In het nieuws

Polisie slaan toe op mensehandelaars en ander misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-06

"Operasie Shanela, wat verlede jaar van stapel gestuur is, is ’n hoëdigtheidsinisiatief om sigbare polisiëring te verbeter en om gesoekte verdagtes op te spoor, veral diegene wat van moord en seksmisdade beskuldig word."

Polisie maak vordering in oorlog teen misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-02

"Duisende misdadigers wat deur die Suid-Afrikaanse polisie gesoek word, is die afgelope tyd aangekeer, en misdadigers wat steeds op vrye voet is, word versoek om hulself aan die polisie oor te gee."

Kommer oor militêre opleiding van Libiërs in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-08-01

"Die SAPD se nasionale woordvoerder, Athlenda Mathe, het op X gesê die Libiërs het gesê dat hulle die land met studievisums binnegekom het om as veiligheidswagte opgelei te word, maar polisieondersoeke dui daarop dat hulle militêre opleiding ontvang het."

Munisipaliteite is besig om die land onder vullis te begrawe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-31

"Meer as 85% van die vullisterreine in ons land voldoen nie aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur nie, wat tot ’n algehele ineenstorting van afvalbestuur in die land kan lei."

Suid-Afrika spog met verskeie nuwe wêrelderfenisterreine

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-30

"Die Uniegebou sluit aan by andere bekende terreine in die wêreld soos die Kremlin, Kasubi-grafte, Mose oaThunya, Taj Mahal, die Vatikaan en ander op die Wêrelderfenislys."

Omstrede gesondheidswet kry slae in die hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-26

"Volgens hierdie uitspraak is artikels 36 tot 40 van die Nasionale Gesondheidswet, ingevolge waarvan die regering die bevoegdheid sal hê om te bepaal waar mediese praktisyns mag praktiseer, in hul geheel ongeldig."

Suid-Afrika se atlete slaggereed om die land se vlag in Parys te laat wapper

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-25

"Dit sal die land se negende agtereenvolgende verskyning by die spele in die postapartheid era wees en algeheel die 21ste in die Somerspele-geskiedenis."

Geweld teen vroue floreer in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-23

"Die aanhoudende dade van geweld teen vroue in Suid-Afrika vereis dringende aandag. Ten spyte van wetgewende ingrepe om dit hok te slaan, is die hele Suid-Afrikaanse samelewing vol daarvan."

Gevangene wat oor lekker tronklewe spog, loop sy rieme styf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-19

"In een van die video’s wat die afgelope naweek verskyn het, lag en gesels hy en sy medegevangenes uitbundig terwyl hy spog dat hulle verblyf hulle niks kos nie."

Omstrede Bela-wet waarskynlik terugverwys na parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-18

"Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp) is opnuut in die weegskaal. Die nuwe minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het die afgelope week te kenne gegee sy wil die wet terugverwys parlement toe."

Swak intelligensie-agentskappe laat Suid-Afrikaners onveilig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-17

"Suid-Afrikaners het rede om bekommerd te wees oor die land se swak intelligensie-agentskappe wat inwoners onveilig laat voel."

Nuwe polisieminister wil misdaad met mening takel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-16

"’n Veiliger Suid-Afrika waar mense regoor die land enige tyd kan rondbeweeg sonder om bang te wees vir plunderende misdadigers. Dit is die nommer 1-doelstelling van die land se nuwe minister van polisie, Senzo Mchunu."

Life Esidimeni-tragedie se aanspreeklikes moet boet

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-12

"Regter Mmonoa Teffo het Woensdag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria bevind dat die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, en geestesgesondheidsdirekteur Makgabo Manamela, nalatig was."

Kaap van storms berei voor vir vlak-8-waarskuwing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-11

"Groot dele van die provinsie het Woensdag weer aansienlike hoeveelhede reën gekry. Humanitêre pogings om skuiling, kos en komberse te verskaf duur regdeur die provinsie voort."

Hlope se aanstelling "ondermyn die geloofwaardigheid van die regbank"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-10

"Die gediskrediteerde en omstrede oudregter John Hlope, wat vroeër vanjaar deur die parlement uit sy amp as regter geskors is, sal sy party verteenwoordig in die Regterlike Dienskommissie wat hom vroeër skuldig bevind het aan growwe wangedrag."

Suid-Afrikaners bibber en beef van die winterkoue

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-09

"Suid-Afrikaners is sedert die naweek deur ’n ysige winterkoue getref en nog verskeie koue fronte sal na verwagting in die komende week die Suid-Afrikaanse kus bereik."

Nuwe minister gee buitelanders ’n blaaskans vir Suid-Afrikaanse visums

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-05

"Buitelanders wat werkvisums in Suid-Afrika het, asook toeriste wat aansoek gedoen het vir ’n verlenging van hulle visums en nog geen reaksie van die Departement Binnelandse Sake gekry het nie, kan ontspan. Hulle huidige visums sal minstens tot die einde van die jaar geldig bly indien dit voor die tyd verval."

Ramaphosa nooi Biden Suid-Afrika toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-04

"Diplomate het gesê dit beteken baie dat Biden die gebaar gemaak het om Ramaphosa te bel in ’n tyd waar hy tuis onder groot druk verkeer in ’n baie moeilike herverkiesingsveldtog."

Koerante se ondergang kan demokrasie ernstig knou, waarsku koerantbaas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-03

"Volgens Jenkins het Caxton en sy vennote probeer om verskeie alternatiewe aan Media24 voor te stel om ten minste sommige van die koerante in stand te hou en diverse stemme in die media te behou."

Suid-Afrika se nuwe kabinet bars uit sy nate

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-07-02

"Die nuwe kabinet sal gesamentlik meer as R1 miljard jaarliks ​​kos aan voordele en byvoordele, met meer as R180 miljoen wat aan salarisse van ministers en adjunkministers alleen toegewys word."

Verified by MonsterInsights
Top