In het nieuws

Kernkrag se toekoms in Suid-Afrika wek vrae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-08

"Die positiewe moontlikhede wat kernkrag inhou ten spyt, is Suid-Afrika nie meer in ’n posisie om daaruit voordeel te trek nie. So sê Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus."

Lui, lui telefoon, maar die polisie antwoord nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-07

"Volgens die DA se navorsing het net 44% van die 270 polisiestasies regoor die land wat deur hulle gebel is, hul telefone beantwoord."

Boere sê Land Bank is deel van hulle ondergang

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-06

"Land Bank word die afgelope tyd uit verskeie oorde van wanbestuur beskuldig en ook daarvan beskuldig dat hulle boere links en regs likwideer om hulle eie bas te probeer red. Die bank word ook op sosiale media daarvan beskuldig dat hulle die boere se vertroue verloor het."

KZN vloedhulp wemel van ongerymdhede

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-02

"Van die R342 miljoen voorwaardelike toelaes en ramphulptoelaes wat vir tydelike wooneenhede opsy gesit is, het KZN minder as 10% van die fondse reg bestee."

Reserwebank soek antwoorde by Ramaphosa oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-09-01

"Hulle wil onder andere weet of die President die buitelandsevaluta-transaksie aangemeld het wat die bron was van die Amerikaanse dollars wat na bewering van sy plaas gesteel is, soos wat deur die wet vereis word."

Misdaad in Suid-Afrika neem steeds toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-31

"Die kwessie van misdaad is een wat byna alle burgers ervaar, ongeag hul ekonomiese status of waar hulle woon. Dit blyk uit die jongste data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is."

Deurbraak om vermeende staatskapers agter tralies te kry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-30

"Hul inhegtenisneming hou verband met ’n hoogs omstrede kontrak vir lokomotiewe wat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rand gekos het. Molefe ontken die bewerings teen hom en sê hy sal nie ’n verklaring aflê voordat die aanklagte teen hom bekendgemaak is nie."

"Kill the Boer, kill the farmer" is geen haatspraak, bevind hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-26

"Die Gelykheidshof het Donderdag beslis dit sou vryheid van spraak inperk as die lied 'Dubula Ibhunu' as haatspraak verklaar sou word. Regter Edwin Molahlehi het ook gelas dat AfriForum die koste betaal."

Pretoria spartel om die stad se ligte aan te hou

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-25

"Pretorianers leef in vrees dat Eskom enige dag die stad se krag kan afsny omdat hulle elektrisiteitsrekening aan Eskom met sowat R1,6 miljard agterstallig is."

Landwye stakings sal die ekonomie verder destabiliseer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-24

"Suid-Afrikaners kan hulle voorberei op nóg landwye stakings later vanjaar ondanks waarskuwings deur ekonome en sommige politieke partye dat stakings die land se ekonomie groot skade berokken."

Ramaphosa staan bont oor kaderontplooiing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-23

"Regter Raymond Zondo het in sy verslag oor staatskaping bevind dat die ANC se ontplooiingsbeleid in stryd is met onder meer die Grondwet en die Staatsdienswet, omdat dit kandidate benadeel het wat nie deur die party verkies is nie."

Ekologiese ramp dreig in Krugerwildtuin weens vergiftiging

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-19

"Volgens die Krugerwildtuin gebeur vergiftiging van wilde diere in Suid-Afrika om verskeie redes. Dit kan wees as gevolg daarvan dat mense proteïene soek om te eet, boere probeer om 'probleemdiere of -voëls' te hanteer, gewetenlose individue probeer om voël- of dieredele vir die mutihandel te misbruik, of weens chemikalieë wat deur onervare werkers gestort word."

Lotto-baas maak spore na bewerings van korrupsie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-18

"Gedurende die tien jaar waartydens sy aan die stuur van die organisasie was, was daar verskeie bewerings van korrupsie en wanadministrasie ten koste van gemarginaliseerdes."

DA en ActionSA baklei soos kat en hond in Tshwane

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-17

"In die jongste twis tussen die twee partye word die toekoms van die Tshwane-koalisie nou bedreig. Hulle baklei soos twee honde oor ’n been, wat kan beteken dat die ANC op die ou einde daarmee wegstap."

Hooggeregshof van appèl beslis oor Zuma se parool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-16

"Oudpresident Jacob Zuma se appèlverhoor in die Hooggeregshof teen die tersydestelling van sy mediese parool in die Hooggeregshof in Desember verlede jaar sal ’n toets wees of daar in ’n post-Zondo Suid-Afrika ’n wil is om gelykheid voor die reg te demonstreer."

Cele spandeer glo miljoene op eet en drink terwyl misdaad floreer

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-12

"In ’n gesprek met eNCA het die minister besonderhede oor die skokkende aanval gegee, onder andere dat een vrou deur 10 mans verkrag is. Hy het gesê een van die ander vroue was 'gelukkig' om deur net een man verkrag te word."

Ondersoek gevra na die haglike toestande in staatshospitale

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-11

"Die Menseregtekommissie is gevra om ondersoek in te stel na die swak behandeling van pasiënte in staats- en provinsiale hospitale en die haglike toestande wat by sommige van die hospitale heers."

Regering kry uit alle oorde slae op Vrouedag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-10

"Politieke partye en burgerregte-organisasies aan weerskante van die politieke spektrum het Dinsdag tydens Vrouedag uitgevaar teen die regering se skynbare onvermoë om Suid-Afrika se vroue teen geweld te beskerm."

Vrouedag in die skadu van geslagsgeweld verkragtings, aanrandings en moorde gevier

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-09

"Wat betref geslagsgeweld het Ramaphosa gesê verkragters het geen plek in die samelewing nie. Hy het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met die polisie te verseker dat hierdie misdadigers aangekeer en vervolg word. Hy sê gemeenskappe moenie toelaat dat misdadigers in hul midde skuil nie."

Seldsame konsolidasie van opposisiepartye teen Ramaphosa

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-05

"In ’n seldsame gebaar van solidariteit in die Suid-Afrikaanse politiek het opposisiepartye met uiteenlopende beginsels en oortuigings kragte saamgesnoer om antwoorde uit president Cyril Ramaphosa te kry oor die beweerde gebeure op sy wildplaas."

Verified by MonsterInsights
Top