Reizen

Memphis – geboorteplek van rock ’n roll en tuiste van die blues

Stephen Fourie Reizen 2023-09-29

"My reis het eintlik al in Parow, Kaapstad van alle plekke begin. Die platewinkel Melody Inn in Voortrekkerweg was my kerk. ’n Byna magiese plek waar ek op twaalfjarige ouderdom die eerste keer 'You shook me' van Led Zeppelin gehoor het. Dit was asof ’n skakelaar iewers diep binne my aangeskakel het en sedertdien nooit weer afgeskakel het nie. Ek sou later eers hoor dat dit oorspronklik ’n Willie Dixon-komposisie is. Dit het my op ’n ontdekkingstog gelei na die legendariese blues-musikante van Memphis en omstreke."

Bekoorlike Riebeek-Kasteel een van SA se oudste dorpe

Maryke Roberts Reizen 2023-09-06

"Gaan proe olywe, koop olyfolie of wyn en verwyl die ure in die middedorp se klein handelstegie Short Street, met ’n glas yskoue Pieter Cruythoff van Riebeek Wine Valley Co."

Pak jou tas: Lissabon

Maryke Roberts Reizen 2023-08-23

"Ek gaan soek veel eerder die beste plek in Lissabon, Portugal om dit te gaan eet. Met beurtkrag en elektrisiteit só duur, belê ek eerder in ’n vliegkaartjie."

O, Amsterdam

Alma Rossouw Reizen 2023-08-16

"jy duik my plat langs jou kuns
ek smul aan die stroop van jou vingers
aan jou historiese lippe hang ek, proe ek, smag ek
na daardie kalwerliefdeflikkering"

Kontrasterend

Madeleine Parsons Reizen 2023-08-15

"Die ooglopendste vir my was die deurlopende kontras tussen die oue en die nuwe. Eerstens was daar die teenstellings in argitektuur en boustyl. Eeue-oue smal wonings wat tuimelend-skeef hang langs stokou gragte, in die skadu van Lego-vormige wolkekrabbers."

’n Menger-maler-mixer in Nederland

Riëtte Hugo Reizen 2023-08-15

"Wat is die gom wat almal aan mekaar bind? Die soeke na verwantskappe – 10 of meer geslagte gelede is hier aan die suidpunt van Afrika ’n Hollandse hutspot begin, aan daardie gemeenskaplike gereg smul ons nog almal."

Kom ons gaan "wiltyn" toe!

Maryke Roberts Reizen 2023-08-03

"Ons Kruger-boek is weer baie handig want dit wys al die grootste diere en al die klein sirkelroetes weg van die teerpad wat jy kan volg."

Kruis en dwars in Kruisrivier

Maryke Roberts Reizen 2023-07-27

"Teen sononder gaan stap ek in die laventelveld en laat die reuk met ’n streling van my hand oor die honderde blommetjies vry. Ek pluk twee klein bossies om voor ons bed te sit, vir goeie slaap, hoewel ek vermoed Moeder Karoo sal sommer op haar eie daarvoor sorg."

Koop ’n boot en trek Key West toe!

Maryke Roberts Reizen 2023-07-20

"Dis Key Largo, Tavernier, Plantation Key, Islamorada, Layton, Vaca Key, Duck Key, Layton en Big Pine Key wat soos Hollywood-filmstelle weerskante van die pad op ons wag."

M(W)ak(h)anda forever! Redes om die Nasionale Kunstefees te besoek

Izak de Vries Festivals 2023-07-18

"Waarom sou enige iemand in die middel van die winter opruk na Makhanda, ’n universiteitsdorpie in die Oos-Kaap? Hier is ’n paar redes waarom jy en jou gesin dalk vir die volgende wintervakansie julle motor moet pak en ’n Oos-Kaapse draai moet gooi. Dit mag dalk meer bekostigbaar wees as wat jy dink."

 

Groen Chicago

Maryke Roberts Reizen 2023-07-05

"Al meer wêreldstede beweeg weg van net staal en beton en maak parke, wandelpaaie en natuurlike sones deel van die stadsbeplanning. Dit is ’n poging om hul koolstofvoetspoor te verklein, maar gee ook aan inwoners die kans om die buitelewe in die stadsgrense te geniet."

Van laventellande en pastis tot nostalgie en goeie SA wyne

Maryke Roberts Culinair 2023-06-14

"Elke happie is ’n ontploffing nostalgie op jou tong: Kerkbasaar, begrafnisse, draadtuinstelle op dik groen grasperke, safaripakke, lang sokkies met kamme in, Brylcreem en motors met aaneen-sitplekke voor en agter. Inry."

Wynmuseums: Wyngeskiedenis kry lewe by dié wynplase

Maryke Roberts Culinair 2023-06-13

"Drie wyn-ervarings en -museums gee agtergrond oor die afgelope bykans vier eeue van wynmaak hier aan die suidpunt van Afrika."

Dit kook in Barrydale

Maryke Roberts Reizen 2023-06-13

"Barrydale het sy eie unieke kunstige aura. Mense noem die dorp ook Noddy Town omdat almal altyd met ’n kopknik groet."

Fynbos soos nog nooit tevore nie! Grootbos Privaat Natuurreservaat

Maryke Roberts Reizen 2023-04-20

"Elke ete is ’n ontdekkingsreis saam met sjef Ben Conradie en sy span. Voeg daarby drie keurige wynlyste met die beste wyne uit die land en jou fynbosreis word tot epikuriese hoogtes gevoer."

Saligheid op die savannavlaktes van Namibië

Maryke Roberts Reizen 2023-04-06

"Om agtuur in die oggend aan die oorvloeirand van die swembad te hang en te sien hoe ’n swaeltjie vir ’n millisekonde sy bekkie in vlug vol water skep of ’n bloedrooi naaldekoker se lyfie te sien patrone maak op ’n spieëlgladde oppervlak is vrede."

Memories and reflections of Egypt

Moegammad Tahier Kara Reizen 2023-03-09

"Before I left, I read a bit about Egypt, but not very intensely. Maybe, I think, that is the better way to do the tourist thing. Observe what there is to offer, and come back and symbolically make sense of it or offer real meaning to it. Egypt offers a one-of-a-kind experience. I think it is better to have a holiday when there are fewer expectations about what will play out and about the places you will visit."

Calitzdorp nie net portstylwyn-hoofstad nie, maar ook kulinêre lekkerte

Maryke Roberts Reizen 2023-03-06

’n Kuier op Calitzdorp op Route 62 is veel meer as net ’n Karoo-wegbreek of besoek aan die portstylwyn-hoofstad van die land. Dis om jou longe vol skoon Karoo-lug te trek, jou lippe en tong te bederf met die beste kos en wyne – waarvan heelwat van Portugese kultivars – en jou pas te verslap, skryf Maryke Roberts.

Stoepsit Fees 2023 draws visitors despite weather

Barbara Manning Festivals 2023-02-23

"Festivalgoers enjoyed not only the bonhomie on local stoeps, but also demonstrations, an interesting talk on the fascinating geology of the area, arts and crafts (mostly made in Rhodes) and locally made preserves and pickles."

Los jou stres by die Bosjes-hek

Maryke Roberts Reizen 2023-02-20

Jou stres bly duskant die Du Toitskloof-tonnel agter as jy deur die Slanghoek- en Waaihoekberge omring word op pad na Bosjes. En wanneer die Bosjes-hek agter jou toeskuif en die wit kurwes van die glasmuur-kapeldak jou tot stilte dwing, voel jy ’n ander mens, skryf Maryke Roberts.

Verified by MonsterInsights
Top