Actueel

Ramaphosa geprys en gekap nadat hy regter skors

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-15

"Na ’n uitgerekte sage van meer as ’n dekade se bewerings van wangedrag teen die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe is die omstrede regter uiteindelik Woensdag deur president Cyril Ramaphosa uit sy amp geskors."

Ramaphosa oorleef Phala Phala-stemmery in die parlement

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-14

"Ramaphosa sal dus nie nou deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word nie en kan sy volle aandag skenk aan die komende naweek se ANC-beleidskonferensie waar hy opnuut om sy politieke oorlewing sal moet veg."

DA en ActionSA wil nouer saamwerk om ANC in 2024 te verslaan

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-13

"Twee van die land se opposisiepartye wat mekaar gedurig aan die keel beet het, wil in die aanloop tot die 2024- algemene verkiesing hulle binnegevegte probeer tem en nouer saamwerk om die ANC tydens die volgende verkiesing uit die kussings te lig."

Persverklaring: Van Ewijck Stigting Prestasieprys 2023 toegeken

Voertaal Actueel 2022-12-12

Die prys van R75 000 word jaarliks deur hierdie Kaapse organisasie toegeken vir bydraes tot die kulturele uitwisseling tussen Suid-Afrika en Nederland.

Woede en beskuldigings oor donker feestyd terwyl fase 8-beurtkrag wink

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-09

"Die versuim om ’n nasionale veiligheidsbenadering tot die elektrisiteitskrisis te volg het volgens die DA reeds ’n aansienlike ekonomiese koste op die land uitgeoefen en die vooruitsigte om die hoë werkloosheidsyfer aan te spreek belemmer."

Die langste (politieke) week wag op Suid-Afrika

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2022-12-08

"Die politiek bly onvoorspelbaar."

Adjunkpresident Mabuza beskuldig van georganiseerde misdaad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-08

"Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra dat aanklagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza ingestel word. Mabuza word in ’n verklaring deur Outa daarvan beskuldig dat hy na bewering betrokke is by ’n grondeisebedrogspul van R35 miljard en misdade soos diefstal, bedrog, meineed en intimidasie."

Nederlandse koning laat eigen slavernijverleden onderzoeken

Ingrid Glorie Actueel 2022-12-07

"De Nederlandse koning, Willem-Alexander, heeft opdracht gegeven tot een onafhankelijk onderzoek naar de rol van zijn eigen familie, het Huis Oranje-Nassau, in de koloniale geschiedenis."

Opposisie vies omdat speaker nee sê vir geheime stem oor Phala Phala

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-07

"Opposisiepartye is vies vir die speaker van die parlement omdat sy nie ’n geheime stemming wil toelaat wanneer die parlement volgende week oor die Phala Phala-verslag moet stem nie."

Ramaphosa veg voort om politieke oorlewing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-06

"Die Nasionale Vergadering (NV) sou vandag (Dinsdag) stem oor die Phala Phala-verslag wat die President in ’n staat van beskuldiging sal plaas indien dit aanvaar word, maar dit is uitgestel tot aanstaande Dinsdag."

Bij Mpho Tutu staat onafhankelijk denken voorop

Ingrid Glorie Actueel 2022-12-05

"Op zondag 27 november hield de Zuid-Afrikaanse Mpho Tutu van Furth in Haarlem de Hannie Schaftlezing. In Nederland is de heldenstatus van de verzetsstrijdster Hannie Schaft, 'het meisje met het rode haar', tegenwoordig vrijwel onomstreden. Daarom was het verrassend dat Tutu, de dochter van Nobelprijswinnaar Desmond Tutu, daar niet zonder meer vanuit ging."

Ramaphosa se politieke toekoms in die weegskaal na Phala Phala-verslag

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-02

"Ramaphosa bevind hom nou tussen twee vure. Hy is op die randjie om die eerste Suid-Afrikaanse president te word wat in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word indien die parlement die verslag aanvaar waarin die ernstige bevindings teen hom gemaak word."

Pogings om Waluś se parool te keer duur voort

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-12-01

"Die ANC en sy drieparty-alliansievennote, die SAKP en Cosatu, het Woensdag hulle betogings teen Waluś se parool voortgesit en onder andere ’n optog na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gehou."

Sluier gaan gelig word oor redes vir omstrede Covid-maatreëls

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-30

"Suid-Afrikaners sal binnekort vir die eerste keer weet wat die regering daartoe gedryf om soms vreemde Covid-inperkings in te stel wat tot groot frustrasie en selfs woede onder die publiek aanleiding gegee het."

"Terminaal siek" Zuma en Shaik dans en hou saam jolyt in Durban

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-29

"Daar is gesien hoe Zuma lekker saam met sy dogter Duduzile Zuma-Sambudla kuier. Hy was duidelik onaangeraak deur die Hooggeregshof se besluit om sy mediese parool tersyde te stel."

Mediavrystelling: Afrikaans kook, sê die Afrikaanse Taalraad se Kokerwenners

Voertaal Actueel 2022-11-28

’n Joernalis en omroeper, ’n uitvoerende direkteur en hoofredakteur, ’n dosent en taalpraktisyn, ’n uitvoerende voorsitter en skrywer, ’n uitvoerende direkteur en taalaktivis, ’n nuusanker en joernalis, ’n taalaktivis en tydelike dosent vir Afrikaanse Taalverwerwing en ’n projekbestuurder wat op haar gelukkigste is wanneer sy stories deel met jong kinders, ontvang almal vanjaar Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad.

Misdaadgolf word voor die polisie en politieke leiers se deur gelê

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-25

"Altesaam 118 mense word elke dag verkrag, teenoor 106 per dag gedurende die eerste kwartaal. Dit is vyf verkragtings per uur."

Zuma moet terug tronk toe, sê Grondwetkenner

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-24

"Volgens De Vos bevestig die Appèlhof se uitspraak dat mediese parool toegestaan ​​kan word slegs indien die paroolraad bevestig dat die gevangene óf terminaal siek óf fisiek ongeskik is."

Polisie op gereedheidsgrondslag na Waluś se parool

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-23

"Die leier van die EFF, Julius Malema, was een van verskeie politieke leiers wat met optrede gedreig het."

Zuma was onwettig op parool, bevind Appèlhof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2022-11-22

"Die hof het bevind dat die voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, se besluit om mediese parool aan Zuma toe te staan, ​​onwettig was."

Verified by MonsterInsights
Top