In het nieuws

Krisis in drankbedryf weens COVID-19 op spits gedryf

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-23

"Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat president Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het."

Ramaphosa wil ekonomie aan die gang kry

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-23

"Die President het in sy weeklikse nuusbrief voorbeelde genoem van klein en mikro-ondernemings wat noodsaaklike goedere verskaf het toe mense nie kon rondbeweeg nie."

Agri SA kap regering oor alkholverbod

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-17

"Agri SA het skerp kritiek uitgespreek teen die feit dat Suid-Afrikaners geen alkohol mag koop nie maar dat taxi-eienaars toegelaat word om taxi’s vol passasiers te laai."

COVID-19 se skokkende gevolge laat navorsers stom

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-17

"Die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM) het die ekonomiese impak van die COVID-19-pandemie in die land ondersoek."

SAL kry nuwe vlerke en wil weer vlieg

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-17

"Volgens Netwerk24 moet minstens ’n verdere R10 miljard gevind word om die reeds bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van finale ondergang te probeer red."

Frustrasie bou op namate COVID-19 vererger

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-14

"Frustrasie en verwarring oor die ramptoestand se steeds veranderende regulasies het Suid-Afrikaners die harnas in. Intussen maak die land hom gereed vir die ergste sedert die koronavirus dag na dag sy kloue al hoe dieper inslaan."

COVID-19 omskep Oos-Kaap in ’n slagveld

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-13

"Verskeie koerante rapporteer al weke lank dat die provinsie nie naastenby gereed is om die pandemie te hanteer nie."

Rokers betoog teen slakkepas op tabakverbod

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-13

"Duisende handtekeninge wat vra vir die opheffing van die verbod is glo landwyd elektronies ingesamel."

Slagting in Suid-Afrikaanse media laat joernaliste verpletterd en verslae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-08

"Meer as 500 werknemers van Media24 kan hul werk verloor weens die maatskappy se besluit om die mes in te lê."

Gaan Cyril sy kaarte skommel?

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-07

"Daar word al hoe harder in die wandelgange gefluister oor die moontlikheid van ’n kabinetskommeling ondanks die feit dat die land steeds vasgevang is in die koronaviruspandemie."

Miljoene leerlinge moet wag voordat hulle kan terugkeer skool toe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-03

"Van sowat ses miljoen kinders wat Maandag sou terugkeer, mag slegs enkele grade dit nou doen. Weens wysigings deur die raad van onderwysministers mag slegs leerlinge in grade R, 6 en 11 nou op 6 Julie terugkeer."

COVID-19 laat baie onbeantwoorde vrae

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-03

"Die versekeringseiskenners Insurance Claims Africa sê hulle gaan hulle tot die hof wend om die dooiepunt op te los nadat sommige versekeringsmaatskappye geweier het om eise uit te betaal wat met COVID-19 verband hou."

Al hoe meer standbeelde kry die trekpas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-02

"Dit lyk of Paul Kruger se dae op Kerkplein getel is. Dit is glo net ’n kwessie van tyd voordat dit, soos baie ander standbeelde uit die land se verlede, verskuif gaan word."

Zille se twiet het DA weer die harnas in

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-07-01

"Dié slag het sy getwiet daar is vandag meer rassistiese wette as gedurende apartheid."

Solidariteit neem die wapen op teen Denel

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-26

"Die vakbond Solidariteit het weer die spreekwoordelike wapen opgeneem teen die wapenvervaardiger Denel en ’n aansoek in die Arbeidshof ingedien omdat Denel nie werknemers se volle salarisse betaal het nie."

Oud-NP-minister sê die ANC is gedoem tot skeuring

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-25

"Die ANC sal in die na-COVID-19 era uitmekaar spat. Die ou struggle-verlede sal hulle nie bymekaar kan hou nie. Só sê die oud-NP-minister Leon Wessels en destydse ondervoorsitter van die grondwetskrywende vergadering wat die land se nuwe Grondwet geskryf het." 

Dlamini-Zuma praat bont oor regulasies

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-24

"Nkosazana Dlamini-Zuma, wat die regering se omstrede inperkingsregulasies dié week ook weer aan die hof moet verduidelik, het verskeie vrae wat opposisiepartye skriftelik in die parlement aan haar gestel het, gesystap."

Gerrie Nel wil beleggers uit bedrogspul help

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-23

"Duisende beleggers wat altesaam miljarde rand verloor het in die Sharemax-bedrogspul, hoop advokaat Gerrie Nel en die burgerregteorganisasie AfriForum kan hulle help dat geregtigheid uiteindelik geskied."

Regering tussen die duiwel en diep blou see oor COVID-19

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-19

"Politieke partye het president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die inperkingsmaatreëls verder verslap gaan word, met gemengde gevoelens ontvang."

Blydskap oor inhegtenisname van VBS-voorbokke

Jean Oosthuizen In het nieuws 2020-06-18

"Agt mense is Woensdag in hegtenis geneem vir bedrog van miljarde rand. Die inhegtenisnemings volg bykans twee jaar nadat diefstal by die bank blootgelê is."

Verified by MonsterInsights
Top