Jean Oosthuizen

Joernalis

Verdere maatreëls kom om COVID-19 te stuit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-12-01

"Suid-Afrikaners staar op die vooraand van die feesseisoen strenger maatreëls in die gesig om die verspreiding van die koronavirus te probeer stuit. Die owerhede hoop egter om nie weer ’n algehele inperking soos vroeër vanjaar af te kondig nie. Dit volg nadat die getal nuwe infeksies in veral die Wes-Kaap en Oos-Kaap besig is om teen ’n kommerwekkende koers te styg. Die Wes-Kaapse distriksdirekteur van die Departement van Gesondheid, Zee Brickles, sê gesondheidsinstansies in die streek is besig om hospitaalbeddens aan te vul in openbare en staatshospitale."

Nog klagtes ingedien teen EFF se opstokery

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-27

"Die leier van die EFF het tydens ’n byeenkoms in die Vrystaat gesê dat hulle polisielede in hulle huise sal aanval."

Optrede geëis nadat Malema uitvaar teen polisie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-26

"Die minister van polisie, Bheki Cele, het Malema se uitsprake oor die polisie as roekeloos en onverantwoordelik bestempel."

Webwerf wil Bird Island se leuens oopvlek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-25

"Victor sê die nastrewing van die waarheid en geregtigheid noodsaak die daarstel van die webwerf."

Keelvol Zondo laat Zuma krimineel aankla

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-24

"Zondo het dit Maandag met die aanvang van die kommissie se verrigting opnuut beklemtoon dat Zuma se optrede verlede week ’n strafregtelike oortreding is."

Zuma se minagting van Zondo is ernstige sake

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-20

"Terwyl die kommissie vir tee verdaag het, het Zuma en sy regspan spore gemaak en nie weer ná tee hulle verskyning gemaak nie."

Donker tye vir Suid-Afrikaanse media

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-19

"Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is hulle is besorg oor die huidige onstabiliteit by die SAUK. Die SAUK het aan die einde van Maart vanjaar ’n netto verlies van R511 miljoen getoon."

EFF wil weer ontwrigting saai by Kaapse skool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-18

"Die EFF dreig om Vrydag vir ’n tweede keer by die Hoërskool Brackenfell in die Kaap te betoog teen beweerde rassisme by die skool."

Korona skrik beleggers af

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-17

"President Cyril Ramaphosa hoop egter die week se konferensie sal wys dat Suid-Afrika steeds aanloklik is vir beleggers."

DA kry slae in tussenverkiesings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-13

"Die politieke kommentator Piet Croucamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer."

Ace Magashule se hofsaak kan ANC verder verdeel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-12

"Magashule word van korrupsie aangekla, wat verband hou met ’n asbes-kontrak van R255 miljoen in die Vrystaat terwyl hy die premier was."

Vonke spat by Kaapse skool oor ras

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-11

"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."

Suid-Afrika hou asem op vir tweede golf COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-10

"Ramaphosa sê die opofferings wat die land gemaak het om die verspreiding van die virus te stuit, moet nie vergeet word nie."

Getuie met Zuma-lojaliteite trap klei voor Zondo

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-06

"Die voormalige voorsitter van die SAL se direksie, Dudu Myeni, het die afgelope week kwaai kleigetrap toe sy voor regter Raymond Zondo getuig het oor haar beweerde betrokkenheid by staatskaping."

Solidariteit breek ’n lansie vir Afrikaans in die regsberoep

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-11-05

"Solidariteit het bekendgemaak dat die Regspraktisynsraad (RPR) uiteindelik aan die Solidariteit Regsgilde bevestig het dat toelatingseksamens vir regslui in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar sal wees."

Verified by MonsterInsights
Top