In het nieuws
Onderwyswet is glo ongrondwetlik en bedreig Afrikaans
2022-06-16"Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe volgens AfriForum veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal."
’n Stikstofkrisis, die koloniale verlede en ’n bietjie goeie nuus
2022-06-15"Nederland moet sy stikstofproduksie verminder, wat beteken sommige boere sal hul bedrywighede moet staak; ’n Nederlandse entrepreneur bou ’n elektriese motor wat 1 000 km kan aflê voordat dit weer gelaai moet word; koning Filip van België het verlede week in die Kongolese parlement erken dat die koloniale oorheersing verkeerd was; daar is ’n skerp styging in die getal COVID-19-infeksies, maar geen noemenswaardige styging in hospitaalopnames nie; en die Concertgebouw-orkes spog met ’n bloedjong nuwe hoofdirigent."
Ondersoek gevra na korrupsiebewerings in hoofregter se kantoor
2022-06-15"Daar is glo later ontdek dat hulle 30% van die aandele in ZA Square besit, ’n firma wat sowat R67,5 miljoen sou kry uit die kontrak wat hulle help opstel het. Die DA sê dit ruik na korrupsie, en dit moet so gou moontlik ondersoek word."
Blydskap na Ramaphosa ’n stokkie steek voor ATM se naamsverandering
2022-06-14"Ramaphosa het verlede week die versekering in die parlement gegee dat die ATM nie gedwing sal word om sy naam te verander nie."
Woede oor vroueslaner se ligte vonnis
2022-06-10"AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hulle het gehoop dat meer gedoen sou word om toe te sien dat die beeldmateriaal op rekord geplaas word sodat die landdros eerstehands Swart se gewelddadige optrede teenoor sy vrou kon sien."
Duisende gekant teen naamsverandering van Afrikaanse Taalmonument
2022-06-09"Volgens die ondertekenaars kom dit neer op ’n growwe aanval op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – en veral op die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap, waar die Taalmonument geleë is."
Nog ’n kindermoord en nog oorstromings
2022-06-08"Die negejarige Gino uit Maastricht se liggaam is gevind; die hofsaak rakende die moord op misdaadjoernalis Peter R de Vries het Dinsdag begin; België steier onder die swaarste oorstromings in 20 jaar; Nederland moet dalk tog gas in Groningen win; ’n pakkie sigarette kan teen 2040 sowat €47 (R773,99) kos; die Nederlandse Spoorweë het met ’n blink plan vorendag gekom om die nypende personeeltekort die hoof te bied; en koningin Máxima verras met ’n valskermsprong."
SA juig oor Guptas, maar uitlewering kan maande sloer
2022-06-08"Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê Suid-Afrika sal voortgaan om met die VAE saam te werk en volgens Suid-Afrikaanse amptenare vind uitleweringsgesprekke reeds met die VAE plaas. Die uitleweringsproses vanuit die VAE na Suid-Afrika kan egter maande neem."
DA skaar hulle by die stryd vir Afrikaanse skole
2022-06-07"Volgens die DA sal die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, ‘en sy ANC-makkers se irrasionele haat vir Afrikaans en alle sprekers van die taal’ nie net die sprekers van Afrikaans benadeel nie, maar ook moedertaalonderrig in alle inheemse tale en kwaliteitonderwys in die geheel."
Druk neem toe om brandstofpryse te snoei
2022-06-03"Die AA waarsku egter dat die massiewe stygings in brandstofpryse vir Junie steeds verbruikers en die ekonomie ernstig knou."
Strenger tabakregulasies vir Suid-Afrika in die vooruitsig
2022-06-02"Elke jaar kos die tabakbedryf die wêreld meer as 8 miljoen menselewens, 600 miljoen bome, 200 000 hektaar grond, 22 miljard ton water en 84 miljoen ton koolsuurgas."
Nuus uit die Lae Lande
2022-06-01"Rusland sny gastoevoer na Nederland af; polisie gryp in om woedende sokkertoeskouers te laat bedaar; groot ontwrigting weens landwye staking in België; kerk wil skeur oor vroue in die amp; ongeluk tydens pretparkrit; hommeltuie red babadiertjies van die grassnyer; en prinses Amalia se gekose universiteit bekendgemaak."
Skool in Limpopo sluit oor vlermuise en slange
2022-06-01"Tydens ’n inspeksie het die inspekteur verneem dat daar op Dinsdag, 24 Mei, altesaam 50 leerders van die skool afwesig was omdat hulle siek geword het weens die besmetting wat deur die vlermuise veroorsaak is."
Suid-Afrika het vier van die wêreld se onveiligste stede
2022-05-31"Latyns-Amerika is geïdentifiseer as die wêreld se misdaadbrandpunt, met 62 van die 100 mees riskante stede. Agt hiervan, insluitend Chihuahua, Medellín en San Salvador, teken die hoogste moontlike risikotellings aan. Misdaadrisiko’s neem ook toe in die VSA, merk die studie op."
Regter gaan rassisme by US ondersoek
2022-05-27"As deel van die ondersoek na voorvalle van rassisme wil die universiteit hê die kommissie moet in hulle verslag ook aanbevelings maak hoe om ’n kultuur van diversiteit, gelykheid en insluiting te verbeter."
Multimiljoenêr dalk volgende week platsak
2022-05-26"Iewers in Suid-Afrika loop daar ’n potensiële multimiljoenêr rond wat onbewus is van sy rykdom (wat meer as R20 miljoen werd kan wees), maar wat dalk teen volgende week nie ’n sent daarvan sal hê nie."
Personeeltekorte, aappokke, wol, koraalriwwe en stambome
2022-05-25"Reisigers moes Maandag opnuut ure lank by Schiphol-lughawe in toue staan weens ’n gebrek aan personeel, en treindienste in België is ingekort om dieselfde rede; aappokke ook in België en Nederland; Nederlandse boere sukkel al hoe meer om van hul wol ontslae te raak; nuwe hoop vir koraalriwwe; en Beethoven is ’n nefie ryker."
Optog teen minister se “totale aanslag” teen Afrikaans
2022-05-25"Die uitvoerende hoof van die ATM, Michael Jonas, het in ’n verklaring bevestig dat Mthethwa op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander."
Ramaphosa vra reguit, eerlike gesprek oor rassisme
2022-05-24"Om rassisme te beëindig gaan nie net oor die verandering van houdings nie; dit gaan ook oor die verandering van die materiële toestande wat vandag nog swart en wit Suid-Afrikaners skei."
Nóg ’n skandaal tref die Universiteit Stellenbosch (US)
2022-05-20"Die slagoffer is tans veilig en ontvang versorging. Sy het Woensdag ’n klag van verkragting teen die oortreder by die SAPD aanhangig gemaak. Die SAPD het haar na die Stellenbosse provinsiale hospitaal vergesel, waar sy ondersoek is en ook die nodige medikasie, sorg en primêre berading ontvang het."