In het nieuws

Kommer oor toename in gewelddadige plaasaanvalle

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-12

"Die voorlegging van hierdie ingrypings vir aanvaarding deur die kabinet is volgens Agri SA se uitvoerende hoofbeampte, Christo van der Rheede, lankal uitstaande. Hy het ’n beroep gedoen op die minister van polisie, Bheki Cele, om hierdie proses te versnel en om landelike veiligheid nou aan te spreek."

Dodelik giftige medisyne dalk ook in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-11

"Die vier produkte is Promethazine Oral Solution, Kofexmalin-babahoesstroop, Makoff-babahoesstroop en Magrip N-kouestroop. Die vervaardiger van hierdie produkte is Maiden Pharmaceuticals Limited (Haryana, Indië). Tot op hede het die vervaardiger geen waarborge aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verskaf oor die veiligheid en kwaliteit van hierdie produkte nie. Mense wat in besit van enige van hierdie produkte is of enige van hulle teëkom, word gewaarsku om seker te maak dat hulle dit nie gebruik nie en dit ook nie aan kinders toedien nie. Persone wat van sulke gevalle weet, word versoek om die Sahpra te kontak."

Donker naweek sonder water is Johannesburg se lot

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-07

"Asof beurtkrag nie genoeg van ’n uitdaging is nie, is dele van die stad al dae lank sonder water, met weinig vooruitsigte dat dit die naweek veel sal verbeter. Inwoners is Donderdag gewaarsku dat die damvlakke steeds krities laag is."

Regering word blameer vir Duitse toeris se dood

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-06

"Die dood van die Duitse toeris wat Maandag deur ’n bende kapers in Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet is, kon vermy gewees het as die regering die basiese dinge gedoen het."

Moord op Duitse toeris stuur skokgolwe deur die wêreld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-05

"Dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak."

Onwettige grondbesettings is ’n krisis in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-04

"In die afgelope twee jaar het die Stad Kaapstad op meer as 14 500 grondbesettings gereageer en byna 180 000 strukture is verwyder. In die gewelddadige betogings wat op hierdie operasies gevolg het, is 80 beamptes beseer en meer as 94 voertuie vernietig."

ANC en Ramaphosa word gelooi oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-10-01

"Opposisiepartye sê hulle gaan dit nie daar laat nie. Hulle sal ander middele oorweeg om Ramaphosa tot verantwoording te dwing oor hierdie saak."

ANC-jeug glo onwettig in Oekraïne as waarnemers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-29

"Die deelname van lede van die ANC-jeugliga as sogenaamde onafhanklike internasionale waarnemers is uit verskeie oorde gekritiseer omdat dit volgens die meeste politieke kommentators ’n skyn van amptelike geloofwaardigheid verleen aan peilings wat elders algemeen as ’n skyn beskou word om Moskou se gedwonge beslaglegging op vier Oekraïense provinsies te regverdig."

Nuwe wet wil rokers verder inperk

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-28

"Suid-Afrikaners wat daarvan hou om ’n dampie te slaan, gaan waarskynlik gedwing word om die gewoonte in die afsienbare toekoms nog verder in te kort wanneer die regering se nuwe rookwet goedgekeur word."

Ramaphosa erken beurtkrag is lank nie verby

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-27

"President Cyril Ramaphosa het erken dat Suid-Afrikaners maar vir lief sal moet neem met die feit dat beurtkrag vir die afsienbare toekoms deel van hulle daaglikse bestaan sal wees."

Parlement besluit volgende week oor Cyril en Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-22

"Opposisiepartye in die parlement hoop om volgende week die parlement se wiele aan die rol te kry om president Cyril Ramaphosa tot verantwoording te roep om in die openbaar te verduidelik presies wat gebeur het tydens die omstrede diefstal by sy Phala Phala-wildsplaas."

Woede oor Eskom se voorgestelde verhoging van meer as 32 persent 

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-22

"Terwyl die land meer as vier uur se kragonderbrekings op ’n slag in die gesig staar omdat die staatsbeheerde nutsmaatskappy nie genoeg elektrisiteit uit sy ou en swak onderhoude aanlegte kan produseer om in die vraag te voorsien nie, sê Eskom die huidige tariewe is nie hoog genoeg om die broodnodige instandhouding te doen nie."

Elektrisiteitskrisis bedreig land se ekonomie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-21

"Die erns van die elektrisiteitskrisis waarin die land hom tans bevind, hou groot ekonomiese implikasies in vir Suid-Afrika. Beide president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, het Dinsdag op die huidige krisis reageer en die erns daarvan beklemtoon."

Miljoene dosisse entstof van miljarde rand vir die ashoop bestem

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-20

"Suid-Afrika het die meeste koronavirusinfeksies en -sterftes op die Afrika-kontinent aangeteken, maar inentings het verlangsaam en as gevolg daarvan sit die land nou opgeskeep met miljoene dosisse ongebruikte entstof."

Die "professionele klas" uitgedaag in ’n gesprek oor Songezo Zibi se Manifesto

Izak de Vries In het nieuws 2022-09-19

"As die nodige verskil gemaak kan word deur ’n professionele klas wat uiteindelik die werkersklas tot voordeel kan wees, is die geld wat spandeer is in die opleiding van die professionele klas, dus tot voordeel van almal. Indien die professionele klas egter hul opleiding slegs tot voordeel van hulself gaan gebruik, sal diegene met geen opleiding nie in opstand kom, want hulle sal nie ’n ander opsie hê nie."

Duisternis wag op Suid-Afrika as Koeberg vou

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-16

"’n Reeks noodsaaklike stappe sal volgens die DA gedoen moet word om Koeberg se lewensverlengingsprojek te red en ’n moontlike ineenstorting van die netwerk te voorkom."

Groot druk op nuwe spioenbaas om skelmstreke oop te vlek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-15

"In ’n buitengewone gees van eenstemmigheid het politieke partye regoor die politieke spektrum die afgelope week eenparig gestem ten gunste van die aanstelling van Imtiaz Ahmed Fazel, huidige adjunkdirekteur-generaal van openbare werke en infrastruktuur, as Suid-Afrika se nuwe spioenbaas."

Substasies word geplunder terwyl Eskom spook om die ligte aan te hou

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-14

"Terwyl die land swaar gebuk gaan onder beurtkrag en Eskom spartel en spook om die ligte aan te hou, loop substasies en kragbokse in dele van die land onder vandale deur."

Eskom struikel val-val voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-13

"Suid-Afrikaners moet hulle maar voorberei vir ’n donker somer as dit van Eskom afhang en sal nie vir die volgende 12 maande die voordele van president Cyril Ramaphosa se nuwe energieplan sien nie."

Krugerwildtuin se renosters op groot skaal afgemaai

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-09

"Suid-Afrika se wêreldbekende Krugerwildtuin het in minder as twee jaar sowat 12 persent van sy renosterbevolking verloor. Meer as 350 renosters is in dié tyd deur renosterstropers afgemaai."

Verified by MonsterInsights
Top