Actueel

Danny Titus (1957–2020): Nederland verloor ’n vriend

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-09-24

"Die verwerwing van sy doktorsgraad in die regte (LLD), ook aan die Rijksuniversiteit Leiden, het die weg voorberei vir ’n rol in die akademie en uiteindelik tog ook, hoewel ompad langs, ’n betrokkenheid in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk in strukture van die Verenigde Nasies vir die belange van inheemse volkere."

"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand

Marli van Eeden, Bouwer Bosch, Freddy L, Gazelle Interviews 2020-09-22

"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."

#opdielug met Tenita Kidelo

Menán van Heerden, Tenita Kidelo, Robyn van de Rhede Interviews 2020-09-18

Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Solidariteit wil ramptoestand in hof beëindig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-18

"Volgens Solidariteit het ’n ramptoestand bestaansreg slegs indien die staat die effek van die ramp beter as sy burgers en ondernemings kan hanteer."

Vlak 1 vyf maande te laat, sê Steenhuisen

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-17

"Die party sê die regering moet tot verantwoording geroep word vir die sosio-ekonomiese moeras waarin die land beland het weens die inperking, omdat dit vermy kon gewees het."

Suidoosterfeeskunstenaars in spesiale musiekvideo vir inspirerende vroue

Marli van Eeden, Vicky Davis Muziek 2020-09-17

"’n Huldiging aan vroue, deur vroue."

Die regerende party onder skoot na onreëlmatige besoek aan Zimbabwe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-16

"Die President het ingegryp en opdrag aan die Minister gegee om die omstandighede te verduidelik wat tot die vermorsing van belastingbetalers se geld gelei het."

Die President breek ’n lansie vir die media

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-15

"Die President het Maandag in sy weeklikse nuusbrief hulde gebring aan die werk wat joernaliste tydens COVID-19 gedoen het."

Vlak 1 van COVID-19-inperking word oorweeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-11

"Suid-Afrikaners kan waarskynlik binnekort uitsien na nog verligtings wanneer die grendelstaat van vlak 2-inperking na vlak 1 verlig gaan word. ’n Aankondiging hieroor sal waarskynlik volgende week deur president Cyril Ramaphosa gedoen word wanneer hy weer die land toespreek."

Zuma en Guptas wou vermoedelik Eskom ook kaap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-10

Die jongste getuienis voor die Zondo-kommissie vind plaas in ’n week waartydens die land opnuut daagliks met beurtkrag gekonfronteer word. 

EFF-"boewery" wyd veroordeel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-09

"AfriForum het ’n beroep gedoen op Bheki Cele, die minister van polisie, om daadwerklik op te tree teen oortreders wat Clicks-winkels landwyd gevandaliseer en beskadig het. AfriForum sê die polisie het gefaal in hul plig om die burgery te beskerm teen dié persone, wat dink dat hulle die land se wette sonder enige gevolge kan oortree. Dit volg nadat ’n rasseherrie ontketen is weens ’n omstrede Clicks-advertensie. Verskeie EFF-leiers het hul ondersteuners aangemoedig om hierdie kettingwinkel 'aan te val'."

Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld

Hans Pienaar Nuusvinke 2020-09-09

"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie. En dis inderdaad ’n maatstaf van die onvoltooide werk met rasseversoening dat relle oor hare en die vernederings van swart en bruin mense wat daarmee gepaard gaan, nog gereeld in skole uitslaan."

EFF plunder en brand na omstrede haar-advertensie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-08

"Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sê die onmin wat losgebars het na die Clicks-advertensie wat die hele land in rep en roer het, is ’n teksboekgeval van onbewuste vooroordeel. Madonsela, wat die leerstoel in maatskaplike geregtigheid in die Fakulteit Regte aan die Universiteit Stellenbosch beklee, sê dit is goed om die advertensie te veroordeel, maar anargie en geweld ondermyn die saak."

Britse journalist ontleedt spanningen in hechte gemeenschap op Vrystaatse platteland

Ingrid Glorie Literatuur 2020-09-08

"Vier jaar lang volgde BBC-correspondent Andrew Harding de rechtszaak rond de zogenaamde 'Parys-6', een groep blanke boeren die in een vlaag van collectieve woede twee zwarte mannen zouden hebben gedood. De zaak draait om ras, geweld, grondbezit en de kloof tussen rijk en arm. Maar Harding is er niet op uit om politieke verdeeldheid te zaaien. Beheerst en gelijkmatig stelt hij alle betrokkenen aan het woord – ook zij die tot nu toe onvoldoende werden gehoord."

ANC-kaders maak bokspronge voor Zondo

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-04

"’n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee wat na bewering tydens haar termyn as ANC-minister met omkoopgeskenke van Bosasa oorlaai is, het Donderdag voor die Zondo-kommissie behoorlik kleigetrap om die bewerings teen haar te verduidelik."

Sustaining Theatre and Dance (STAND)

Mike van Graan Nuusvinke 2020-09-04

"It is against this background that a few friends and colleagues in the dance and theatre sector and I decided to launch the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation, whose core purpose is to provide support to South Africa’s dance and theatre ecosystems. These include, amongst others, Saartjie Botha (director of Woordfees), Debbie Turner (CEO of Cape Town City Ballet) and Ricardo Peach (director of the Vrystaat Arts Festival)."

Nog DA vuil wasgoed kom ná Gauteng-leier bedank

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-03

"Die DA-leier in Gauteng wat Woensdag bedank het, sê as die party hom gaan slegsê omdat hy bedank het, en hy weet hulle sal, dan gaan hy nog dinge van die party oopvlek in die openbaar."

’n Pluimpie vir Afrikaans ná sterk winde SA se “hoogste boom” tref

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2020-09-03

"Om te kan bly staan, het só ’n boom egter sterk wortels nodig – en seker vir die eerste keer sedert Ramaphosa in Februarie 2018 staatshoof geword het, toe Zuma gedwing is om te bedank, het hy Maandag stewig in die saal voorgekom."

De coronacrisis: een zaak van lange adem

Ingrid Glorie Actueel 2020-09-02

"In Nederland lijkt de tweede golf van de coronapandemie net op tijd afgeweerd. 'De situatie is nu niet alarmerend', verklaarde premier Rutte dinsdag 1 september tijdens een persconferentie, 'maar het blijft spannend.' Een overzicht van de belangrijkste ontwikkelingen sinds de coronacrisis in maart begon."

Ramaphosa streng oor korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-09-01

"Pogings in die ANC om ontslae te raak van president Cyril Ramaphosa het misluk. Die ANC-leier het sterker uit die afgelope naweek se vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gestap as wat hy verlede Vrydag daar ingegaan het."

Verified by MonsterInsights
Top