In het nieuws

Werklose dokters in Suid-Afrika is nou kritiek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-09

"Die Nasionale Departement van Gesondheid en die minister van gesondheid, Joe Phaahla, probeer links en regs vure doodslaan nadat dit aan die lig gekom het dat honderde gegradueerde Suid-Afrikaanse dokters werkloos is en oorsee moet gaan om werk te soek. Die SA Mediese Vereniging-vakbond (Samatu) het onthul dat data uit ’n onlangse opname aangedui het dat meer as 800 gekwalifiseerde dokters werkloos bly ná die voltooiing van hul twee jaar van mediese internskap en een jaar van gemeenskapsdiens."

EFF blaas in DA se nek om die amptelike opposisie te word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-08

"Die deurslaggewende faktor in hierdie verkiesing is volgens Ipsos kiesersopkoms op die dag van die verkiesing. Verskeie ontledings dui daarop dat die verwagting van ’n hoë kiesersopkoms dalk nie realisties is nie, wat grootliks toegeskryf word aan wydverspreide moedeloosheid oor die land se situasie en lae vlakke van vertroue in politici en politieke partye."

Vanjaar se staatsrede is ANC se nagmerrie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-07

"President Cyril Ramaphosa lewer môre sy sewende staatsrede in die parlement teen die agtergrond van voortgesette verdeeldheid en dalende steun in sy party. Daar is ook voortgesette bewerings van korrupsie tot op die hoogste regeringsvlak."

Duisende nuwe kiesers wil vanjaar gaan stem

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-06

"Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, het ’n beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om van nou af van die aanlyn platform gebruik te maak as hulle nog moet  registreer."

AfriForum kry "klap in die gesig" toe hulle slaggat in Tshwane herstel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-02

"Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hulle het ’n klap in die gesig gekry toe hulle die afgelope week wou help om ’n reuse slaggat in Centurion te herstel en deur Tshwane se metropolisie weggejaag is."

Suid-Afrika is "meer korrup onder Ramaphosa as onder Zuma"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-02-01

"Die streek se aanhoudende uitdagings spruit volgens die verslag uit korrupsie en ongeoorloofde aanwending van openbare fondse, wat die voortdurende onderbefondsing in openbare sektore vererger. Die aanspreek van sosiale en ekonomiese kwessies bly ondoeltreffend en geskied dikwels ten koste van die mees kwesbares in die bevolking."

So wil opposisiepartye Suid-Afrika se ekonomie red

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-31

"Elf van Suid-Afrika se opposisiepartye het saam ’n stel riglyne opgestel om die land se ekonomie weer te laat groei en op groot skaal werk te skep."

Spanning tussen Zuma en ANC bereik breekpunt

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-30

"Zuma het hom die gramskap van die ANC op die hals gehaal met sy vroeëre aankondiging dat hy vanjaar sy gewig by die uMkhonto weSizwe- (MK-) party gaan ingooi om steun vir die verkiesing te werf."

Kaapstad aangewys as tweede beste stad in die wêreld om in 2024 te besoek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-26

"New York is heel bo aan Time Out se lys, wat die afgelope week vrygestel is, met Kaapstad in die tweede plek en Berlyn, Londen en Madrid as die ander topvyf-stede om te besoek."

Persbericht: Flink meer leden online Bibliotheek in 2023

Voertaal In het nieuws 2024-01-25

Het aantal mensen dat lid wordt van de online Bibliotheek blijft stijgen. Waar de online Bibliotheek in 2022 ruim 524 duizend leden telde, waren dat er in 2023 ruim 608 duizend. Een stijging van 16%.

Wêreldhof sê dalk Vrydag oor Suid-Afrika versus Israel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-25

"Die Suid-Afrikaanse regering se standpunt geniet egter groot steun onder ’n groot aantal Suid-Afrikaners, onder andere in die Moslem-gemeenskap, maar ook onder baie Christene, soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke."

Suid-Afrikaners kry weer geleentheid om vir verkiesing te registreer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-24

"Suid-Afrikaanse burgers van 16 jaar en ouer kan registreer om in die buiteland te stem."

Hoër matriekslaagsyfer is ’n misleidende barometer van skoolstelsel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-23

"Die akademikus Jonathan Jansen het op die sosialemediaplatform X gevra watter 80% die ware toestand van die land se skoolstelsel weerspieël – die 81% van graad 4’s wat nie kan lees nie, of die 83% wat wonderbaarlik 'matriek' geslaag het? Jansen sê albei kan nie waar wees nie."

Persbericht: Digitaal boeken lenen bestaat 10 jaar

Voertaal In het nieuws 2024-01-22

E-lending, de mogelijkheid om via de bibliotheek e-books en luisterboeken te lenen, bestaat vandaag 10 jaar. Op 21 januari 2014 leende toenmalig minister Jet Bussemaker van OCW het eerste e-book.

ANC-voorbok mor oor onafhanklike matriekeksamen se sukses

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-19

"Akademici is geskok oor die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se voorstel dat die land wegdoen met 'private eksamens' en sê daar moet 'een matriekeksamen' vir almal wees."

NSFAS-skandaal: Blade se kop moet waai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-18

"King sê dit word al hoe duideliker dat Nzimande aan NSFAS dink as ’n spaarvarkie vir hom en sy kamerade, wat hom ongeskik maak om aan die hoof van enige ministerie te staan."

Oorvol skole heropen sonder genoeg boeke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-17

"Burgerlike organisasies en opposisiepartye het hulle kommer uitgespreek oor gebrekkige beplanning deur onderwysowerhede om voldoende skole en onderrigmateriaal te voorsien vir die land se groeiende bevolking."

Krieket in politieke herrie oor Teeger se kapteinskap

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-16

"Krieket Suid-Afrika (KSA) se besluit om David Teeger van sy kapteinskap van die Suid-Afrikaanse onder 19-krieketspan vir die komende onder 19-manskrieketwêreldbeker te onthef, word ’n al hoe groter politieke kopseer vir die krieketbase."

Toerisme blom weer in Kaapstad, maar kwyn in Durban

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-12

"Terwyl Kaapstad opgewonde glimlag oor die puik seisoen met propvol strande, het die gasvryheidsbedryf in Durban en Umhlanga in KwaZulu-Natal kommer uitgespreek oor die streek se onvermoë om terug te bons gedurende die afgelope feesseisoen."

Wêreldhof in Den Haag gereed vir Suid-Afrika se volksmoordklag teen Israel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2024-01-11

"Ander state kan ook ’n rol speel in die verrigtinge, soos wat byvoorbeeld in die saak tussen Rusland en Oekraïne die geval was. Meer lande het reeds by Suid-Afrika se saak teen Israel aangesluit."

Verified by MonsterInsights
Top