In het nieuws
Amsterdam Museum schrapt de naam "Gouden Eeuw"
2019-09-13"Het Amsterdam Museum wil het in de toekomst niet meer hebben over 'de Gouden Eeuw'. Het museum moet meerstemmig en inclusief worden, 'en daarmee welkom en relevant voor nog veel meer mensen dan we nu bereiken'."
P-woord gons op Twitter oor Malema #p@*$ genoem word
2019-09-12"Suid-Afrikaanse Twitter-gebruikers was Dinsdag uit die veld geslaan toe die p-woord uit die bloute die gewildste hutsmerk op Twitter was. Dit het behoorlik gegons onder Suid-Afrikaners oor die gebruik van dié woord wat in Nederlands geen wenkbrou sou laat lig nie. Die hutsmerk #p..s het op Suid-Afrikaanse Twitter 'getrend' nadat ’n senior joernalis van Eye Witness News (EWN), Barry Bateman, die EFF-leier, Julius Malema, glo ’n p@*$ genoem het."
Caster Semenya wend haar tot sokker ná atletiekklappe
2019-09-11"Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atletiekkampioen Caster Semenya se besluit om haar na die sokkerveld te wend beteken nie noodwendig sy is verlore vir atletiek nie. Die tweemalige Olimpiese kampioen gaan egter volgende jaar haar atletiekskoene vir ’n sokkerbal verruil. Semenya het verlede week ’n kontrak met die plaaslike JVW-sokkerklub onderteken."
Regering hou hoëvlakgesprekke oor xenofobie
2019-09-10"Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag beloof dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die vlaag xenofobie wat die afgelope weke oor die land spoel, hok te slaan. Die minister het in Pretoria met ambassadeurs en hoëkommissarisse van Afrikalande vergader oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Dele van Gauteng het onder aanvalle deurgeloop toe besighede, hoofsaaklik van buitelanders, geplunder en aan die brand gesteek is. Dié aanvalle het gelei tot vergeldingsaanvalle op Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland."
SA-ambassadeur in Nederland herroep na hy land in oneer bring
2019-09-06"Die staatsamptenaar, Bruce Koloane, wat die omstrede Guptas in 2013 gehelp het om toestemming te verkry om met hulle privaatvliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis te land en daarna met ’n ambassadeurskap in Nederland beloon is, se diplomatieke loopbaan is kortgeknip."
Opstand teen geweld op vroue en kinders
2019-09-05"In Kaapstad het duisende betogers by die parlement byeengekom en na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) beweeg waar die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) besig was om te vergader. Die betogers het hulle woede uitgespreek teenoor die voortslepende geweld wat teen vroue en kinders gepleeg word. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) sê die geweld teen vroue en kinders wat die land die afgelope weke weer geruk het, moet tot ’n einde kom. Die SAMRK het onder andere verwys na die ontvoering van die sesjarige Amy-Lee de Jager in Vanderbijlpark op 2 September voor haal skool, en die wrede moord op die 19-jarige student, Uyinene Mrwetyana."
Streng optrede geëis oor anargie in die land
2019-09-04"Suid-Afrikaners is keelvol vir die vlaag van geweld en anargie wat die afgelope twee weke oor die land spoel. Politieke partye en burgerlike organisasies het ’n dringende beroep op die regering gedoen om wet en orde te herstel."
Hoogleraren betogen tegen "afbraakbeleid" regering
2019-09-03"Terwijl maandag in de Pieterskerk in Leiden de officiële opening van het academische jaar plaatsvond in aanwezigheid van Onderwijsminister Ingrid van Engelshoven, kwamen op het plein om de hoek academici uit het hele land bijeen voor 'de Ware Opening', een demonstratie tegen het beleid van diezelfde minister. Dat laatste heeft betrekking op een besluit dat de minister vlak voor het zomerreces nog even nam, om meer geld vrij te maken voor de vier technische universiteiten in Nederland, ten koste van brede universiteiten."
