Actueel
Zuma en 20 beweerde staatskapers aangekla
2022-03-30"’n Yslike dossier met talle bekende name, waaronder dié van Jacob Zuma, is deur Solidariteit saamgestel van mense wat volgens hulle strafregtelik aangekla moet word."
Vrae oor Suid-Afrika en Rusland se vriendskap
2022-03-29"Verskeie opposisiepartye en kommentators beskuldig die regering daarvan dat hulle op ’n diplomatieke ramp met veral Westerse lande afstuur weens hulle huiwering om ’n sterk standpunt in te neem oor Rusland se inval in Oekraïne."
Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande
2022-03-25Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022 by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T'Sjoen met hom gevoer het. T'Sjoen het pas ’n boek oor die onderwerp klaargeskryf en dit sal in Mei vanjaar verskyn. Willem de Vries berig.
Ramaphosa sê Suid-Afrika is oop vir besigheid
2022-03-25"Oor Eskom se aanhoudende beurtkrag wat beleggersvertroue ernstig in die wiele ry, het president Cyril Ramaphosa gesê hy besef dat geen ekonomie sonder ’n betroubare elektrisiteitsvoorsiening kan funksioneer nie. Daarom word daar nou die mees uitgebreide transformasie van die energiesektor in byna ’n eeu onderneem."
Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke
2022-03-24"Nadat dit agt maande lank konstant gedaal het, het die jaarlikse brood- en graaninflasie in Februarie tot 3,7% gestyg van 1,5% in Januarie. Hierdie kategorie sluit graangebaseerde voedsel in wat van koring, rys en mielies gemaak word. Die maandelikse verandering was ook beduidend."
Koninklike slaapplek vir vlugtelinge, skoon energie, musiek en motorongelukke
2022-03-24"Vlugtelinge uit Oekraïne mag binnekort koninklik ontvang word; ’n besonderse energiepark begin krag opwek; verskeie mense is dood in twee motorbotsings; en die Arvo Pärt-fees word luisterryk afgeskop."
Die klank van oorlog: Van Jerigo tot Oekraïne
2022-03-23"Wanneer die bose heers, bring dit kameraderie tot stand. Kameraderie maak van gewone mense helde. Joernaliste berig oor die ware stand van gebeure terwyl koeëls oor hulle koppe vlieg, Zelenski word staande toegejuig in die parlementsgeboue van wêreldmoondhede. ’n Dogtertjie in ’n bomskuiling sing die temalied van Frozen en word sodoende ’n simbool van jeugverset teen die Russiese invalle."
ActionSA gee Makhosi Khoza die trekpas
2022-03-23"Makhosi Busisiwe Khoza, wat tydens die munisipale verkiesing ActionSA se burgemeesterskandidaat vir eThekwini was, is Maandagaand deur die party in die pad gesteek."
Poskantoor op ’n "hopelose pad na nêrens"
2022-03-22"Intussen het die voormalige uitvoerende hoof van die omstrede posmaatskappy, Mark Barnes, vroeër aangebied om ’n deel van die groep te koop in ’n poging om te help om dit na sy vorige glorie terug te bring."
Partye span saam teen regering se ramptoestand
2022-03-18"Volgende Woensdag sal dit twee jaar wees sedert Suid-Afrika ’n drie weke lange inperking betree het om voor te berei vir die COVID-19-epidemie."
Poetin se vreemde Suid-Afrikaanse bedmaats
2022-03-17"Twee van die land se mees omstrede en uitgesproke Afrikaners aan teenoorgestelde pole van die politieke spektrum, Carl Niehaus van die Zuma-faksie in die ANC en Dan Roodt wat hom vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer, deel skynbaar ook ’n bewondering vir Poetin en weersin vir Westerse regerings wat Oekraïne steun."
Koebaai koronamaatreëls!
2022-03-17"Die kabinet in Nederland het besluit om vanaf volgende week Woensdag alle verpligte koronamaatreëls af te skaf, Nederland is by die stembus, verligting kom vir armer mense terwyl meer mense petrol steel en ’n waardevolle skat uit ’n vorige oorlog ontdek."
ANC se faksiegevegte steek die land aan die brand
2022-03-16"Volgens die verslag beskik president Cyril Ramaphosa nie oor die vermoë om die groeiende burgerlike onrus te bekamp nie, aangesien die faksies in die ANC met mekaar meeding om invloed, posisies en staatskontrakte."
Maaike Verrips (DRONGO): "Meertaligheid is een enorm onderschat maatschappelijk verschijnsel"
2022-03-15"Het DRONGO talenfestival was jarenlang een begrip in Nederland: een tweedaags festival met lezingen, workshops en een informatiemarkt over de impact van taal. De coronacrisis dwong directeur Maaike Verrips en haar team tot herbezinning. Na het onverwachte succes van de online editie van 2021 is nu gekozen voor een digitaal platform over meertaligheid. Hier kunnen taalprofessionals en andere belangstellenden voortaan het hele jaar rond terecht."
Eise dat ramptoestand moet waai val op dowe ore
2022-03-15"Die verlenging van die ramptoestand met nóg ’n maand het Suid-Afrikaners die harnas in nadat die regering vroeër beloof het om dit spoedig op te hef."
Nasionale biblioteekweek: ’n onderhoud
2022-03-13Vanjaar val nasionale biblioteekweek gedurende 14–20 Maart. Izak de Vries het in Distrik 6 by die Otto Stigting gaan kuier om uit te vind waarom nasionale biblioteekweek gevier word, waarom dit juis nou gevier word, en wat die doel van hierdie week is.
Hoofregterstoel sal Zondo hiéroor perfek pas
2022-03-11"Die afgelope vier jaar het hy homself as voorsitter van die staatskapingkommissie (en teen die agtergrond van Mogoeng se manewales) eintlik reeds as hoofregter gevestig: ’n gesaghebbende, gebalanseerde, beredeneerde, intellektueel diepsinnige, eerbare en onbetwisbaar ervare regskundige."
Minister pleit vir meer moedertaalonderrig
2022-03-11"Sy sê onderwysers gebruik verskillende tale in klasse om kinders te help om te leer en hul punt oor te dra. Wanneer dit egter kom by assesserings – wat tipies in Engels gedoen word – word hulle weer gedwing om te worstel met ’n taal wat hulle nie verstaan het terwyl hulle geleer het nie."
Poetin se oorlog hou Europa besig
2022-03-10"Poetin se aggressie in Oekraïne word ook deeglik in die Lae Lande gevoel; ’n ander despoot se standbeeld word aangeval; en padsterftes haal dié week die nuus."
Suid-Afrika op die rand van algehele kragkrisis
2022-03-10"Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus sê in ’n verklaring kragverbruikers wat die vernietigende uitwerking van hierdie krisis wil afweer, sal hul eie planne moet maak. Die prys van sonpanele en rugsteunbatterye moet nie meer met munisipale kragtariewe vergelyk word nie, maar met die skade van langdurige en gereelde kragonderbrekings."