Actueel
AfriForum het lof vir Lesufi se misdaadplan
2023-05-02"Lesufi het hom verlede jaar tydens sy eerste provinsiale rede daartoe verbind om misdaad, wetteloosheid en vandalisme in Gauteng te bekamp. Hy het gesê dit is ’n top prioriteit vir die provinsiale regering."
André de Ruyter se getuienis skep meer vrae as antwoorde
2023-04-28"Vyftien maande, en ongeveer R50 miljoen later, het die ondersoek volgens News24 se berig niks anders as blote vermoedens en twyfelagtige inligting opgelewer nie."
Suid-Afrika slaan bollemakiesie oor die Internasionale Strafhof
2023-04-27"President Cyril Ramaphosa en die ANC se dubbelpratery oor Suid-Afrika se deelname aan die Internasionale Strafhof (IS) het die afgelope week groot verwarring gesaai oor die land se posisie ten opsigte van die hof."
Iets goeds om op Vryheidsdag te vier?
2023-04-26"Terwyl Mandela met reëlmaat aangehaal word, is daar een spesifieke aanhaling van Hani wat darem ook ’n permanente staanplek ingeneem het in die galery van gróót uitsprake of toesprake: 'What I fear is that the liberators emerge as elitists who drive around in Mercedes Benz’s and use the resources of this country to live in palaces and to gather riches.'"
Nog ’n metroburgemeester se kop rol
2023-04-26"Die tempo waarteen burgemeesters in die land se metro’s stoele verwissel duur steeds voort. Die jongste van ’n reeks burgemeesters om wie se nek die goue ketting van korte duur gehang het, is Johannesburg se Thapelo Amad."
ANC en DA skud albei vere reg vir koalisieregerings
2023-04-25"Volgens politieke waarnemers en meningspeilings is die kanse groot dat die ANC aanstaande jaar minder as 50 persent van die stemme op nasionale vlak op hom sal verenig."
Suid-Afrika se gesondheidsorg is aan skerwe
2023-04-21"Die land se openbaregesondheidsektor bevind hom in ’n gesondheidsgemors. Dokters sukkel om die pasiëntelading te hanteer, het min ondersteuning en rugsteuning, en daar word van hulle verwag om ure buite die normale te werk."
Nuwe verkiesingswet kry die wind van voor
2023-04-20"Die nuwe verkiesingswysigingswet wat onafhanklike kandidate toelaat om vir verkiesing in die parlement en provinsiale wetgewers te staan, kry al hoe mee die wind van voor vanuit die geledere van burgerlike organisasies."
Universiteit van KZN met hof gedreig oor beweerde rassediskriminasie
2023-04-19"Volgens Solidariteit lui die universiteit se advertensie dat beurse toegeken word aan 'swart Suid-Afrikaanse burgers' vir meesters- en doktorale studie, onderskeidelik ter waarde van R120 000 en R60 000. In teenstelling hiermee is die beurse wat aan 'ander Suid-Afrikaanse burgers' toegeken word, onderskeidelik slegs R80 000 en R45 000 bedra."
Nuwe laagtepunt in politieke twis tussen DA en PA
2023-04-18"Kunene, wat byna net so omstrede is soos sy leier, Gayton McKenzie, beskuldig die DA se Gauteng-leier van allerhande ongerymdhede en slinger persoonlike beledigings in sy rigting."
En hoor jy die #2024-verkiesingsklanke?
2023-04-17"Anders kan die opposisie maar koebaai sê vir die droom van ’n nasionale koalisie en moet Suid-Afrikaners hulle gereed maak vir die nagmerrie van nóg ’n ANC-termyn."
Hof gevra om diamanthandelaar se sake te laat ondersoek
2023-04-14"Die likwidateurs van die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg se maatskappy Tariomix sê in hofstukke hulle word met geweld gedreig deur hom en/of persone wat direk aan hom verbonde is."
US-rektor se beweerde nepotisme volgende week bekyk
2023-04-13"Beskuldigings van nepotisme teen die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, sal volgende week indringend bespreek word tydens ’n raadsvergadering van die universiteit."
ActionSA wil Johannesburg se burgemeester die trekpas gee
2023-04-12"Amad is die derde burgemeester van Johannesburg in ’n jaar."
Poskantoor reageer glo dié week oor beweerde bankrotskap
2023-04-11"Daar is die afgelope naweek wyd op sosiale media berig dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor onder voorlopige likwidasie geplaas is. Die Poskantoor sukkel reeds geruime tyd om van sy krediteure te betaal."
Burgerlike samelewing is oorwinnaars in die energiekrisis
2023-04-06"Die ramptoestand wat Cyril Ramaphosa in Februarie tydens sy staatsrede aangekondig het, sou deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en Solidariteit in die hof betwis word. Die regering het Woensdag die aftog geblaas en die handdoek ingegooi nog voordat die saak in die hof kon draai."
"Een harde kei in de fatsoensvijver". Over de dynamiek van het literaire gesprek
2023-04-05"De kritische beschouwerspraktijk dient in de grootst mogelijke autonomie te kunnen plaatshebben, zonder inmenging van buitenaf of gestuurd door de particuliere agenda van een uitgeverij, een schrijver of acolieten."
Press release: 2023 Commonwealth Short Story Prize shortlist announced
2023-04-05Twenty-eight outstanding stories have been shortlisted by an international judging panel for the world’s most global literature prize. The stories range from fables to family dramas, tackling a range of themes and topics from violence and war to environmental damage, from love and loss to unexpected friendships.
Korrupsie bly ’n probleem in Suid-Afrika
2023-04-05"Dit is nie nou die tyd om die voet van die versneller te neem wanneer dit kom by die bekamping van korrupsie nie. Die burgerlike samelewing moet sy stem dik maak om die stryd teen korrupsie te help versterk en aandring op aanspreeklikheid deur openbare amptenare."
Iranse oorlogkepe in Kaapstad kan tot sanksies lei, waarsku VSA
2023-04-04"Suid-Afrika se vriendskapsbande met lande soos Rusland en Iran en hulle militêre teenwoordigheid aan die Suid-Afrikaanse kus is besig om die wenkbroue van sy Westerse bondgenote al hoe meer te laat lig. Enkele weke nadat ’n Russiese oorlogskip ten spyte van wye veroordeling deur kundiges, diplomate en aktiviste in Kaapstad se hawe vasgemeer het, het twee Iranse oorlogskepe verlede Vrydagoggend ook by die hawe aangekom."