In het nieuws

Eskom se liggies brand alweer flouer die week

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-04

"Volgens die DA word die parlement se oorsigfunksie ondermyn omdat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie wil toegee aan ’n versoek van die DA vir ’n ad hoc-komitee om toesig te hou oor Ramaphosa se nasionale energiekrisiskomitee (Necom) en die implementering van sy energieplan nie."

Bheki Cele het polisie se reserwemag “uitgewis”

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-03

"In 2011/12 was daar 52 054 SAPD-reserviste regoor die land. Tien jaar later sit die SAPD nou met net 4 393 reserviste."

Petrolprysdaling kon byna ses keer meer gewees het, sê DA

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-08-02

"Terwyl die laer brandstofpryse wat Woensdag in werking tree, allerweë verwelkom word, meen opposisiepartye die regering kan baie meer doen om vuisvoos Suid-Afrikaanse motoriste tegemoet te kom."

ANC se rasvoorstel vir skole is "ondeurdag, onsinnig en onprakties"

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-29

"Nodada sê hierdie voorgestelde rassemanipulering deur die ANC is sterk in ooreenstemming met hul steun vir die drakoniese wysigingswetsontwerp op basiese-onderwys-wette (BELA) en veral die 'Lesufi-klousule' wat poog om skoolbeheerliggame te ontmagtig."

Verdeelde ANC wil red wat daar te red is

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-28

"Die konferensie, wat vandag (Donderdag 28 Julie) begin, duur tot Sondag. Dit volg kort op die hakke van die party se provinsiale verkiesingskonferensie in KwaZulu-Natal (KZN) waar die Zuma-faksie die oorhand gekry het."

Ramaphosa se kragplan sal fyn dopgehou word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-27

"President Cyril Ramaphosa se regrukplan om die land se energiekrisis te oorkom, is met gemengde gevoelens deur politieke partye en energiekenners ontvang."

Bekende letterkundige ontruim sy pos na omstrede rubriek

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-26

"Die storm wat in die Afrikaanse letterkunde losgebars het oor ’n omstrede rubriek deur een van die land se bekende letterkundiges, Hennie van Coller, het gelei tot sy bedanking as voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns."

ANC hou asem op vir KZN se verkiesingskonferensie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-22

"KZN is ’n sleutelprovinsie vir die ANC. Die uitkoms van die verkiesing kan ’n deurslaggewende rol speel in die rigting wat die party besig is om in te slaan onder die leierskap van president Cyril Ramaphosa."

Weerstand bou op teen Eskom se "absurde" tariefverhogings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-21

"Dit volg nadat Eskom in sy jongste aansoek benewens ’n stewige verhoging ook gevra het dat ’n tarief van R938 per maand op verbruikers gehef word wat self krag opwek."

Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-20

"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."

Eskom wil tariewe verhoog ten spyte van beurtkrag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-19

"Terwyl Suid-Afrikaners die afgelope weke meer as ooit vantevore onder beurtkrag gebuk moes gaan, dring Eskom aan op ’n prysverhoging van meer as 32 persent vir hulle krag."

Ramaphosa gaan land self inlig oor kragkrisis

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-15

"Die vermoede is dat hy die land binne ’n dag of wat, soos tydens die Covid-pandemie, sal toespreek om die publiek in te lig oor die regering se planne om die huidige krisis te bowe te kom."

Burgerlike organisasies eis hernubare energie om kragkrisis te verlig

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-14

"’n Groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies wat bekommerd is oor die land se energiekrisis, doen ’n beroep op die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, om onmiddellik toe te laat dat nuwe hernubare energie geskep en aan die kragnetwerk gekoppel word."

Menseslagtings, asielsoekers, betogers en ’n brand

Milton Webber In het nieuws 2022-07-14

"Nederland sê jammer oor slagting in Srebrenica; ’n Antwerpse universiteitsgebou staan in ligte laaie; asielsentrum is so vol, migrante slaap buite; die polisie skiet glo op 16-jarige boerebetoger; en nóg ’n skraagdosis wink in die Lae Lande."

Ministers spring beurtkrag vry, maar hospitale nie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-13

"Dit is skandalig dat die Bryntirion-landgoed, ’n klein woonbuurt in Pretoria waar die amptelike wonings van Ramaphosa se kabinet geleë is, vrygestel is van beurtkrag terwyl hospitale nie is nie."

Taverne-slagtings die gevolg van wettelose samelewing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-12

"Pieter Groenewald sê in sy verklaring die gebreke in Suid-Afrika se strafregstelsel word onderstreep deur die feit dat ’n misdadiger se kans om met misdaad weg te kom, sowat 80% is. Hy sê misdadigers vrees nie meer die polisie nie en hulle word nie afgeskrik deur ontoereikende strawwe sou hulle wel voor ’n hof gebring word nie."

Beurtkrag het verwoestende uitwerking op die ekonomie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-08

"Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, sê daar is net een manier om te verseker dat die land nie weer sulke gebeurtenisse in die gesig staar nie en dit is om die bronne van elektrisiteit in Suid-Afrika te diversifiseer."

Voortdurende protesaksie, moordverdagtes, en die dood van ’n reus

Milton Webber In het nieuws 2022-07-07

"Nederlandse boere is steeds woedend oor die besluit dat stikstofproduksie in sommige dele verminder moet word en versper weer hoofroetes; nóg verdagtes aangekeer vir die moord op Peter R de Vries; Noord-Holland en die Nederlandse Bank bied verskoning aan vir slawerny; ’n Belgiese welsynswerker is al vyf maande agter tralies in Iran; en die skrywer Remco Campert is op 92 oorlede."

Cele onder skoot na woede-uitbarsting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-07

"Cameron het Cele verder die harnas ingejaag toe hy hom nooi om sonder sy lyfwagte en deftige motor self op grondvlak te gaan kyk wat in die townships aangaan ten opsigte van misdaad en om die gebrek aan polisiëring eerstehands te aanskou. Nadat Cameron sy kommer oor die hoë misdaad in Gugulethu uitgespreek het, het Cele hom aangesê om stil te bly en te gaan sit."

DA ruk op na Lesufi se kantoor om oor onderwyswet te betoog

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-07-06

"Die regering se voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) het Dinsdag weer onder skoot gekom toe die DA daarteen betoog het by die kantore van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi."

Verified by MonsterInsights
Top