Actueel

P-woord gons op Twitter oor Malema #p@*$ genoem word

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-12

"Suid-Afrikaanse Twitter-gebruikers was Dinsdag uit die veld geslaan toe die p-woord uit die bloute die gewildste hutsmerk op Twitter was. Dit het behoorlik gegons onder Suid-Afrikaners oor die gebruik van dié woord wat in Nederlands geen wenkbrou sou laat lig nie. Die hutsmerk #p..s het op Suid-Afrikaanse Twitter 'getrend' nadat ’n senior joernalis van Eye Witness News (EWN), Barry Bateman, die EFF-leier, Julius Malema, glo ’n p@*$ genoem het."

Caster Semenya wend haar tot sokker ná atletiekklappe

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-11

"Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atletiekkampioen Caster Semenya se besluit om haar na die sokkerveld te wend beteken nie noodwendig sy is verlore vir atletiek nie. Die tweemalige Olimpiese kampioen gaan egter volgende jaar haar atletiekskoene vir ’n sokkerbal verruil. Semenya het verlede week ’n kontrak met die plaaslike JVW-sokkerklub onderteken."

 

Regering hou hoëvlakgesprekke oor xenofobie

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-10

"Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag beloof dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die vlaag xenofobie wat die afgelope weke oor die land spoel, hok te slaan. Die minister het in Pretoria met ambassadeurs en hoëkommissarisse van Afrikalande vergader oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Dele van Gauteng het onder aanvalle deurgeloop toe besighede, hoofsaaklik van buitelanders, geplunder en aan die brand gesteek is. Dié aanvalle het gelei tot vergeldingsaanvalle op Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland."

Bande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif

Willem de Vries, Yves T’Sjoen Interviews 2019-09-10

In die nuwe uitgawe van die tydskrif Zacht Lawijd staan die Afrikaanse skrywer en skilder Breyten Breytenbach se aanwesigheid en resepsie in Nederland en Vlaandere sentraal. Yves T’Sjoen is die redakteur van die tydskrif. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord en vertel van die komende program in Gent in die jaar wat Breytenbach se 80ste verjaardag internasionaal gevier word. 

Damplein hoor die roepstem van die vroue

Elani Willemse Meningen 2019-09-09

In solidariteit en meelewing met hul tuisland het ongeveer tweehonderd Suid-Afrikaners op Sondag 8 September op Damplein in Amsterdam gedemonstreer teen geslagsgebaseerde geweld en xenofobie. Elani Willemse doen verslag.

#AmINext #UyineneMrwetyana #saynotoxenophobia

SA-ambassadeur in Nederland herroep na hy land in oneer bring

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-06

"Die staatsamptenaar, Bruce Koloane, wat die omstrede Guptas in 2013 gehelp het om toestemming te verkry om met hulle privaatvliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis te land en daarna met ’n ambassadeurskap in Nederland beloon is, se diplomatieke loopbaan is kortgeknip."

"Sorry, uw huis is lelijk"

Michaël Vandamme Meningen 2019-09-05

"Enkele jaren geleden keek Hannes Coudenys met verbazing naar de lelijke huizen die hij aantrof wanneer hij Vlaanderen doorkruiste. Het was die lelijkheid die Hannes inspireerde om in 2011 met zijn project Ugly Belgian Houses van start te gaan. Hij besloot er foto’s van te verzamelen, er kwam een boek en nu is zijn project zelfs naar de televisie getild."

Omatsuri vir die Rugbywêreldbekertoernooi 2019 in Japan

Karmien Roux Meningen 2019-09-05

"Die Japanse konsep van Ometenashi of gasvryheid is iets om te ervaar. Hierdie spesiale soort gasvryheid kom eers werklik tot sy volle reg wanneer daar groot feestelikheid of Omatsuri is. Die Japanners vier alles ... en die 2019 Rugbywêreldbekertoernooi gaan werklik ’n nasionale fees wees – een van die grootstes nóg! Sport, rugby, laat ons toe om in een oomblik deel te wees van iets groter, maak nie saak waar ons vandaan kom nie."

Opstand teen geweld op vroue en kinders

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-05

"In Kaapstad het duisende betogers by die parlement byeengekom en na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) beweeg waar die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) besig was om te vergader. Die betogers het hulle woede uitgespreek teenoor die voortslepende geweld wat teen vroue en kinders gepleeg word. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) sê die geweld teen vroue en kinders wat die land die afgelope weke weer geruk het, moet tot ’n einde kom. Die SAMRK het onder andere verwys na die ontvoering van die sesjarige Amy-Lee de Jager in Vanderbijlpark op 2 September voor haal skool, en die wrede moord op die 19-jarige  student, Uyinene Mrwetyana." 

Streng optrede geëis oor anargie in die land

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-09-04

"Suid-Afrikaners is keelvol vir die vlaag van geweld en anargie wat die afgelope twee weke oor die land spoel. Politieke partye en burgerlike organisasies het ’n dringende beroep op die regering gedoen om wet en orde te herstel."

