Tronkstraf geëis vir betrokkenes van Digital Vibes-skandaal
2021-09-30"Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor Digital Vibes, wat onder andere bewusmaking moes doen onder die publiek oor die COVID-19-pandemie, bevat verdoemende getuienis van grootskaalse leuens en bedrog waarby die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en sy familie direk betrek word."
Druk neem toe op minister om Afrikaans as inheems te erken
2021-09-29"Die DA het Maandag ’n klag by die Menseregtekommissie teen Nzimande ingedien oor sy aandrang dat Afrikaans as ’n 'uitheemse' taal in Suid-Afrika geklassifiseer word. Volgens die DA is dié standpunt haatdraend en ongrondwetlik."
Europese parlemente gevra om druk uit te oefen op Suid-Afrika se rassebeleid
2021-09-28"’n Afvaardiging van die vakbond Solidariteit het verlede Vrydag uit Suid-Afrika na Europa vertrek om die lande te probeer oorreed om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas."
Konstitusionele Hof sê Afrikaans is nie die taal van rassiste en onderdrukkers nie
2021-09-24"Die vereenvoudigde aanname dat Afrikaans die taal van wit mense en onderdrukkers is, berus geheel en al op waninligting wat indruis teen die ware geskiedenis van die taal se oorsprong en ontwikkeling."
Skok na moord op onderwyser by skool
2021-09-23"Die twee verdagtes het die onderwyser se motor genader kort voordat die skool begin het. Hulle het hom ten aanskoue van kinders doodgeskiet voordat hulle op die vlug geslaan het. Hy was in sy voertuig besig om sy Bybel te lees."
Suid-Afrikaners weer in baie lande welkom, maar Brittanje skop vas
2021-09-22"Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, sal binnekort toegelaat word om weer vrylik na die VSA te reis en is ook welkom in onder meer Duitsland, Switserland, Frankryk, Spanje en Switserland."
DA-parlementslid boos vir Vryheidsfront Plus na bloutjie in die hof
2021-09-21"Die DA het in die jongste verlede landwyd steun onder blanke kiesers aan die Vryheidsfront Plus afgestaan."
Suid-Afrikaners glo korrupsie is nou erger as ooit
2021-09-17"Die meeste Suid-Afrikaners glo dat korrupsie toegeneem het onder Ramaphosa se bewind – selfs in die President se eie kantoor."
Zuma se vrylating “om veiligheidsredes” geheim gehou
2021-09-16"Die Jacob Zuma-stigting het Woensdag op Twitter gesê weens ’n stortvloed navrae van die media stel hulle die media in kennis dat sy ontslagdatum ter wille van sy veiligheid nie nou bekendgemaak sal word nie."
Zuma se vroeë vrylating dringend na hof verwys
2021-09-15"Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle is in die proses om ’n dringende hofaansoek teen sowel die Departement van Korrektiewe Dienste as die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, te beteken oor die vrylating van Jacob Zuma op mediese parool."
Irrasionele inperkings moet end kry
2021-09-14"Die instel van entstofpaspoorte word tans ondersoek, wat onder andere beteken dat diegene wat teen die virus ingeënt is, voordeel sal trek uit aansporings soos die bywoning van musiekkonserte, sportwedstryde en meer."
Zuma se geheime siekte spaar hom nóg ’n dag in die hof
2021-09-10"Die een stukkie positiewe nuus is dat ’n persoon wat mediese parool kry, sy reg op vertroulikheid rakende sy mediese toestand verbeur vir die doel van die paroolprosedure."
DA gryp weer die Universiteit Stellenbosch aan die keel oor Afrikaans
2021-09-09"Die DA hou egter vol dat die US sekere getuienis en aanbevelings ignoreer wat volgens hulle daartoe bydra dat die US se beoogde nuwe taalbeleid onwettig en irrasioneel is omdat dit na bewering vergrype wat teen Afrikaanse studente gepleeg is, voortsit."
Jeug en Wes-Kapenaars is die grootste struikelblokke teen inenting
2021-09-08"Die studie, waarvan die resultate vroeër die week tydens ’n webinaar bekend gemaak is, toon dat jongmense die grootste struikelblok is in die regering se strewe om soveel as moontlik Suid-Afrikaners teen COVID-19 te laat inent."
Zuma se mediese parool laat die wenkbroue lig
2021-09-07"Mediese parool kan hoofsaaklik toegeken word aan persone wat aan ’n terminale siekte ly en om aan hulle die geleentheid te bied om tuis in die laaste fases van hul die siekte by hul naasbestaandes deur te bring."