In het nieuws

ANC-kaders veg soos kat en hond in en om die howe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-14

"Die binnegevegte wat reeds maande lank in die ANC broei, word al hoe meer in en om die howe op die spits gedryf en die lang messe word behoorlik geslyp om mekaar keelaf te sny. Oudkamerade dagvaar mekaar die een na die ander voor die hof. President Ramaphosa veg self vir sy politieke oorlewing in ’n stryd waar daar uiteindelik net een wenner kan wees."

Kaap juig oor voller damme maar inwoners moet steeds spaar

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-07

"Kapenaars is in die wolke oor die milde reën wat die afgelope seisoen oor die droogtegeteisterde provinsie neergesak het. Dit beteken egter nie die sluise van die hemel het al die provinsie se waterprobleme weggespoel nie."

SAUK was ’n nes van teistering en magsug

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-06

"Werknemers van die SAUK is deur magsbehepde base geterroriseer en die openbare uitsaaier is lamgelê deur werknemers se vrees, frustrasie, pyn en hulpeloosheid. Dit is enkele van die bevindings wat Maandag bekendgemaak is in die ondersoek na bewerings van redaksionele inmenging by die SAUK. Dit volg nadat die SAUK in Mei 2018 ’n kommissie aangestel het om verskeie bewerings van politieke en redaksionele inmenging in sy nuuskantore te ondersoek."

Kaapstad gooi naam weg met misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-02

"Kaapstad het weereens die bedenklike eer te beurt geval om aangewys te word as die gevaarlikste stad in Afrika en een van die gevaarlikste stede ter wêreld. Dit blyk uit die jongste verslag van die Mexikaanse burgerraad vir openbare veiligheid en strafreg. Volgens die verslag is Kaapstad die 11de gevaarlikste stad ter wêreld en die gevaarlikste stad in die land."

Omstreden "boerkaverbod" vanaf vandaag van kracht

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-08-01

"Per 1 augustus is het in Nederland verboden gezichtsbedekkende kleding te dragen. Maar hoe moet dit verbod in de praktijk gehandhaafd worden?"

Werkloosheid skiet die hoogte in

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-31

"Werkloosheid in Suid-Afrika het ’n nuwe rekordhoogte bereik en sowat tienmiljoen Suid-Afrikaners sit sonder werk. Dit is die hoogste werkloosheidsyfer in die land se geskiedenis. Die kommerwekkende toedrag van sake is deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak in hulle jongste kwartaallikse indiensnemingspeiling."

Hof gee openbare beskermer nóg ’n hou op die ken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-30

"Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moes Maandag nog ’n hou op die ken vat toe die Hooggeregshof in Pretoria in een van talle hofsake ook teen haar beslis het."

AA sê Gauteng se e-tol sal nooit werk nie en moet waai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-26

"Om motoriste sover te kry om tolgeld te betaal, vir die omstrede e-tolstelsel op die N1-snelweg in Gauteng, is so goed soos om ’n dooie perd op te saal. Skrap dit liewer. Dit is die boodskap van die Outomobiel-Assosisasie (AA) aan die ministeriële taakspan wat voor die einde van volgende maand ’n oplossing moet kry vir die e-tol-probleem wat nou al jare lank sloer."

Zondo hoor van moord en doodsdreigemente

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-25

"Skrikwekkende getuienis van doodsdreigemente en selfs moord is Woensdag voor die Zondo-kommissie gelewer toe ’n boer van Vrede sy getuienis voor die kommissie voortgesit het."

NG-dominee wat saam met Moslems bid vrygespreek van dwaalleer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-24

"’n NG-dominee wat deur ’n medekollega in sy kerk van dwaalleer aangekla is omdat hy ’n gebedsbyeenkoms saam met Moslems bygewoon het, is deur sy kerk se ring vrygespreek van dwaalleer."

Openbare beskermer se loopbaan in weegskaal na onbeholpe uitsprake

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-23

"Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se loopbaan hang al hoe meer aan ’n draadjie nadat sy Maandag die soveelste bloutjie in die hof geloop het oor die wyse waarop sy haar pligte uitvoer." 

ANC-veteraan sê Zuma lieg en verraai die ANC

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-18

"Selfs nou wanneer Zuma ten aanskoue van die hele land voor die Zondo-kommissie getuig, het mense nie die moed om op te staan en Madiba, Tambo, Nhlanhla, Slovo, Nyanda, Chris Hani..... en vele ander te verdedig...en te sê ‘hou op met die leuens en verraad ... NIE IN ONS NAAM nie’." – Patric Tariq Mellet. Jean Oosthuizen vertel meer.

Vandale saai verwoesting in Wes-Kaap se skole

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-17

"Selfs skole met veiligheidswagte word geplunder. Die wagte is self die teiken van die vandale en 24 van die 42 skole wat die afgelope vakansie deurgeloop het, het spesiale sekuriteit vir die vakansie gehad."

Zuma speel slagoffer maar stotter oor vrae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-16

"Die eerste dag van oud-president Jacob Zuma se getuienis voor die Zondo-kommissie het afgeskop met ’n slagoffermentaliteit deur die voormalige president."

Los uit die grondwet, sê Motlanthe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-12

"Motlanthe sê dit is belangrik om eienaarskap van eiendom te verseker om ekonomiese groei te bewerkstellig. Dit is nie nodig om die grondwet te wysig om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak nie."

Minister sluk winde oor tolgeld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-11

"Die minister van finansies, Tito Mboweni, wat daarop aandring dat alle padgebruikers tolgeld moet betaal en uitgevaar het teen die wanbetalers, betaal na bewering self nie ’n sent tolgeld nie vanweë sy ministeriële voordele."

Vonke spat oor TV-aanbieder se homofobiese uitlatings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-10

"Die TV-aanbieder Zodwa Wabantu wat bekend is vir haar vrye sê op haar TV-program in die realiteitsprogram Zodwa Wabantu: Uncensored op DStv se kanaal 157, is in die pekel oor haar homofobiese uitlatings tydens een van haar programme."

Zindzi Mandela aangekla van haatspraak

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-07-09

"Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela, is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommmissie (SAMRK) van haatspraak aangekla oor haar omstrede twiets oor wit mense."

Nederlandse vrouwen verliezen met 2-0 van voetbalmachine Amerika

Guido van den Berg In het nieuws 2019-07-08

"Amerika en voetbal hebben niet zo veel met elkaar, want Amerika is het land van baseball en American Football, zeg maar een soort rugby. Maar wanneer het om vrouwenvoetbal gaat is Amerika oppermachtig. Gisteren, zondag 7 juli wonnen de Amerikaanse voetbalvrouwen met 2-0 van de Nederlandse leeuwinnen tijdens de finale van het wereldkampioenschap voetbal in Lyon, Frankrijk."

Motie over Zuid-Afrika verdeelt Nederland weer ouderwets in links en rechts

Guido van den Berg In het nieuws 2019-07-05

"Een motie over de afwijzing van onteigening van landbouwgrond zonder compensatie in Zuid-Afrika is gisteravond, donderdag 4 juli, door een ruime meerderheid in het Nederlandse parlement aangenomen."

Verified by MonsterInsights
Top