Actueel

Vier broers se ontvoerders nog op vrye voet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-12

"Kenners sê die sielkundige effek wat die insident op die kinders en die res van die gesin gehad het, moet nie onderskat word nie. Die hele gesin sal waarskynlik berading by ’n traumaterapeut of sielkundige moet ontvang."

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-11

"Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het."

Een reis van geweld naar genade

Ingrid Glorie Literatuur 2021-11-11

"En op de derde reis verbindt ze de traditie van geweld uit het verleden met de cultuur van misdaad en geweld in Zuid-Afrika nú, vooral op het platteland. Alles overziend komt ze tot de conclusie dat Rubens moordenaars niet alleen dader zijn, maar ook slachtoffer."

Eskom is in totale verval, sê opposisie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-11

 "’n Wonderwerk is nodig om in Suid-Afrika se huidige elektrisiteitsbehoeftes te voorsien vanweë die haglike toestand waarin Eskom tans verkeer en die totale verval by die organisasie."

Fluitjieblaser wat voor Zondo getuig het vlug landuit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-10

"Williams beweer in sy verklaring hy is deur die regering, die universiteit waar hy etiek doseer het en deur baie vriende in die steek gelaat."

COVID-19 skep ’n “kode swart” in hospitale

Milton Webber In het nieuws 2021-11-10

"Die getal mense wat positief toets vir die koronavirus in die Lae Lande bly styg en neem kommerwekkende vlakke aan – hospitale trek veral swaar. In ander nuus steun die Biskop van Antwerpen ’n poging om aan Jacques Brel meer erkenning te gee; en die Nederlandse kroonprinses sal die Raad van State in die Paleis Kneuterdijk bywoon."

Ramaphosa positief oor ekonomiese vooruitsigte

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-09

"President Cyril Ramaphosa is vasbeslote om voort te gaan met sy ambisieuse beleggingsveldtog om buitelandse beleggers na die land te lok."

"Die mense het gepraat" – en wát gesê?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2021-11-05

"Maar die gevaarligte flik-flikker-flik oor die ongedurigheid by miljoene landsburgers wat nie die sin daarin sien om te gaan stem nie – en dit slegs 27 jaar nadat álle Suid-Afrikaners die grondwetlike reg bekom het om aan verkiesings deel te neem, ’n reg waarvoor Nelson Mandela 27 jaar agter tralies deurgebring het. Hoe moet hý in sy ewige rusplek hieroor voel?"

Op reis in Darwiesj se poësie

Willem de Vries Literatuur 2021-11-05

Die digter Magmoed Darwiesj, ’n groot gees in die moderne Arabiese en wêreldletterkunde, sou vanjaar 80 geword het. ’n Afrikaanse vertaling en keur uit sy oeuvre is vanjaar as Die vlug van ’n vreemdeling: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans op die afgelope jaarlikse Tuin van Digters-fees op Wellington bekendgestel. Die Afrikaanse vertaler van hierdie digbundel, Bester Meyer, het by die geleentheid oor onder meer sy vertalings en ervaring van Darwiesj met Desmond Painter gesels. Willem de Vries lewer verslag oor hierdie gesprek.

"Infodemie" veroorsaak entstofhuiwerigheid in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-05

"Die goeie nuus is dat slegs ’n klein aantal mense heeltemal teen die entstof gekant is."

Talle koalisies kom na reusewegblystem

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-04

"Die Suid-Afrikaanse politieke landskap het die afgelope week drasties verander en ’n nuwe era binnegegaan waar koalisiepolitiek aan die orde van die dag sal wees. Dit volg nadat die ANC vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin kon slaag om landwyd en in talle munisipaliteite meer as 50 persent van die stemme te trek nie."

Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart

Annemarié van Niekerk, Melt Myburgh Literatuur 2021-11-03

"Die boek is ’n aangrypende, ontstellende verkenning van die oorsake en omvang van die enorme geweld wat in Suid-Afrika aan die orde is, en Van Niekerk bou die narratief rondom plaasmoorde wat op Ida in die Oos-Kaap plaasgevind het." – Melt Myburgh in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Om het hart terug te brengen."

Skokbeelde van polisie wat ’n betoger skop, stilstaande treine en elektriese motors

Milton Webber In het nieuws 2021-11-03

"Beeldmateriaal waarin gesien kan word hoe ’n polisiebeampte ’n man skop, word ondersoek, die Nederlandse treinstelsel kom tot stilstand, België soek elektriese motors, koronapasse nodig vir ’n koppie koffie, asielsoekers word meer, en 3M moet produksie staak."

Groenkrag wink terwyl Eskom in die duister voortploeter

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-03

"Volgens Eskom word beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf."

Persbericht: Haagse literatuurprijzen toegekend aan Mischa Andriessen, Marieke Lucas Rijneveld en Erna Sassen

Voertaal Literatuur 2021-11-02

In het radioprogramma Kunststof zijn de winnaars bekendgemaakt van drie belangrijke Haagse literatuurprijzen.

Universiteite met hof gedreig oor verpligte inentings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-11-02

"’n Taakspan is aangestel om ’n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente."

Koerantgroep se "bewyse" oor tienling bevraagteken

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-29

"Die koerantgroep het die hele land Woensdag na hul asems laat snak toe hulle tydens ’n nuuskonferensie volgehou het dat die tienling wel gebore is. En hulle beweer daar word in staatshospitale handel gedryf met babas, van wie sommige selfs gebruik word om moetie mee te maak."

Zuid-Afrikahuis-bespreking: Kaaps baan weg vir gelyke hantering van alle Afrikaanse variëteite danksy komende woordeboek

Willem de Vries Zuid-Afrikahuis 2021-10-29

Die eerste woordeboek vir Kaaps, ’n projek waaroor wyd berig word, is onlangs in ’n paneelbespreking van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam verken en die klem is ook geplaas op die verskuiwende dinamika van verskillende variante van Afrikaans. Die gesprek, asook verskeie skrywersonderhoude en simposia, is op die amptelike YouTube-kanaal van die Zuid-Afrikahuis terug te kyk. 

Krieket SA se kniebuigbesluit jaag talle die harnas in

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-10-28

Lees ook Quinton de Kock se kant van die saak (pas uitgereik via Krieket Suid-Afrika (KSA)).

Bernard Haitink is oorlede – en nog nuus uit die Lae Lande

Milton Webber In het nieuws 2021-10-27

"Die Nederlandse dirigent Bernard Haitink is oorlede. In ander nuus: ’n navorsingsprojek oor gravitasiekolke, ’n man met ’n kapmes was aggressief teenoor medereisigers op ’n trein, nuwe inperkings spesifiek vir mense wat nie ingeënt is nie, plastiek word uit die see verwyder en die polisie in Rotterdam het verlede Donderdag 75 sokkerondersteuners in hegtenis geneem."

Verified by MonsterInsights
Top