Nuusvinke
Coup d'état vanuit Nkandla
2021-03-11"Met die staat se beleid wat eintlik deur die ANC se uitvoerende komitee beheer word en dus nie eintlik meer deel is van die demokratiese potensiaal van die land nie, het die magsgreep nie reeds plaasgevind nie? Bewys Zuma nie juis dat in die era van sosiale media as die tiran se tribunaal, met trolle as sy laksmanne, dat mag nie meer afhang van wie in Mahlamba Ndlopfu slaap nie?"
Tito se tragiese twiet laat vrae ontstaan
2021-03-11"’n Omstander is Woensdag deur die polisie doodgeskiet gedurende ’n protesaksie deur studente van Wits-universiteit oor die beweerde finansiële uitsluiting van studente ... Die dood van die man gister in Braamfontein, Johannesburg, het óók die nuus gehaal omdat ... die minister van finansies, Tito Mboweni – daaroor getwiet het."
Dawid Stuurman-lughawe ’n goeie (regstel-)vertrekpunt
2021-02-24"Sommige mense meen ons het belangriker, groter kwessies as naamsveranderings om aan aandag te gee. Hulle is reg as hulle verwys na korrupsie, armoede, en sekerlik vandag die gevolge van die Covid-regulasies. Maar hulle is selektief in hulle teregwysing. Die groter, onafgehandelde saak of taak is die regstelling (geleenthede en waardigheid) en herverdeling (grond en welvaart) waarsonder Suid-Afrika nie sommer na ’n meer regverdige, meer gelyke samelewing vordering sal kan maak nie."
Die wáre "werklike stand" van die Suid-Afrikaanse nasie
2021-02-10"Die ekstase was tasbaar; die glimlagte breed. Die leiers en die land was in vuvuzelavervoering. Maar nou het die ballonne van pandemiebeheer wat in die atmosfeer vrygestel is, in die lug bo ons koppe gebars."
Suid-Afrika se skyndemokrasie
2021-02-09"Om te steel is om ’n revolusionêre aanslag op die 'commanding heights' van die nieswart ekonomie uit te voer ... En eise vir verantwoordbaarheid maak jou ’n ondermyner en rugsteker, wat jou selfs jou lewe kan kos."
Mugabe, held van die Suid-Afrikaanse restaurant
2021-01-27"Daar is wonderlike restaurateurs en hulle is gewoonlik aangename en interessante mense, maar groot dele van die bedryf teer op die rampe van die wêreld, op diktators soos Mugabe en Mnangagwa wat hul lande vernietig, op natuurlike katastrofes wat sal sorg dat daar altyd vlugtelinge iewers is wat teen hongerlone sal werk om te oorlewe."
The minister of congratulations and condolences pressured to resign
2021-01-26"Nathi Mthethwa, minister of sport, arts and culture is the subject of a petition launched by artists calling on him to resign by the end of January or be replaced by the president in February. The petition is in response to a tweet by the minister on 15 January, in which he stated that 'South African theatre is alive and well', mentioning the five theatres subsidised by his department as his 'proof'."
Osama se wraak
2021-01-14"Dit sou te ver gaan om te beweer dat Bin Laden die teks vir die sirkusteater in die Capitol geskryf het, maar Trump en kie speel lekker saam om sy sprokie ’n realistiese oorlogsroman te maak. Joe Biden se inhuldiging wag nou vir die opvolgepisodes en het die hele land op hete kole."
Amsterdam, Kaapstad en die COVID-19-pandemie
2021-01-13"Wanneer hierdie pandemie sélf eendag ter ruste gelê is en ons landsgrense weer vir besoekers oopgestel word, sal Amsterdammers en Kapenaars ’n rustige, dog indringende, gesprek kan hê oor wat laasgenoemde by eersgenoemde kan leer oor hoe om die stad se eie 'sporen van het slavernijverleden' meer sigbaar te maak."
Godsdiens en die teleskoop
2021-01-05"Die gevolg is die grootskeepse vergrype van godsdienste, wat mense medepligtig aan moord maak deur ’n hoofregter te laat praat van entstowwe wat DNS verander, of te laat verkondig die virus is ’n sekulêre komplot deur Bill Gates en dat hy hulle lewens nog meer gaan beheer as wat sy rekenaars reeds doen."
All we want for Christmas….
2020-12-24"So, perhaps Father Christmas could bring us a competent minister, and competent senior government officials?"
My jaar van strengheid en plesier
2020-12-22"Annus horribilis is die frase wat koningin Elizabeth van Brittanje aan ons geskenk het ..."
Oor versoening en die "onbetaalde skuld"
2020-12-15"Moontlik ’n nog erger aanklag teen die ANC – of wag, teen die hele land en haar mense – is dat Versoeningsdag op 16 Desember geen werklike impak het as ’n dag waarop daar oor die 'groot trek' deur kolonialisme en apartheid en die menseregtevergrype wat daarmee gepaard gegaan het, gereflekteer behoort te word nie. Dit is veronderstel om ’n dag te wees waarop landsburgers besin oor 'onvoltooide vrede', haak-en-tak-eenheid en hoe sosiale kohesie bevorder kan word."
Motivering vir afgestigte Kaap dalk "die leuen van 2020"
2020-12-11"Die belangstelling (of is dit eerder omstredenheid?) wat The lie of 1652: A decolonised history of land, Patric Tariq Mellet se boek oor die vroeë koloniale geskiedenis van die Kaap, ontketen het, loop tesame met ’n ander, ewe opspraakwekkende verwikkeling."
Koud, bitter koud, vrekkoud
2020-12-03"In die huidige globale raamwerk vir entstowwe gaan die armer lande net 20% van die entstowwe teen die einde van aanstaande jaar kry. [...] Miskien kan ons Mbeki of ons Grendeltante Nkosazana kry om, soos in die geval van die Virodene anti-MIV-entstof, ’n plan te maak om entstowwe in die ruimte te gaan stoor. Aan die ander kant het die meeste van die wetenskaplike en organiserende talent wat ons daarvoor sou kon inspan, soos Elon Musk, reeds verhuis na ander lande wat hulle beter behandel."
On arm's length and political strangleholds in the arts
2020-12-03"There were reasons for the law being drafted as it was in 1997. Given the apartheid experience where government-controlled, publicly funded cultural institutions and the allocation of public funds generally upheld the values and worldview of the National Party regime, civil society organisations advocated strongly for a National Arts Council that would dispense public funds to the arts at 'arm’s length' from government."
Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom
2020-11-13"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."
Die naam is Biden, James Biden
2020-11-09"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het. In die rolprentwêreld is spioene superhelde; in werklikheid is hulle meestal inligtingsklerke – die naaste wat die meeste aan 007-aksie kom, is om knoppies te druk wat 10 000 km daarvandaan konvooie en huweliksprosessies opblaas, met regslui wat aan hul elmboë sit om hul straffeloosheid te verseker."
COVID-19 and its impact on the aesthetics of dance and theatre
2020-11-06"Without live audiences for more than seven months and the retreat to online platforms, how have theatre and dance adapted and changed?"
Want daar is g’n "klein" of "groot" sonde in staatskaping nie
2020-10-24"Suid-Afrika se voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se voorstel vir amnestie vir sogenaamde 'ondergeskiktes' ten einde die 'groot visse' vas te trek, is uiteindelik ’n gedagte wat vasgeval is in die maalstroom van ’n denkskool wat glo dat daar 'klein sonde' en 'groot sonde' in die pleeg van korrupsie en staatskaping is."