In het nieuws
Nederland deel van diplomatieke uitval met SA
2019-02-06"’n Diplomatieke relletjie het tussen Suid-Afrika en vyf van die land se grootste internasionale handelsvennote (onder andere Nederland) uitgebreek wat die ANC en die SAKP warm onder die kraag gehad het. Die diplomatieke onenigheid op die vooraand van Suid-Afrika se algemene verkiesing later vanjaar, spruit uit ’n vertroulike diplomatieke dokument wat aan die media gelek is."
Kommer oor skole se veiligheid na brugtragedie
2019-02-05"Die departemente van onderwys en openbare werke behoort onmiddellik strukturele ingenieurs te ontplooi om ondersoek in te stel na die veiligheid en toestand van alle skole in die land."
Nuwe wêreldklas navorsingsinstituut by US
2019-02-01"Een van mees gevorderde en gesofistikeerde biomediese navorsingsfasiliteite ter wêreld is tans in aanbou by Universiteit Stellenbosch (US). Die Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) se hoofdoelwit is om ondersoek in te stel na siektes wat die grootste impak op gemeenskappe in Suid-Afrika en die res van Afrika het."
Afrikaanse kerke loop leeg
2019-01-31"Twee van die groot Afrikaanse kerkgenootskappe se lidmaatgetalle het verlede jaar weer skerp gedaal. Die NG Kerk het in een jaar bykans 21 000 belydende lidmate verloor terwyl die Gereformeerde Kerke oor die laaste 10 jaar meer as 16% van sy lidmate verloor het."
Grondbesetters jaag skool se munisipale rekening die hoogte in
2019-01-30"’n Laerskool by die informele nedersetting Dunoon in Kaapstad sit met ’n yslike waterrekening van bykans ’n halfmiljoen rand nadat onwettige plakkers die munisipale sportveld agter die skool beset en die skool se watertoevoer begin gebruik het."
Bosasa gee glo miljoene vir Zuma se stigting
2019-01-29"Hy het getuig dat daar maandeliks R300 000 aan die Jacob G Zuma-stigting betaal is en dat die kontantbedrag aan die destydse voorsitter, Dudu Myeni, oorhandig is. Agrizzi het getuig dat hy die kontantbedrag self verpak het."
Rooi gesigte na onderwyseres se onwettige skorsing
2019-01-25"Rassisme moet uitgeroei word, maar daar moenie daarvoor gesoek word waar dit nie bestaan nie. So het regter Connie Prinsloo Donderdag in die Arbeidshof gesê toe sy beslis het Elana Barkhuizen onwettig geskors is en dat sy mag terugkeer na haar pos as onderwyser by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes."
Suid-Afrikaner sterf in Mosambiek na aanhouding
2019-01-24"Die Suid-Afrikaanse sakeman, wat volgens sy familie onskuldig in ’n Mosambiekse tronk aangehou is, se dood het sy familie verpletter."
Omstrede bruin politikus Vryheidsfront Plus se premierskandidaat
2019-01-23"Hy sê nadat hy die afgelope ses jaar telkens bruin mense se griewe in hofsake moes verdedig omdat niemand anders daarvoor kans gesien het nie, het hy finaal besluit om terug te keer. 'Ek moet daarom terug politiek toe. Om te veg vir Afrikaans, vir selfbeskikking en christelike waardes in ’n eie Kaapland saam met die VF-Plus, die enigste party wat hom tot hierdie waardes en doelstellings verbind het.'"
Nóg skokke en onthullings oor korrupsie
2019-01-22"Regter Mpati het Maandag tydens sy openingswoorde van die ondersoek ’n beroep gedoen op enigiemand wat inligting het oor beweerde korrupsie by die OBK om na vore te kom en daaroor te getuig."
’n Video wys sakke en sakke vol omkoopgeld
2019-01-18"Die Zondo-kommissie wat ondersoek instel na staatskaping het Donderdag videomateriaal onder oë gehad wat wys hoe sakke en sakke vol omkoopgeld hanteer word."
Grahamstad se ekonomie kom om van die dors
2019-01-17"Die dorp se krane is besig om vinnig leeg te loop. As daar nie vinnig ’n oplossing vir die dorp se waterkrisis gevind word nie, sal Rhodes Universiteit, wat een van die dorp se ekonomiese lewensare is, genoodsaak word om sy deure te sluit."
Eskom veg bakhand om oorlewing
2019-01-16"Suid-Afrikaners moet hulle staal vir ten minste drie prysskokke van 15% elke jaar vir ten minste die volgende drie jaar om die bankrot kragvoorsiener Eskom se ligte aan te hou."
Skoolkinders word as “politieke ammunisie” gebruik
2019-01-15"Verskeie inwoners op die dorp is woedend omdat die onderwyseres geskors is net omdat sy ’n foto van haar kollega se klas geneem het. Kort na die voorval is daar ook ander foto’s op sosiale media geplaas waar wit en swart kinders saam by een tafel sit."
Onderwyser geskors na rasseherrie
2019-01-11"’n Nuwe rasseherrie het in Suid-Afrika uitgebreek nadat ’n foto op sosiale media versprei is waarin wit en swart skoolkinders in dieselfde klaskamer op die oog af apart van mekaar moes sit."
Kaapse brande vernietig plant en dier
2019-01-10"Meer as 17 000 hektaar veld het reeds afgebrand sedert die begin van die brandseisoen in die Wes-Kaap terwyl talle diere ook in die slag gebly het."
Zuma en Ramaphosa hand om die blaas
2019-01-09"President Cyril Ramaphosa het die herdenking van die ANC se 107-jarige bestaan afgeskop met die belofte dat grond in Suid-Afrika sonder vergoeding onteien sal word of die mense daarvan hou of nie."
Inwoners wil Bo-Kaap red
2018-12-20"Inwoners van die historiese Bo-Kaap veg hand en tand om hulle erfenis te behou en te keer dat ontwikkelaars dit vernietig."
Zuma moet self opdok vir sy hofsake
2018-12-14"Oud-president Jacob Zuma, wat tot dusver elke nou en dan ten duurste op Jan Taks se rekening hof toe gegaan het om sy sin te probeer kry, moet nou die hand diep in sy eie sak steek om op te dok vir die miljoene rande se hofkoste wat hy op die hals gehaal het."
Afgedankte SABC-baas wil president van Suid-Afrika word
2018-12-13"Motsoeneng, wat daarvoor bekend is dat sy selfvertroue geen perke ken nie, is van plan om sy eie politieke party te stig. Selfs president Cyril Ramaphosa kan hom nie by die stembus verslaan nie, sê hy."