"Ons beleef ’n gesonde digkuns-era": ’n onderhoud met Diana Ferrus

Cliffordene Norton, Diana Ferrus Interviews 2019-09-04

Die digter Diana Ferrus tree by die Open Book Festival op wat tot 8 September 2019 in Kaapstad plaasvind. Sy het met Cliffordene Norton gesels oor die Suid-Afrikaanse digkuns, haar jongste digbundel, Die vrede kom later, en haar toekomsdrome.

Jitsvinger se nuwe uitdaging

Cliffordene Norton, Jitsvinger Interviews 2019-09-03

Die rymkletser Jitsvinger tree by die Open Book Festival op wat tot 8 September 2019 in Kaapstad plaasvind. Cliffordene Norton het met hom gesels oor sy volgende uitdaging, ’n Jitsvinger-klerereeks. 

Hoogleraren betogen tegen "afbraakbeleid" regering

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-09-03

"Terwijl maandag in de Pieterskerk in Leiden de officiële opening van het academische jaar plaatsvond in aanwezigheid van Onderwijsminister Ingrid van Engelshoven, kwamen op het plein om de hoek academici uit het hele land bijeen voor 'de Ware Opening', een demonstratie tegen het beleid van diezelfde minister. Dat laatste heeft betrekking op een besluit dat de minister vlak voor het zomerreces nog even nam, om meer geld vrij te maken voor de vier technische universiteiten in Nederland, ten koste van brede universiteiten."

Met herdenking Slag om de Schelde is viering 75 jaar vrijheid begonnen

Ingrid Glorie In het nieuws 2019-09-02

"Met een indrukwekkend evenement in het Zeeuwse Terneuzen is zaterdag de Slag om de Schelde herdacht. Deze bijeenkomst, waarbij onder meer koning Willem-Alexander en koningin Máxima en de Belgische koning Filip en koningin Mathilde aanwezig waren, vormde tevens het startsein voor het jubileumjaar 75 jaar vrijheid. Tot oktober 2020 wordt met een reeks evenementen het einde van de Tweede Wereldoorlog gevierd."

Aborsiedebat vlam weer op na klag teen dokter

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-30

"’n Saak waarin ’n mediese dokter van onetiese gedrag aangekla word omdat hy ’n vrou afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan, het die aborsiedebat in die land opnuut laat opvlam." #Aborsiedebat

Kuils River law student heading to the Netherlands on prestigious Mandela Scholarship

Marli van Eeden, Tarryn Abrahams Interviews 2019-08-30

"The late president Nelson Mandela espoused values of hard work and unwavering perseverance. Mr Mandela’s legacy has forever been imprinted in the hearts and minds not only of my fellow South Africans, but the world over." The 23-year-old Tarryn Abrahams, a master’s law student from the University of the Western Cape, recently received the prestigious Mandela Scholarship, and will thus soon be trading her hometown, Kuils River, for Leiden. 

 

Pretoria brand na taxi’s oorlog verklaar teen dwelmsmouse

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-29

"Pretoria se middestad is Woensdag in chaos gedompel toe taxibestuurders oorlog teen vermeende buitelandse dwelmsmouse verklaar het. Woedende taxibestuurders het strate wat as toegangsroetes na die middestad lei, blokkeer en winkels is geplunder en aan die brand gesteek. Toegangsroetes na die stad is vroegoggend afgesper en busdienste moes opgeskort word weens die betoging."

Dominant Engels in de EU instellingen

Michaël Vandamme Taaldiscussie 2019-08-29

"De plaats van het Engels binnen de EU overstijgt ruimschoots het Brits lidmaatschap. En als we de Brexit nu eens gebruiken om de positie van het Frans binnen de Europese instellingen te versterken?"

"I ended up writing poetry because of the Wachowskis" – an interview with Simone Atangana Bekono

Cliffordene Norton, Simone Atangana Bekono Interviews 2019-08-29

"When I wrote hoe de eerste vonken zichtbaar waren, it was 2015, and the general public of the Netherlands was only just getting to know all these terms, like 'intersectionality' and stuff; and I was just kind of writing about what it was like growing up in a small Dutch town, and always being the only black girl in class..." The annual Open Book Festival takes place from 4 to 8 September 2019. The award-winning Dutch poet Simone Atangana Bekono will be attending the festival. She talks to Cliffordene Norton about her first visit to South Africa, her love of film and her poetry.

Raaisel oor Watson se ongeluk verdiep

Jean Oosthuizen In het nieuws 2019-08-28

"Bespiegelings op sosiale media dat die Bosasa-baas Gavin Watson sy eie dood versin het en dat dit nie regtig hy is wat Maandag verongeluk het nie, is die nek ingeslaan nadat foto’s van sy verminkte lyk deur die media onder oë gekry is."

Verified by MonsterInsights
Top