oor met aanhangsels vol besware oor selfdegeslagverhoudings, byna dikker as die Bybel self."

Springbokslot Etzebeth draf uit met swaard oor sy kop

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-04

"Ondanks die swaard van vervolging wat oor sy kop hang, is Etzebeth steeds ingesluit in die beginspan wat vandag (Vrydag) in Japan in ’n Wêreldbekerwedstryd teen Italië uitdraf." 

Nederlandse boeren zijn boos

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-10-02

"De massale optocht van tractoren die het verkeer in Nederland urenlang lam legde, heeft beslist indruk gemaakt en heeft gezorgd voor heel wat media-aandacht. De pijn van de boeren was voor even het gesprek van de dag." #BoerenProtest

Amy’Leigh se beweerde ontvoerders gaan onskuldig pleit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-02

"Drie van die vier verdagtes wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Amy’Leigh de Jager ontvoer het, sal tot volgende Vrydag agter tralies moet bly voordat hulle sal weet of hulle op borg vrygelaat sal word. Al drie die beskuldigdes wat aansoek doen vir borg, ontken die aanklagte teen hulle en het aangedui dat hulle onskuldig gaan pleit."

Polisieminister by korrupsie betrek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-10-01

"Die minister van polisie, generaal Bheki Cele, is na bewering omgekoop om korrupte lede van die polisie se intelligensie-eenheid te beskerm. Dié ernstige aantyging is Maandag voor die Zondo-kommissie gelewer toe kolonel Dhanajaya Naidoo sy getuienis vanuit ’n geheime plek voor die kommissie voorgesit het."

Kerk besluit mans is nie meer vroue se baas nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-26

"Die Hervormde Kerk het met ’n groot meerderheid op sy algemene kerkvergadering in Pretoria besluit om die kerk se huweliksformulier so te wysig dat vroue nie meer as die man se mindere beskou word nie."

Stakers wil Suid-Afrikaanse banke Vrydag tot stilstand dwing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-25

"Suid-Afrikaners word aangeraai om hulle banksake dié week voor Vrydag af te handel met die oog op die bankwerkersvakbond Sasbo (South African Society of Bank Officials) se beoogde staking. Die vakbond dreig om die land se bankwese Vrydag tot stilstand te dwing."

Suid-Afrikaners vlieg mekaar in die hare oor lyfstraf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-20

"Suid-Afrikaners is diep verdeeld oor die Konstitusionele Hof se uitspraak dat dit ongrondwetlik is om ’n kind ’n pak slae te gee. Die hof het Woensdag ’n 2017-uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg gehandhaaf dat dit kinders se regte skend. Die voor- en teenstaanders vir lyfstraf het mekaar ná die uitspraak behoorlik geroskam op sosiale media."

Moord op advocaat raakt aan de fundamenten van de Nederlandse rechtsstaat

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-09-19

"De moord op een van de advocaten van Nabil B., kroongetuige in een megaproces over liquidaties in de Amsterdamse onderwereld, heeft geschokte reacties losgemaakt. Woensdag 18 september om half acht ’s ochtends werd in Buitenveldert, een buitenwijk van Amsterdam, in het bijzijn van zijn vrouw de 44-jarige strafrechtadvocaat Derk Wiersum met enkele schoten om het leven gebracht."

Verified by MonsterInsights
Top