Met herdenking Slag om de Schelde is viering 75 jaar vrijheid begonnen
2019-09-02"Met een indrukwekkend evenement in het Zeeuwse Terneuzen is zaterdag de Slag om de Schelde herdacht. Deze bijeenkomst, waarbij onder meer koning Willem-Alexander en koningin Máxima en de Belgische koning Filip en koningin Mathilde aanwezig waren, vormde tevens het startsein voor het jubileumjaar 75 jaar vrijheid. Tot oktober 2020 wordt met een reeks evenementen het einde van de Tweede Wereldoorlog gevierd."
Aborsiedebat vlam weer op na klag teen dokter
2019-08-30"’n Saak waarin ’n mediese dokter van onetiese gedrag aangekla word omdat hy ’n vrou afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan, het die aborsiedebat in die land opnuut laat opvlam." #Aborsiedebat
Pretoria brand na taxi’s oorlog verklaar teen dwelmsmouse
2019-08-29"Pretoria se middestad is Woensdag in chaos gedompel toe taxibestuurders oorlog teen vermeende buitelandse dwelmsmouse verklaar het. Woedende taxibestuurders het strate wat as toegangsroetes na die middestad lei, blokkeer en winkels is geplunder en aan die brand gesteek. Toegangsroetes na die stad is vroegoggend afgesper en busdienste moes opgeskort word weens die betoging."
Raaisel oor Watson se ongeluk verdiep
2019-08-28"Bespiegelings op sosiale media dat die Bosasa-baas Gavin Watson sy eie dood versin het en dat dit nie regtig hy is wat Maandag verongeluk het nie, is die nek ingeslaan nadat foto’s van sy verminkte lyk deur die media onder oë gekry is."
Talle vrae oor Watson se dood
2019-08-27"Die dood van die voormalige Bosasa se grootbaas Gavin Watson Maandag in ’n motorongeluk naby die OR Tambo-lughawe het die hele land aan die gons."
Vermeende pedofiel sterft tijdens schermutseling met boze burgers
2019-08-26"Een incident met enkel verliezers. Nu het stof is neergedaald, blijven er nog vele vragen over. Wat is er precies gebeurd? En hoe kon het zo uit de hand lopen? Zaterdagmiddag kreeg de politie in Assen een melding van een incident in een speeltuin. Daar zou een man zich 'ongepast hebben gedragen'."
Aantal daklozen sinds 2009 meer dan verdubbeld
2019-08-23"Nederland staat in de top 10 van meest welvarende landen ter wereld. Toch is in Nederland het aantal daklozen de afgelopen tien jaar meer dan verdubbeld. Dat blijkt uit nieuw onderzoek van het Centraal Bureau voor de Statistiek (CBS)."
Max du Preez en Helen Zille pak mekaar oor ’n koppie tee vir twee
2019-08-22"Die veteraanjoernalis Max du Preez en die ewe gesoute politikus Helen Zille pak mekaar volgende maand kaalvuis in ’n openbare debat nadat hulle mekaar op Twitter in die hare gevlieg het."
Krugersdorp-moordenaars vervul regter met afgryse
2019-08-20"Die Krugersdorp-moordenaars wie se dade die land die afgelope maande met afgryse vervul het, sal waarskynlik nooit weer die buitekant van die tronk sien nie. Hulle is Maandag saam 28 keer lewenslange tronkstraf opgelê in die Hooggeregshof in Johannesburg."
Bij de dood van Christina, "de onbekende prinses"
2019-08-19"Afgelopen vrijdag is in Den Haag prinses Christina overleden, de jongste dochter van oud-koningin Juliana en prins Bernhard en een tante van koning Willem-Alexander. Ze is 72 jaar geworden."
Bosasa was soos ’n sekte, onthul nuwe boek
2019-08-16"Met ’n Bybel onder die arm en Christelike waardes as riglyn, het Bosasa die land se geldkoffers vermoedelik so geplunder dat dit die Guptas na Sondagskoolkinders laat lyk. Dit is die prentjie wat vorendag kom in ’n boek wat pas deur LAPA Uitgewers gepubliseer is."
Chaos toe polisie losbrand op "vreedsame" betogers
2019-08-15"Geweld het op 14 Augustus in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo uitgebreek toe die polisie met rubberkoeëls en traanrook op betogers losgebrand het."