Meest recent
Swyende Ramaphosa voor stok oor Zimbabwe se "verkiesingsklug"
2023-08-30"Verslae van waarnemersendings en burgerlikesamelewingsorganisasies in Zimbabwe bevestig volgens Powell bo enige redelike twyfel dat die verkiesings nie vry, regverdig of geloofwaardig was nie."
Breytenbach notitie#12: Van ’n Popperiaanse filosofie op weg na ’n Afrika-filosofie
2023-08-29"Ons moet egter onsself veel eerder wend tot die Afrika-filosofie om Breytenbach se ideaal binne die Afrika-konteks te verstaan en uit te bou. Daarom is die voorstel dat ons afstand doen van Popper se kritiese rasionalisme en ons fokus rig op die ondersoek van twee bene in die Afrika-filosofie, naamlik wysgeer- of wysheidsfilosofie."
Koalisiebestuur in Suid-Afrika weer onder die vergrootglas
2023-08-29"Tydens die komende beraad sal kenners en deelnemers koalisiebestuur in Suid-Afrika ontleed met die fokus op die kompleksiteite en probleme wat met koalisiebestuur geassosieer word."
Die relatiwiteit van emigrasie
2023-08-28"Geliefdes het die behoefte om steeds na mekaar uit te reik en deel van mekaar se wêrelde te wees, maar die werklikheid is dat hulle nou in verskillende dimensies leef."
Groter Brics sal namens helfte van die wêreldbevolking praat
2023-08-25"Sowat die helfte van die wêreld se bevolking sal van volgende jaar af in die internasionale Brics-forum verteenwoordig word. Dit volg nadat leiers van die Brics-groep besluit het om nog ses lande uit te nooi om by hul alliansie aan te sluit."
Suid-Afrikaners draai die rug op Eskom
2023-08-24"Eskom se eie data toon dat huishoudings en besighede ’n geraamde 4 400 MW fotovoltaïese sonkrag (FV) op die dak geïnstalleer het, wat volgens onafhanklike energie-ontleders dubbel die sonkragkapasiteit is wat onder Eskom se vier bodvensters verkry is. Hierdie merkwaardige prestasie is in net een jaar behaal."
Pak jou tas: Lissabon
2023-08-23"Ek gaan soek veel eerder die beste plek in Lissabon, Portugal om dit te gaan eet. Met beurtkrag en elektrisiteit só duur, belê ek eerder in ’n vliegkaartjie."
Suid-Afrika rol die rooi tapyt uit vir Rooi-China
2023-08-23"Nadat Xi Maandagnag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg aangekom het, is hy verwelkom met ’n kulturele sang- en dansoptrede asook ’n militêre parade deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag."
Nederland kry ’n nuwe politieke party
2023-08-22"In Nederland is die nuweling in die politieke skrum, die konserwatiewe politikus Pieter Omtzigt se Nuwe Maatskaplike Kontrak, beslis ’n party om dop te hou."
Persbericht: Programma Festival voor het Afrikaans 2023 bekend
2023-08-22Het Festival voor het Afrikaans is een tweejaarlijks festival dat als doel heeft het Nederlandse en Vlaamse publiek te laten kennismaken met de rijkdom van de Afrikaanstalige cultuur. Daarnaast wil het festival Afrikaanse artiesten een internationaal platform bieden en de samenwerking tussen Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse artiesten stimuleren. Het programma bestaat uit muziek, toneel, literatuur, spoken word, film en debat.
Tweespraak van Yves T’Sjoen met Eben Venter: "Aan die vrese het egter niks verander nie"
2023-08-21"Ek het vir ’n lang ruk van my skrywerslewe aan Afrikaans as skeppingstaal vir my romans vasgehou. Ek gebruik opsetlik die woord 'vashou', want ek wou my lojale Afrikaanse lesers béhou en bly respekteer."
Veelpartyhandves vir Suid-Afrika meer as net anti-ANC
2023-08-18"Daar is ooreengekom dat hulle gedeelde visie vir Suid-Afrika ’n nuwe regering sal wees wat ’n regverdige, inklusiewe en welvarende Suid-Afrika bou, gebaseer op geleenthede, vryheid en veiligheid vir al sy burgers."
"Nieuwkomers": Hoe om deur immigrasie die nuwe met die oue te versoen
2023-08-18"In wese kom dit daarop neer dat ruimte geskep moet word vir die nuwe, indien 'vreemde', tradisies en waardes wat saam met die 'nieuwkomers' aankom. Omdat dit nie ’n koloniale of imperiale inval is nie – nie Rusland wat op grondgebied beslag lê teen die bepalings van internasionale konvensies nie – is die versugting van die nuwelinge gewoon dat hulle hul geloof en gebruike moet kan uitleef. Of so wil dit voorkom ..."
Werkloosheid daal effens, maar miljoene jeugdiges sit op straat
2023-08-17"Geslagsverskille in die arbeidsmark duur ook voort. Statistiek SA sê die syfers eggo die behoefte om die verbetering van vroue se algehele deelname aan indiensneming te versnel."
O, Amsterdam
2023-08-16"jy duik my plat langs jou kuns
ek smul aan die stroop van jou vingers
aan jou historiese lippe hang ek, proe ek, smag ek
na daardie kalwerliefdeflikkering"
Ramaphosa se stilswye oor plaasmoorde krap opposisiepartye om
2023-08-16"President Cyril Ramaphosa se stilswye oor die groot aantal plaasmoorde die afgelope tyd het opposisiepartye soos die DA en VF Plus die harnas in."
Kontrasterend
2023-08-15"Die ooglopendste vir my was die deurlopende kontras tussen die oue en die nuwe. Eerstens was daar die teenstellings in argitektuur en boustyl. Eeue-oue smal wonings wat tuimelend-skeef hang langs stokou gragte, in die skadu van Lego-vormige wolkekrabbers."
’n Menger-maler-mixer in Nederland
2023-08-15"Wat is die gom wat almal aan mekaar bind? Die soeke na verwantskappe – 10 of meer geslagte gelede is hier aan die suidpunt van Afrika ’n Hollandse hutspot begin, aan daardie gemeenskaplike gereg smul ons nog almal."
Eskom voorspel ’n donker beurtkragweek
2023-08-15"Om noodreserwes aan te vul sal fase 1-beurtkrag gedurende die dag tussen 05h00 en 16h00 geïmplementeer word, en sal fase 3-beurtkrag oornag van 16h00 tot 05h00 voortduur. Hierdie patroon sal onbepaald herhaal word."