Actueel
Stakings, steenkool en die waarde van ’n enkele tand
2022-06-24"Nederland se belangrikste internasionale lughawe, Schiphol, het verlede week aangekondig dat hy in Julie en Augustus daagliks duisende vlugte gaan skrap; intussen het ’n staking deur veiligheidspersoneel Maandag die Brusselse lughawe lamgelê; twee Pole is naby Zeebrugge deur ’n sterk seestroom meegesleur; weens Rusland se oorlog het die Nederlandse kabinet aangekondig dat drie steenkoolkragstasies vir eers weer op volle sterkte mag werk; en België gee Patrice Lumumba se tand terug aan sy familie."
Zondo sê kiesers moet self die land se president kies
2022-06-24"As Zondo sy sin kan kry, moet Suid-Afrikaners, net soos in Amerika, liewer self besluit wie hulle president word en nie die party met die grootste steun in die parlement nie."
Nelson Mandelabaai spook om water in die krane te hou
2022-06-23"Die nieregeringsorganisasie The Gift of the Givers is een van vele rolspelers wat probeer om ’n humanitêre krisis in die metro te voorkom. Hulle het vroeër die week gewaarsku dat die droogtesituasie in die Nelson Mandalabaai-streek so ernstig is dat die krane in Gqeberha binne dae heeltemal kan opdroog."
Verpligte dra van maskers se dae is dalk getel
2022-06-22"Die minister van gesondheid, Joe Phaala, is volgens mediaberigte ten gunste daarvan dat die koronavirusregulasies wat vereis dat maskers binnenshuis gedra moet word en dat die grootte van byeenkomste beperk word, geskrap word."
Waar is Zondo se verslag?
2022-06-21"Die vyfde, en laaste, gedeelte van die verslag sal nou Woensdag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word. Dit moes reeds verlede week oorhandig gewees het, maar is volgens die kommissie uitgestel weens ‘sekere uitdagings’ wat hom verhinder het om die verslag gereed te hê."
Gedeelde geskiedenis tussen Nederland en SA is dig verweef
2022-06-17"Die #cocreateSANL Identiteit-ervaringsfees is van 4 tot 6 Junie 2022 in Kaapstad gehou. Sommige besprekings was virtueel, maar verskeie vertonings en uitstallings is by Iziko Museums, die Kunstekaapteater en die Kasteel van Goeie Hoop aangebied."
Minister maak 180-grade-U-draai oor Afrikaans by Taalmonument
2022-06-16"Dit is alle Afrikaanse mense wat lief is vir Afrikaans se oorwinning."
Onderwyswet is glo ongrondwetlik en bedreig Afrikaans
2022-06-16"Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe volgens AfriForum veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal."
’n Stikstofkrisis, die koloniale verlede en ’n bietjie goeie nuus
2022-06-15"Nederland moet sy stikstofproduksie verminder, wat beteken sommige boere sal hul bedrywighede moet staak; ’n Nederlandse entrepreneur bou ’n elektriese motor wat 1 000 km kan aflê voordat dit weer gelaai moet word; koning Filip van België het verlede week in die Kongolese parlement erken dat die koloniale oorheersing verkeerd was; daar is ’n skerp styging in die getal COVID-19-infeksies, maar geen noemenswaardige styging in hospitaalopnames nie; en die Concertgebouw-orkes spog met ’n bloedjong nuwe hoofdirigent."
’n Toets vir Afrikaans se goeie kant
2022-06-15"Maar ek vermoed dat die Ryanair-omstredenheid ook aan die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n geleentheid bied om die goeie van die taal op die voorgrond te plaas. Ons moet die slegte publisiteit teenwerk deur die (Engelssprekende) wêreld daaraan te herinner dat Afrikaanssprekendes hul taal omvorm het van ’n 'minderwaardige', 'kombuis' en verdelende taal tot ’n wetenskaps-, sake-, innoverings-, kreatiewe, versoenings- en toekomsgerigte taal; ’n taal wat verwelkomend, insluitend en omhelsend aanslae trotseer, vanself opstaan, afstof en aanhou vorentoe beur."
Ondersoek gevra na korrupsiebewerings in hoofregter se kantoor
2022-06-15"Daar is glo later ontdek dat hulle 30% van die aandele in ZA Square besit, ’n firma wat sowat R67,5 miljoen sou kry uit die kontrak wat hulle help opstel het. Die DA sê dit ruik na korrupsie, en dit moet so gou moontlik ondersoek word."
Blydskap na Ramaphosa ’n stokkie steek voor ATM se naamsverandering
2022-06-14"Ramaphosa het verlede week die versekering in die parlement gegee dat die ATM nie gedwing sal word om sy naam te verander nie."
Woede oor vroueslaner se ligte vonnis
2022-06-10"AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hulle het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien."
Duisende gekant teen naamsverandering van Afrikaanse Taalmonument
2022-06-09"Volgens die ondertekenaars kom dit neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is."
Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman
2022-06-08Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".
Nog ’n kindermoord en nog oorstromings
2022-06-08"Die negejarige Gino uit Maastricht se liggaam is gevind; die hofsaak rakende die moord op misdaadjoernalis Peter R de Vries het Dinsdag begin; België steier onder die swaarste oorstromings in 20 jaar; Nederland moet dalk tog gas in Groningen win; ’n pakkie sigarette kan teen 2040 sowat €47 (R773,99) kos; die Nederlandse Spoorweë het met ’n blink plan vorendag gekom om die nypende personeeltekort die hoof te bied; en koningin Máxima verras met ’n valskermsprong."
SA juig oor Guptas, maar uitlewering kan maande sloer
2022-06-08"Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal voortgaan om met die VAE saam te werk en volgens Suid-Afrikaanse amptenare vind uitleweringsgesprekke reeds met die VAE plaas. Die uitleweringsproses vanuit die VAE na Suid-Afrika kan egter maande neem."
DA skaar hulle by die stryd vir Afrikaanse skole
2022-06-07"Volgens die DA sal die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, ‘en sy ANC-makkers se irrasionele haat vir Afrikaans en alle sprekers van die taal’ nie net die sprekers van Afrikaans benadeel nie, maar ook moedertaalonderrig in alle inheemse tale en kwaliteitonderwys in die geheel."
Druk neem toe om brandstofpryse te snoei
2022-06-03"Die AA waarsku egter dat die massiewe stygings in brandstofpryse vir Junie steeds verbruikers en die ekonomie ernstig knou."
#cocreateSANL: Hoe bou ons stede in balans met die natuur?
2022-06-02"Kompartementalisering – waar die onderskeie dissiplines en rolspelers nie genoegsaam met mekaar praat nie – is veral as ’n probleem uitgesonder en praktiese gevalle is gesoek om positiewe voorbeelde te toon waar samewerking wel ’n verskil gemaak het."