Jean Oosthuizen

Joernalis

Zuma was slegs die vonk in die kruitvat

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-14

"Oudpresident Jacob Zuma mag die vonk gewees het, maar die huidige plundery in Suid-Afrika het niks meer met Zuma te doen nie. Dit is eerder ’n ongedissiplineerde bevolking met geen respek vir reëls of eiendom nie teenoor ’n swak-opgeleide en onbekwame polisiemag."

Suid-Afrika se wynbedryf op die rand van afgrond

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-13

"Die voortgesette verbod sny die bedryf se lewenslyn af sonder enige inagneming van diegene wat hulle werk as gevolg daarvan verloor en armoede in die gesig staar."

Geen gunsies vir Zuma in tronk nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-09

"Van die vrae op mense se lippe is of hy aansoek kan doen vir mediese parool, mag hy besoekers ontvang en sal hy enige voorkeurbehandeling geniet terwyl hy in die tronk is."

Kaapstad spog met grootse inentingsentrum in Afrika teen COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-08

"Die stryd teen COVID-19 in die Wes-Kaap het Woensdag ’n reusehupstoot gekry met die opening van een van die grootste massa-inentingsentrums in Afrika. Duisende mense sal elke dag by die sentrum ingeënt word."

ANC diep bekommerd oor wetteloosheid by Nkandla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-07

"Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het hom sterk uitgespreek teen die afgelope naweek se wetteloosheid by oudpresident Jacob Zuma se woning, Nkandla, in KwaZulu-Natal."

Wetteloosheid vier hoogty by Nkandla te midde van COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-06

"Suid-Afrikaners is ontstoke oor die polisie se versuim om die afgelope naweek op te tree toe duisende mense die Covid-regulasies ten aanskoue van die hele wêreld oortree het."

Zuma se uurglas as vry man loop leeg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-02

"Dit is die eerste keer in die land se geskiedenis dat ’n voormalige staatshoof tronk toe gestuur word."

Wynbedryf weer hof toe oor drankverbod

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-07-01

"Die twee week lange verbod op die verkoop van alkohol wat tans geld, volg op ’n 19-weke-verlies aan inkomste oor die afgelope 16 maande, wat ’n verwoestende uitwerking op die wyn- en toerismesektor gehad het. Meer as 269 000 mense werk in die sektor."

Hoogste hof lewer striemende en verdoemende uitspraak teen Zuma

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-30

"Een van Zuma se getroue ondersteuners, Carl Niehaus, het op Twitter uitgevaar teen die vonnis en gesê dit is totaal onaanvaarbaar. Hy sê dit is Zuma-ondersteuners se revolusionêr-demokratiese reg om hulle verontwaardiging en weerstand teen die vonnis uit te spreek en dat hulle dit onverbloemd sal doen."

Opposisie blameer regering vir nuwe inperkings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-29

"Opposisiepartye hou die regering verantwoordelik vir die strenger inperkingsmaatreëls wat Sondagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is."

Duisende onderwysers gereed om teen COVID-19 geënt te word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-25

"Die meer as 48 000 onderwysers en personeel wat Woensdag ingeënt is, sluit nie die Wes-Kaap en Limpopo in wat eers Donderdag met hulle volskaalse inentings vir onderwysers begin het nie. Leiers van onderwysersunies het hulle ook Donderdag in Atteridgeville laat ent."

Miljoene rand se onwettige sigarette vernietig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-24

"Die sigarette wat vernietig is, is onwettig ingevoer of vervaardig in stryd met Suid-Afrika se Doeane- en Aksynswetgewing."

COVID-19 in Gauteng “buite beheer” sê premier

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-23

"Die omvang en erns van die derde vlaag hang grootliks van die doeltreffendheid van die inentingsveldtog af."

Derde COVID-golf slaan Gauteng hard

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-22

"Wynand Boshoff sê sedert die aanvang van Covid-verwante inperkings het die VF Plus hom daarvoor beywer dat die onderwyssektor so gou moontlik heropen moet word. Daarom verwelkom die party die geleentheid wat geskep word om alle skoolverwante personeel wat dit verlang, te laat inent."

Vlak 3-inperking straks nie genoeg om derde vlaag te stuit nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2021-06-18

"Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) is van mening dat strenger maatreëls reeds vroeër ingestel moes gewees het om die derde vlaag in bedwang te hou. Volgens SAMV se voorsitter, Angelique Coetzee, is die jongste beperkings te min te laat. Sy sê sommige hospitale se kapasiteit word reeds tot die maksimum gerek."

Verified by MonsterInsights
Top