Actueel
Aantekeningen in een Krog carnet
2023-04-03"Dames en heren, hier is Plunder. Nu al durf ik het boek te rekenen tot de canon van de Afrikaanse lyriek. Niet alleen omdat de auteur hardnekkige taboes doorbreekt, maar omdat zij met haar eigengereide stem en stijl een discours ontwikkelt dat elke lezer van de sokken blaast en in een ontnuchterende spiegel de kwetsbaarheid van het zelf en de planeet laat zien."
Thabo Mbeki kap in plofbare brief na die ANC
2023-03-31"Die voormalige president en ANC-leier Thabo Mbeki beskuldig die ANC in ’n striemende brief daarvan dat die hulle iets het om weg te steek ten opsigte van die Phala Phala-kwessie waarby Cyril Ramaphosa betrek word."
Suid-Afrikaners soek antwoorde na bisarre ontsnapping
2023-03-30"Bester se raaiselagtige ontsnapping verlede jaar uit die G4S-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein het die land geskok en in stomme verbasing gelaat."
Tshwane het weer ’n DA-burgemeester
2023-03-29"'Is dit wat Suid-Afrikaners moet verwag wanneer die ANC (plus hul nuwe vennote in rooi) hul meerderheid in 2024 verloor?' het Beaumont gevra."
Belgiese koninklikes sluit staatsbesoek aan Suid-Afrika in Kaapstad af
2023-03-28"België se koning en koningin het hul staatsbesoek aan Suid-Afrika Maandag afgesluit na ’n tweedaagse program vol aktiwiteite in Kaapstad."
Belgiese koninklikes word luisterryk in Suid-Afrika ontvang
2023-03-24"Die koning en koningin van België is Donderdag op luisterryke wyse deur president Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika ontvang tydens die eerste amptelike staatsbesoek deur ’n Belgiese monarg aan Suid-Afrika."
Stygende inflasie tref armes die hardste
2023-03-23"Hierdie styging van die inflasiekoers plaas verdere druk op die reeds benarde ekonomiese situasie in die land. Dit sal veral ’n negatiewe impak hê op huishoudings, wat reeds swaarkry weens die hoë brandstof- en voedselpryse."
EFF se berg het ’n muis gebaar
2023-03-22"Die EFF se aanspraak dat die afgelope Maandag se poging om die hele land tot stilstand te dwing die suksesvolste protesaksie in die land se geskiedenis was, word allerweë as erg oordrewe beskou."
Breyvier (Deel 2): Só breek Breytenbach en Krog tale oop en vernuwe denke
2023-03-21In die literator Yves T’Sjoen se pasverskene versameling essays Breyvier skryf hy oor fasette van die kunstenaarskap en intellektuele bydraes van Breyten Breytenbach, van Antjie Krog, en oor albei se nuanserende, onthutsende en oopmakende verkenning van menswees, die sentrale rol van tale, vertaling, vertaalbaarheid en die buitewyke van dit wat sêbaar is. In hierdie gesprek oor Breyvier, die tweede in ’n tweeluik, beantwoord T’Sjoen Willem de Vries se vrae oor die bundel, die rol van meertaligheid by albei digters en dié van die tydsgees.
Druk op Suid-Afrika om Poetin te arresteer
2023-03-21"Suid-Afrika is onder groot druk om die Russiese president, Wladimir Poetin, te arresteer wanneer hy die land later vanjaar vir die Brics-beraad besoek. Omar al-Basjir is in 2015 toegelaat om Suid-Afrika te verlaat sonder om ingevolge die Internasionale Misdaadhof-wetgewing aangehou te word."
Breyvier (Deel 1): T’Sjoen brei perspektiewe uit met besinnings en aantekeninge oor transnasionale belangrikheid van Breytenbach
2023-03-20In die literator Yves T’Sjoen se pasverskene essayboek Breyvier kry die leser tematies versamelde aantekeninge en bondige bespiegelings, asook aanvoorwerk vir verdere ontginning, in ’n ryklik gedokumenteerde ondersoek na Breyten Breytenbach en andere wie se invloed oor lande en dissiplines heen strek. In hierdie eerste deel van ’n gesprek oor Breyvier beantwoord T’Sjoen Willem de Vries se vrae oor hierdie versameling beskouings en navorsing waarin ook die literêre bande en verkeer tussen Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika aan bod kom.
Spanning bou op vir Maandag se "landwye stilstand"
2023-03-17"Die regering, politieke partye en burgerlike organisasies het almal gebeurlikheidsplanne daargestel om te verhoed dat die protesaksie handuit ruk en tot plundering en geweld aanleiding gee."
Universiteit Stellenbosch kry slae by Menseregtekommissie oor Afrikaans
2023-03-15"In die MRK se verslag wat Woensdag bekend gemaak is, word onder meer beveel dat die US skriftelik om verskoning moet vra vir die debakel."
EFF se nasionale stilstand bedreig lewens, sê DA
2023-03-15"Die DA sê dit sal ’n fout wees om die skade te onderskat wat die EFF se dreigende 'national shutdown' aan besighede en werkers kan aanrig. Daarom gaan die DA hof toe vir ’n dringende interdik teen die EFF, sodat 'plunderaars en anargiste' gestuit kan word."
Steve Hofmeyr dok R100 000 op en vra LGBTQI+-gemeenskap verskoning
2023-03-14"Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se omstrede uitlatings oor die LGBTQI+-gemeenskap het hom R100 000 uit die sak gejaag, asook ’n onvoorwaardelike openbare verskoning wat hy op sosiale media moes plaas."
Totsiens Suid-Afrika, sê jonges
2023-03-10"Die stroom landsverlaters wat besig is om die land duur aan broodnodige vaardighede te kos, is veral kommerwekkend omdat die kritieke vaardighede wat so verlore gaan, dieper strek as wat selfs hierdie syfer toon. Dit is toenemend jongmense wat weggaan, maar nie uitsluitlik jongmense nie."
Alfred Schaffer, digter van drie wêrelddele
2023-03-10"Die Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon, is die afgelope week vereer vir sy deurlopende bydrae tot die Suider-Afrikaanse Neerlandistiek asook vir sy rol as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika, Nederland en België tydens die instelling van die Alfred Schaffer-erelesing."
Tshwane se burgemeester goue ketting na agt dae kwyt
2023-03-09"Die gekonkel van Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metroraad, Murunwa Makwarela, met die ANC en EFF om van die DA-geleide koalisieregering ontslae te raak, het hom duur te staan gekom. Hy is nie net sy goue burgemeestersketting kwyt nie, maar sit nou op straat sonder werk."
Taalkwesties: pleidooi voor een meertalig burgerschap
2023-03-08"Wat ons meer zorgen baart, is dat lokale gemeenschappen – niet alleen in Afrika of landen in het Globale Zuiden maar ook in Europa – zich minder betrokken voelen bij het wetenschapsgesprek. Het debat wordt doorgaans verengd tot wat zich in Globish makkelijk of stuntelig laat uitdrukken."
Nuwe kabinet is ’n "bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie"
2023-03-08"’n Geleentheid van verspeelde kanse. Dit is hoe burgerlike organisasies en opposisiepartye Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling van die afgelope week opsom."