Actueel

Suid-Afrika spartel om sy vlag te laat wapper by wêreldbekertoernooie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-11

"Die DA het ’n ope brief aan die Wêreld Anti-Dwelmagentskap (WADA) gerig om te probeer keer dat die Suid-Afrikaanse vlag nie later vandeesmaand by die rugby- en krieket-wêreldbekertoernooie vertoon mag word nie. Dit volg nadat die regering versuim het om die sperdatum te haal vir die wysiging van die verouderde Wet op Dwelmvrye Sport om aan die jongste wêreldwye anti-dwelmkode (WADA) te voldoen."

Afstigting van die Wes-Kaap is onrealistiese "kleuterskoolmentaliteit"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-10

Dit is onwerkbaar en onprakties om te dink die Wes-Kaap kan afstig van die res van Suid-Afrika. Dit was die konsensus tydens ’n paneelbespreking by die Toyota US Woordfees wat die week in Stellenbosch plaasvind.

Verken die taal-en-tegnologie-moontlikhede in Afrikaans: ’n onderhoud met Marlie Coetzee van VivA

Cliffordene Norton, Marlie Coetzee Interviews 2023-10-06

"Ons droom vir die toekoms is om studente te kry wat sê: 'Ek sien kans om tegnologie, sagtewareontwikkeling, webbladontwerp, grafiese kuns, grafiese uitleg, webbladontwikkeling, kommunikasie of joernalistiek te gaan swot.' Ons wil graag hê daar moet ’n volgende groot skrywer of taalkundige wees wat vir ons nuwe insigte tot Afrikaanse taalkunde gaan gee," sê Marlie Coetzee, die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

Advertensiereguleerder wil niks weet van f*k*l

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-06

"’n Maatskappy wat gepantserde voertuie adverteer, sê die bedoeling was nie om aanstoot te gee toe hulle ’n advertensiebord met ’n vulgêre woord op die N3-snelweg in die ooste van Johannesburg in die rigting van die van OR Tambo-lughawe aangebring het nie."

Vuisvoos verbruikers gaan klippe kou weens duurder brandstof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-05

"Die vakbond Cosatu sê die massiewe styging in die brandstofprys is nog ’n groot slag vir die reeds sukkelende werkersklas. Cosatu sê werkers en armes kan nie meer die ekonomiese druk verduur nie."

Cele skuld Suid-Afrika ’n verskoning na woede uitbarsting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-04

"Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het bevind dat Cele tydens hierdie uitbarsting item 10.1.1.3 saamgelees met 4.1.5 van die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Lede oortree het. Die Nasionale Vergadering het aanbeveel dat Cele vir Cameron verskoning moet vra."

VBS-plunderaars uiteindelik in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-10-03

"Byna R3 miljard van meestal arm mense uit die landelike gebiede, veral rondom die bank se hoofkwartier in Thohoyandou, Limpopo, is geplunder. Sowat 14 munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng het miljarde rand verloor."

Ontdek Rwanda: MBA-student Jason Beukes se reis van eerste indrukke

Cliffordene Norton, Jason Beukes Interviews 2023-10-02

"Reeds na die eerste dag het ek besef hoeveel merkwaardige potensiaal daar binne die akademiese gemeenskap skuil. Die besprekings en insigte wat hier gedeel was, het getoon dat ons, as Afrika-universiteite, die kennis, kundigheid en vaardighede het wat nodig is om betekenisvol by te dra tot die dialoog rondom Afrika se uitdagings en geleenthede wat universeel opgesluit lê. Ek het opnuut besef dat ons gesamentlik kan bydra om beleid te vorm, innovasie aan te dryf en verandering te beïnvloed op ’n skaal wat die vasteland kan transformeer. Die belangrikheid van strategiese vennootskappe kan natuurlik nie oorbeklemtoon word nie."

Misdaadbekamping in Suid-Afrika boer verder agteruit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-29

"Cele het gesê akademici, lede van die media en sekere magte binne die polisie het ’n agenda om die polisie se werk wat die misdaadintelligensie-eenheid moet versterk, ongedaan te maak."

Omstrede Bela-wet oor onderwys nog ’n stap nader

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-28

"Die omstrede wysigingswetsontwerp op onderwyswette wat die afgelope week deur die  parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys aanvaar is, sal waarskynlik in die hof gaan draai as die parlement dit goedkeur."

Suid-Afrika se godsdiens-, taal- en kultuurregte kry ’n rapport

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-27

"Die doel van hierdie studie, in die vorm van ’n telkaart, sal wees om te bepaal tot watter mate die land daarin slaag om die regte van sy kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe in ooreenstemming met die Grondwet te verseker en te bevorder."

Stormramp tref die Stormkaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-26

"Rampbestuursbeamptes moes Sondag deur die nag werk terwyl verskeie berigte ontvang is van paaie wat oorstroom is, huise wat beskadig is, bome ontwortel is en kragonderbrekings voorgekom het."

COVID-19-oortreders binnekort weer misdaadvry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-22

"Die Wysigingswetsontwerp op Geregtelike Aangeleenthede wat hierdie week in die Nasionale Vergadering aanvaar is, is ’n noodsaaklike stap in die proses om persone se kriminele rekords wat tydens die Covid-ramptoestand opgelê is, te skrap."

Suid-Afrika se parlement is ’n sprokie wat ’n nagmerrie geword het

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-21

"Dit is ’n nagmerrie waarin die parlement ’n instelling geword het wat nie bloot fisies afgebrand het nie; Outa sê parlementariërs se verbintenis tot demokratiese waardes en die Grondwet het ook uitgebrand."

Buthelezi en die bloed van swart geweld

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2023-09-21

"Die beloofde beter lewe vir Suid-Afrikaners is eweneens ’n 'onafgehandelde transaksie'. Die onus rus op Buthelezi se party en ander opposisiepartye om dit reg te stel deur die ANC se wanbestuur tot ’n einde te bring – en dit sal Buthelezi se politieke beeld, geregverdig, laat blink."

Duisende onopgeëiste lyke lê die land vol

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-20

"Die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sê daar is meer as 4 000 onopgeëiste lyke regoor die land. Sowat 1 500 lyke is nog onopgeëis in die KwaZulu-Natalse staatslykhuise, terwyl daar in Gauteng meer as 1 000 sulke lyke is."

Menseregtekommissie ingeroep oor wanbetaling van maatskaplike toelaes

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-19

"Dit is reeds die middel van September en sommige begunstigdes kan steeds nie toegang tot hulle fondse kry nie."

Op weg naar een beter leven: migratiestromen in Zuid-Afrika

Herman Meulemans Meningen 2023-09-15

"Grenzen, muren, prikkeldraad, eilanden waarop vluchtelingen gevangen worden gezet, schepen die onderdak geven aan asielzoekers, telkens met binnen en buiten, insiders en outsiders: zijn het niet de gedrochten van deze tijd?"

Afgedankte openbare beskermer wil nie besgee nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-15

"Mkhwebane het op sosiale media uitgevaar teen haar afdanking nadat sy amptelik deur president Cyril Ramaphosa per brief ingelig is dat sy formeel van haar pos onthef is."

Bela-wetsontwerp: Die stryd duur voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2023-09-14

"In Mei vanjaar is dit tydens ’n vergadering van ’n gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur van die parlement onthul dat die gemiddelde koste van openbare verhore R300 000 per openbare verhoor per distrik is – ’n allemintige R900 000 per provinsie."

Verified by MonsterInsights
Top